Wie is Eben?

April 19, 2007

dsc01318.jpg

Soe watter gesukkel was dit nie om die blog te kon begin. As dit nie Ilze is nie, dan is dit Anja, maar baie dankie vir julle insette. Waar begin mens … seker om jouself voor te stel:  Ek is in Brits gebore en grootgeword. In die ronde jaar 1960.

Ek vertel altyd vir my seun hoe bevoorreg ek was en is, om is so verskillende tye van ons land se politieke area groot te kon word. Ek was daar toe apartheid op sy ergste was, ek was daar met die weermag, ek was daar met kampe en ek was daar met 1991 en 1994. Ek het alles beleef. Hoeveel van ons kan dit noem? Ook het ek die voorreg gehad om kommervry op ‘n plaas groot te word.

Ongelukkig is dit ook so dat mense se lewe nie altyd met rose besaai is nie, en my ook nie, ek het my pappie afgestaan aan die dood toe ek 8 jr oud was. In my liewe gryse moeder se lewe was daar nooit weer ‘n man nie. Ek het haar altyd gevra hoekom dan was die antwoord “.. my kind, mens het net eenmaal in jou lewe iemand lief, en daardie iemand was Steyn Pretorius, jou pa

Hoe sien mens dit nou in, ek sonder pa, of ek met stiefpa? Ja, ek weet daar was geweldige tekortkomende in my lewe as jeug. Ek het redelik goed gevaar in atletiek en rugby, maar die motifering was nie daar nie. Niemand langs die veld om te skree, te motifeer. Nou vra iemand seker waar was jou ma dan, dit my liewer vriend(in) is ‘n verhaal op sy eie. Maar kortliks sy het gewerk. Dit was net onmoontlik om daar te wees, maar altyd gevra eerste hoe en wat het gebeur. Ek weet sy was trots op my gewees.

My Laerskool loopbaan het ek voltooi op De Kroon Laerskool. So regte egte plaasskooltjie waar jy skool toegekom het met ‘amper’ vuil voete. Maar jou voete was skoon toe jy die huis verlaat het vanoggend.(sic) Hoërskool Brits het ek my skool loopbaan voltooi tot in die eerste termyn van matriek. Ek is vandaar na ‘n privaat skool toe in Pretoria – Capital College.

My kop wil net Regte toe staan en my vakkeuse was nie reg. Onnodig om te noem, ek is nooit in daardie rigting nie. Na my verpligte 2 jaar diens in die Lugmag is ek Bankwese toe. Daardie jare kon mens jou sommer in kry. Die het my suster vir my gereël, direk na ek klaar is met my opleiding is ek Barclays Bank toe. Dis anderdag se storie hoe ek gekom het tot hier waar ek sit in Mozambique. Volgende gaan ek julle bietjie vertel van my gesin.

Lekker dag

Eben