So aantal jare gelede, nie te lank, woon ons op Delmas. Ek sou liewer sê nader aan Devon as Delmas. Ek werk toe by ‘n voerkraal met seker so 15000 bees. Ons bediende wat ons gehad het in Malelane se ma kontak ons en vra of ons nie vir haar werk het. Ons is te dankbaar, want die persoon is ‘n kleurling en ons ken haar ook al geruime tyd.
Net om iemand in die huis te hê wat nie onnosel verby is, en reg praat, is reeds vir ons ‘n baken. Ek reken ons kon met haar ordenklike afrikaans praat en nie ” eishhh’ elke keer hoor as die vrou afgaan. Ek was in die eerste plek nie gelukkig in Delmas nie, maar my paadjie het my soontoe gelei. (anderdag se storie hoe ek daar beland het!)
Van dag een besluit ek, dat ek wil terug Laeveld toe. Toe ek my oë uitveë is ek terug in die Laeveld en te dankbaar, en die bediende ook saam. Te dankbaar want nou is sy nader aan haar mense ook. Soos die tyd aanstap, hoor ons haar dogter wat vir ons gewerk het in Malelane in swanger, en ook nie regtig heen kome nie. Soos dit maar is, noem ons aan die bediende dat haar dogter ook daar by ons kan kom woon. Ons sal sien hoe ons kan help. Intussen het ons vir haar ook ‘n werk gekry en sy is elke dag pligs getrou by die werk. Die baba is gebore, en my vrou noem dat hulle maar kan aan bly.
Naby ons huis is ‘n afrikaanse dagsorg, waar kinders van alles rasse heen kan gaan. (waar nie) Ek betaal toe vir die baba se dagsorg en my vrou koop so met die tyd ook klere vir die kind. Ons sorg letterlik vir die kind en die is al ‘n mooie 4 jaar oud.
Bietjie afdwaal van my storie …. my missie was altyd, Vrydae aande braai ekke. Jy saam braai, dan is dit goed so, as jy nie, wel jy verloor, want my kos is lekker. Die betrokke vrydagaand braai ek, en noem aan die bediende om vir my ‘n bier te loop haal. Terloops sy het ook ‘n hotelskool kurses voltooi. Kos, drankies … name it, sy doen. Maar die betrokke dag lees ek ook in onse plaaslike koerant Die Laevelder dat daar ‘n baba lykie gekry is op ‘n bou perseel nie vêr van ons. Toe ek die bier in ontvangs neem, noem ek so aan haar, “… jy weet mens kry darem slegte donners in die wereld ..…” en vertel haar die storie. Almal oeeee en aaaaaa …… maar ons/ek los dit daar.
So week of wat gaan verby, en ek en gesin is in ‘n Pet-shop op soek na kat! Hier lui die sel, bediende histeries, noem dat polisie haar dogter loop kom haal het, as verdagte van die pas gebore babalykie. My vrou is natuurlik dadelik de hel in, want niemand is swanger in onse jaart nie, hoe nou…… Los los dit vir eers en later die middag besluit sy om polisie stasie te besoek om te hoor wat gaan aan. Daar noem hulle dat die dogter wel herken het dat die baba lykie wel haar pas gebore kind s’n is, en dat sy skuld beken. Ons is stom geslaan, want hoe was/is dit moontlik dat niemand agtergekom het sy is swanger nie. (tot met skrywe weet ons steeds nie)
Die vrou erken dat sy die baba in die lewe ingebring het, maar te bang was om my vrou wakker te maak. Sy het die baba na die bou perseel geneem en daar gelaat, met die hoop iemand vind hom, ens ens …. Maar iemand het hom gevind, maar die lykie, baba dood, weens verkluiming.
My vrou is natuur vreeslik opgewerk, maar ek stem saam haar ….. ek en die vrou het lank gebid dat die Here ons moet seën met ‘n kindjie. Ons gebede is verhoor. As sy iets moet lees en hoor oor kindermishandeling is dit nag. Dis hoekom sy geen koerant lees en geen nuus kyk.
Sy verbied die dogter met onmiddellike ingang toegang toe ons erf. In haar oë is dit moord wat gepleeg is. Marilee reken sy kon ons wakker geklop het en vra vir hulp, wat ons sou verleen het. Ons het haar bygestaan met die eerste een, hoekom nie met die tweede? Hoekom alles geheimhouding hou?
Die hofsake het gekom en gegaan en sy is uit met ‘n opgeskorte vonnis van 5jr. Dit het natuurlik veroorsaak dat daar ‘n onherstelbare sake gedoen is tussen ons bediende en Marilee se verhouding. Marilee kan nou nog nie oor die baba se dood kom nie. Hoewel nooit na die lyk gaan kyk het nie (ek het haar gekeer) voel sy dat die baba geen kans op lewe gehad.
Ons bediende is op die einde van die dag (einde Feb 2007) uit ons diens en na haar mense in die Kaap, waar sy oorspronklik vandaan gekom het. Dis was jammer dat alles so moes uitdraai, want sy het baie goed gewerk. Sy was goed vir ons. Ons kon naweke … vakansie sorgeloos weg gaan, net om alles 100% te vind met terugkeer.
Ek voel dit was moord ….
Bygedra deur Eben
Bygedra deur Eben
Bygedra deur Eben 