Chuck Norris dra nie kondome nie want daar is niks wat jou teen Chuck kan beskerm nie.
Chuck Norris lees nie boeke nie. Hy gluur hulle aan totdat hulle hom die inligting gee wat hy soek.
As die Tokkelossie gaan slaap loer hy eers onder sy bed om te sien of Chuck Norris nie dalk daar wegkruip nie.
Daar is geen massavernietigingswapens in Irak nie, Chuck Norris bly in Oklahoma in Amerika.
Chuck Norris steek miere met ‘n vergrootglas aan die brand…. In die nag!
As Bruce Banner kwaad word, verander hy in die HULK. As die HULK sy moer strip verander hy in Chuck Norris.
Chuck Norris het sy maagdelikheid verloor voor sy pa.
Chuck Norris het onlangs begin om sy piepie as ‘n energiedrank te bemark, hulle noem dit “Red Bull”
As Chuck Norris teen ‘n muur tennis oefen, wen hy!
Chuck Norris is nie gebore nie, hy het sy pad buitentoe uitgeveg.
Die Ewolusieleer is sommer ‘n pot stront, daar is net ‘n lys van wesens wat Chuck Norris toegelaat het om te bly leef.
Vader tyd staan vir niemand stil nie, buiten Chuck Norris.
Chuck Norris dra nie ‘n horlosie nie, hy besluit hoe laat dit nou is.
Chuck Norris speel Russiese Roulette met ‘n volgelaaide rewolwer en wen!
Batman en Darth Vader het eenkeer balkei. Die wenner was … Chuck Norris.
Chuck Norris was eenkeer in ‘n mesgeveg betrokke en toe verloor die mes.
Chuck Norris moes al lankal doodgegaan het maar die Engel van die Dood is te vrek bang vir hom.
Chuck Norris eet steenkool en skyt diamante.
As Chuck Norris se vrou hom mooi vra om die skottelgoed te was gooi hy dit in die asblik en sê vir haar sy lyk vet.
Hulle het onlangs uitgevind daar is geen lewe op Mars nie, Chuck Norris was reeds daar.
Chuck Norris se bloedgroep is GS+ (GatSkop positief)
As Chuck Norris ‘n Big Mac by Pizza Hut bestel kry hy een.
Switserland is nie regtig neutraal nie, hulle sukkel net om uit te werk aan wie se kant Chuck Norris nou eintlik is.
Chuck Norris laat nooit boodskappe nie, net waarskuwings.
Chuck Norris slaap nie hy wag net.
Die elfde gebod is: Moenie Chuck Norris de moer in maak nie.
Ongelukkig is dit onmoontlik om die gebod te gehoorsaam. Die pen is magtiger as die swaard. Dit wil sê as Chuck Norris die pen vashou.

Ja Eben!!!
wat kan ek se?
Ek laat eerder nie ‘n boodskap nie, net ‘n waarskuwing………….(jy moet maar die res self uitfigure, on second thought – Chuck sal weet wat ek bedoel, want daar is niks wat Chuck nie weet nie…)
Het ek nou vir jou lekker gelag!!
Ek dink ons moet hom maar invoer,
klink of hy baie orals kan vermag!
Dankie vir die raad nou die dag,
ek wardeer dit baie!
Sou graag vir MariLee wou ontmoet, klink na my tipe mens.
Lekker dag verder,
Fairydust
Grapgat!!!!!!!
Baie mooi eben tiepes my ou oom!!!!! Wat jy sien lag jy oor!!!!
Kom, kom, ek wag vir ‘n nuwe posting!
Ja toe, hou op snotossies rol en skryf vir ons ‘n ding!
Ek loer gou orals in – break gevat.
Wou eintlik net se lekker weekend
Ebennnnnnnnnn,
Waar is `n ander posting??
Dankie vir die e-mail, oor jou bokkies. Sorry, dat ek nie teruggeskryf het nie – jy`t seker gesien dat ek op Dellie se blog besig was. Alles oor mense wat op `n skelm manier geld try kry!!
Mooi naweek vir jou/julle, jy is seker by jou gesin.
blommie
Hi daar
Ek sien Boendoe kom skel jou ook uit! Toemaar, ek loop elke dag deur…
Bly om te sien jy haal nog asem. Pragtige aand vir jou verder!
Annie … Dis hoekom jy AntjieNorris is!! Jy laat nie met jou mors of speel nie !!!
Fairydust, ek dink ons moet maar eendag bymekaar kom. Marilee is ‘n uiterse gemaklike mens. Lag en gesels ens ens … maar ooooo donner baie oplettend en reguit. Ek hou daarvan, want jy weet waar jy staan. Sy sal NOOIT iemand verneder of sleg praat nie, maar sy sal net na die tyd haar opsomming gee, en NOOIT was sy verkeerd!
Rynhardt, jy sien om jou is net ‘tannies’met mooi dogters!! Jy gee my nie weg nie seun. Jy mag miskien 19jr oud wees, maar daai boude het altyd plek vir my so een hou!! Pas jou op ou seun, love you!!
Boendoe … “..Kom, kom, ek wag vir ‘n nuwe posting”.. moet dit nooit weer sê, die laaste girl in die Inry het dit ook vir my gesê, en ek wil nie uitbrei hier op!! (sic)
Blommie … vergewe jou!!
Annie … dis darem ‘n vreeslike mense Boendoe!! Sien sy trap jou ook so uit. Sy dink regtig ons is geseën soos sy met skryfkuns vir meisies onder 55jr!! Maar ons bly maar mal oor haar!!
Nee Moenie warry solank ek die dogters kan ontmoet en so 2 tannies sal ek niks se vir Marilee!!!
Online Gambling
Online Gambling