Ek het hierdie eendag gelees, en dit was so mooi. Dit handel oor ‘n briefie wat die leerling skrywe vir sy Juff na hy die jaar voltooi het in haar klas.
Dit het my ook opnuut laat besef hoe belangrik dit is om Jesus as basis in jong mense se lewens vas te lê:
Liewe Juffrou,
My mamma het my gehelp om hierdie geskenk op te maak en om die dankie-sê-briefie te skrywe.
Ek gee aan jou:
Handeroom, want jou hande het my die hele jaar vertroetel,
‘n Sepie, vir al die kere wat jy my gesiggie blink gewas het,
‘n Pilletjie, vir al die kere wat jy my eina’s beter gemaak het,
‘n Tissue, vir al die kere wat jy my getroos het,
’n Kit-kat, vir jou ruskansie,
Lip-ice, sadat jou lippies reg is om my te soen volgende jaar – want ek gaan jou baie verlang,
Ek sê ook ‘n gebedjie vir jou, want jy leer my so mooi van Jesus.
Dit was so treffend vir my gewees. Ek dink dat elkeen van ons tog maar daardie spesiale onderwyser(es) in onse lewe het, wat net daardie iets anders gehad as die res.
En ja …. myne was ‘n Mnr Fanie Venter 1976 Hoërskool Brits …. wens ek kon nog net eenkeer sy hand druk, om dankie te sê dat hy altyd in my geglo het.
Ons gesels weer
Eben

Ag ja, Eben. My persoonlike opinie is dat daai tipe onderwyser DUN gesaai is. Maar dan is ek maar ‘n moeilike ma! Wee die een wat my werpsel nie mooi en goed behandel nie. Ek wens meer onnies wil besef dat hulle ‘n verskriklike groot impak op kinders se lewens het. ‘n Jaar se afkraak kan ‘n kind letterlik breek, terwyl ‘n jaar se liefde en opbou ‘n kind ‘n oneindige voordeel gee. Ek het albei al beleef. ‘n Onderwyser wat weet sy werk is nie net ‘n “werk” nie, is ‘n diamant. Ook jammer dat hulle nie altyd waardering kry nie. Nou praat ek te veel!
Ag Eben, dis ‘n pragtige briefie!
Ek onthou so ‘n skoolhoof/koshuisvader in SWA toe ek in sub A was. Kamanjab Laerskool. Ons het baie ver weg gebly, in Upova (ek is nie seker van daai spelling nie) en kon net een maal ‘n maand vir die naweek huistoe gaan. So het dit dan menigmale gekom dat net so twee van ons vir die naweek in die koshuis is. Dan het mnr Lategan en juffrou ons vir die naweek in hul huis ingeneem en ouers gespeel. So eie met ons gewees dat ons Sondae oggende agter sy rug kon gaan inklim! Ek sal hom nooit vergeet nie.
Dankie vir die raad oor die rotte, ek het vandag bietjie ‘n tydjie om te draai in die dorp, dan gaan ek daai pilletjies soek. Ander sal ons maar so ‘n spanpoging soos in jou voorstel moet instel! hehe
Ek het ook ‘n skakel na jou blog daar by my gesit, Boendoe reken mos dan kan sy lekker navigate oral waar sy wil wees.
Lekker dag vir jou verder!
Lovies
Dellie
Eben,
Ja, so mooi die briefie aan die juffrou.
Glo? Dit is ‘n groot woord maar met net een betekenis. So kan/sal dit verskil van mens tot mens.
Hoe het mnr Venter in jou geglo – was dit sy woorde of houding teenoor jou?
Vertel man, ek is mos maar nuuskierig!
Tot later.
Groete.
blommie
Blommie,
Smaak my alle vrouens is nuuskurig!! – dis niks besonders nie, dis net daardie iets meer wat die man vir my beteken het!!
Jong die man het vir my Bedryfekonomie gegee. Ek wou ook nooit leer op skool en hy het my vertel dat ek vir hom na iemand lyk wat die vermoë het om eerste in sy klas te staan. Ek het op die einde van die dag wel eerste gestaan sonder om te leer!!
My eie pappie is ook vroeg dood soos jy seker ook al gelees het. Ek het niemand gehad om my te ondersteun in atletiek en rugby, maar Venna’s het kom kyk en my gemonifeer om ook die
beste te wees in wat ek doen. Hy is uit my lewe toe ek Std 9 toe is, verplaas as ek reg onthou.
Ek sal wat wil gee net om te weet waar is hy in die lewe … lewe hy nog. Ek het ‘n skool hoof gehad wat reguit vir my ma gesê het hy het nie raad met my, maar pause het ek en Venna’s gesels in sy klas, sommer net oor die algemeen en wat ek die komende naweke doen ens.
Sien niks regtig erg nie, dis net daardie spesiale gevoel as hy met my gepraat het en in my geglo het. Daar was geen grys gebiede vir my nie, wit of swart … maar nie middelweg!
Dis kosbaar! Ek het ‘n paar van hulle gehad, en ja, min kinders en ouers besef hoeveel hulle beteken en watter groot invloed hulle op mens se opvoeding het. My Engelse juffrou het altyd quotes teen die klas se mure geplak, en ek onthou dit tot vandag toe. Het selfs vir my kinders gemaak, en is van plan om dit teen hulle mure te plak wanneer hulle bietjie ouer is.
Dit is ‘n mooi briefie, dalk moet ek hom ‘leen’ vir my doggie se juffrou die einde van die jaar.
Hi Eben
Kan ek maar die link na jou blog op my blog sit? Dis net vir my makliker om dan van blog na blog te gaan.
As jy nie wil nie, is dit regso.
Boendoe, ek stem, daardie tipe onnie(s) is skaars. Ek moet tog maar eendag probeer uitvind hoe kan ek hom opspoor. miskien skool toe skakel en hoor of ek nie sy ID kan kyk, glo dan is die stryd half gewone!
Dellie, dink dis ook moeilik om so groot te word, maar tog dit leer mens vinnig karakter ontwikkel en volwasse te wees op so jong ouderdom.
RB jy kan maar leen, en vat met groot liefde
Butterfae, jy kan my link daar plaas. Dankie, dis my voorreg. (Ons Nellies help mekaar maar !!)
Bed & Breakfast Oeren Plage – Flandre Orientale – Belgique – Bed & Breakfast de panne Bed & Breakfast bruges Bed & Breakfast koksidje Bed & Breakfast de panne Bed & Breakfast veurne Bed & Breakfast coxyde Bed & Breakfast oostduinkerke Bed & Breakfast…
[...]Geskenk vir Juffrou « Eben se plekkie[...]…