Help my!!! Want jy kan!!

Ek wil amper sê kom ons kyk ….. maar ek gaan die stelling doen EK WEET!!!

Ek weet ek kan op julle staat maak vir inligting. Dis maar so as ek vir iemand iets reël wat na aan my hart is, dan doen ek moeite.

Die vriende van my en Marilee woon op Komatipoort. Kyk, dis ook nie jou normale huis en mooiweers vriende nie, maar opregte mense. Onse dam se ganse!

Nou hul seun word 21jr. Vir ons wat maar ‘ouderdoos’ is, is dit ook wanneer jy regtig egtig mondig word. Nie op 18jr soos onse regering sê nie! Nou saam wil ons vir hom die party hou wat skrik vir niks. Dit moet iets uit die boeke wees … wat idees betref.

Dis ook so dat Amelia besluit het kom ons hou iets anders. Alles op ‘n stokkie!! Wow…. dink ek toe, en dis hier waar ek vassteek.

Wat kan julle voorstel ?

  • Sosaties …. jaaaa maar laat daardie respte kom. Watter tipe?
  • Groente op stokkie ….. ja ons doen ook, maar wat is lekker kombenasies
  • Wat van nagereg? (okay ek weet roomys gaan nie werk!)
  • Bykose

Help my bietjie net jou lekker resepte. Hou in gedagte dat alles seker oor die kole sal geskied.  As jy nie resepte het nie, wat van idees. Onthou dis alles om kampvuur….. Bosveld ens. Alle kos voor voorberei oor kole ….

Ek belowe dat ek foto’s ook sal plaas. Ek wil dit graag die moeite werd maak vir Rabie.

Welkom om vir my te stuur na eben.pretorius@raffiabags.com

Dankie dat ek jou kon nader vir idees.

Eben 

26 Responses to “Help my!!! Want jy kan!!”

  1. boendoe Says:

    Ebentjie, ek hoop nie jou pelle lees jou blog nie? Want ek gaan nou aaklig en eerlik wees en se…dis ‘n simpel idee! En ek het nie idees nie, want ek ‘n koker is ek tog nie. Maar ek sal reseppies Google? (Ek wag in spanning vir jou mail!)

  2. Eben Says:

    Geen pyn nie Boendoe, jy is geregtig op jou opinie! Ek dink steeds dit sal iets anders wees om te eet.

    Ons ouer mense sal die kos gaar maak en die jonges kan eet en dans ens mal raak!!

    Maar as jy idee het … stuur aan
    Eben

  3. Dellie Says:

    Stokbroodjies? Mens maak hulle mos ook oppie vuur? En as jy dit afhaal is daar klaar ‘n gaatjie vir die botter! Sal nog dink, en laat weet!

  4. boendoe Says:

    Hmm, ja, Dellie, stokbroodjies IS lekker! Met stroop, jammies! Maar, Eben, julle gaat baaaaie stokkies nodig he!

  5. Jaco Says:

    Ek weet nie of die kinders daarvan sal hou nie, maar ek het die idee die week gesien:

    maak ballietjies met ‘n spanspek-scoop van waatlemoen, pôpô (pawpaw) en groen spanspek en ryg op stokkie in afwisselende kleure.

    Anders: wat van vrugte en marshmallows wat hulle op sosatie-stokkies kan steek en in die tjoklit-fountain doop?

  6. Eben Says:

    Boendoe …. hoe bedoel jy baie stokkies het jy nie laas genoem jy sal …. toemaar ek het seker iemand anders hier beet!! toemaar ons het seker so 700 van die stokkies.

    Jaco … ‘kinders’ Soe is ek en jy al so oud dat kinders vir onse oom sê? Dankie vir jou insette, dit klink lekker, finaal die marschmallow gedeelte. Ek is hoeka ‘n groot soettand.

    Dellie … Dellie gaan jy my glo? Ek het NIE aan jou idee gedink nie! Nou wonder ek hoe vêr is Welkom van Komatipoort? Dankie!!

    Eben

  7. karoles Says:

    Hallo Eben

    Bykosse:
    Pap en sous
    Mielies in foil, jy gooi dit sommer so tussen die kole in
    Gepofte aartappels
    Kaas en tamatie broodjies op die vuur gebraai
    Gevulde tamaties

    Ek sal kyk, op google is daar sommer baieeeee resepte, en vir jou stuur.

  8. Tersia Says:

    Klink my jy kan n party organize! Ek verjaar in September, hoor! Ongelukkig word ek nie 21 nie! Sterkte met die reelings! Ekt ongelukkig nie resepte nie, want ek is eintlik kombuis-gestremd!

  9. kokkewiet Says:

    Wow dit klink of dit omtrent `n party gaan wees! Ek dink ook Jaco het n goeie idee, jy kan selfs druiwe ook bysit en n lekker vrugte stokkie maak.

  10. Roer Says:

    Gaan kyk hier Eben. Julle sien dalk iets wat julle van hou:
    http://www.cooks.com/rec/search/0,1-0,kebab,FF.html
    http://bbq.about.com/b/a/256491.htm
    http://www.cookuk.co.uk/poultry/LemonChickenKebabs.htm
    http://mideastfood.about.com/od/kebabs/Kebabs.htm
    http://www.asianonlinerecipes.com/meat-kebab/lamb-kebab.php

    Dan, daar is ‘n sosati braai restaurant in Stellenbosch. Bel hulle. Dalk het hulle vir jou ‘n paar idees veral wat nagereg betref.
    Tel: 021 883 2636

    Sterkte!

  11. Charl Says:

    Hier by Fruit & Veg verkoop hulle seker 20 verskillende sosaties; party so 20cm lank, maar sommige ook so 40cm. Dit is genoeg vir paar mense!! Ek sal sê Suz moet vir jou ‘n resep stuur.
    Jy hou darem baie van kos!!!!!
    Cheers

    Charl

  12. Eben Says:

    Jaaa Charl, ek hou van lekker eet. Maar weet jy, ek doen baie moeite. Moeite is nie gekoppel aan geld nie, maar dis lekker as jou mense al hul kos eet. Dis maar net daardie iets ekstra.

    Dis juis die idee ek wil NIE laat ons sosaties koop nie, maar self maak. Nou dit het ook hulle voordeel, jy maak dit ‘n week voor die tyd, en soos jy maak, test jy hulle … jy moet ook slim wees!!

    O jaaaa Charl, hoe vêr is Wellington van Komatipoort. As ek nie keer is almal hier om te test!!

    Ja, sal goed wees as Suz stuur.

    Eben

  13. Suzanne Says:

    Ok, die kry ek in partytjieboek vir kinders, hulle noem dit soetsuur kebabs.
    Ryg soos volg op ‘n peuselstokkie: 2 druiwekorrels weerskante van ‘n salami-skyfie, ‘n spanspek- en waatlemoenballetjie weerskante van ‘n blokkie ham en 2 pynappelblokkies weerskante van ‘n blokkie kaas.
    Sal kyk vir nog idees.

  14. Koeksuster Says:

    Ek het vir jou gemail – maar ek is nou so honger ek moet eers gaan tjoklik fountains soek en dan my tjoklit bekkie afvee – sien later.
    R

  15. sonstudio Says:

    Eben, moenie vergeet van die snacks nie. Ook op stokkies (toothpicks). Iets wat kan werk is cherries met bacon toe gerol aan ‘n stokkie. (weetie of dit gaan werk op die rooster nie, maar dis altyd op ons fondue spyskaart!)

  16. Eben Says:

    Dankie Sonstudio … ek het nou-nou net met ook gedink wat ons baie al gedoen het met kamp, die pap wat ons nie geëet het die vorige aand, maak ons bolletjies, draai bacon en steek tandestokkie daardeur. Plaas op toeknyp rooster en oor matige kole …..

    (Sorry Charls en Suz julle sal seker dit nie eet!!)

    Eben

  17. Charl Says:

    Pap nie vir ons, MAAR toe dink ek: Wat van ‘n baie groot sosatie!!! ‘n Spitbraai kan seker ook werk!!!

    Charl

  18. antjiesomers Says:

    Eben,

    stem vir Sonstudio se kersies en bacon. Dis diep lekker en nog lekkerder die volgende dag!
    Wat julle ookal besluit, ek glo hy sal dit waardeer. Gaan google bietjie braaivleis en buitekos van Irine Bezuidenhoudt (dink dis haar naam…). Daar sal jy tonne idees kry!

    Lekker werk!

  19. Koeksuster Says:

    Eben,

    ek probeer jou mail, maar hulle vertel my raffia bags is nou swart sakke en hulle wil nie he ek moet met jou praat nie.

    What are going on??
    R

  20. Eben Says:

    Gie gie die ergste ons maak nie swart sakke nie, maar WITTES !!!!

    Ek sal jou mail dan kan jy my reply

    Eben

  21. 007Meisie Says:

    007Meisie explore alweer vandag en is nou hier ook gehook!

    Eben, as jy nou ‘n gelag en gedoente wil sien, dan sit jul jellie voor en gee vir hul Japanese stokkies om dit mee te eet! :-)

  22. Butterfae Says:

    Altyd ‘n wenner: PAPTERT! Heerlik! Sal jou mail.

  23. Eben Says:

    Gie gie Dankie 007!!

    Butterfae dankie ek wag vir daardie resep!!

  24. Dellie Says:

    Jis, nou is ek honger!

  25. SHARKS Says:

    PAPTERT, POTBRROOD, ASKOEK, PASTA SLAAIE, WORTEL SLAAI, AARTAPPELSLAAI, STOKKIESBROOD, VINGERETES.

    Ek het net vandag op my blog ‘n dame se mail adres gesit vir resepte, probeer haar gerus. Op my blog is ook ‘n link na ‘n ou hier in PTA wat musiek maak met die mooiste ligte en dinge. Sterkte jy.

  26. Alta Says:

    Hallo daar,

    Ek het ‘n partytjie wat opkom vir man wat 60 word. Soek interressante eetgoed (vingereetgoed). Wie kan help!

Leave a Reply