Laat ek julle vertel van Hendry … die half mens … half kleurling … half swartman ….
Ons woon daardie jare in Malelane, en na ‘n gesukkel kry ons die bediende. Sy het kleurling (half as ek so kan noem) bloed. Ons is te dankbaar om iemand te hê wat vlot afrikaans kan praat en op die oog af netjies en skoon is. Dis ook so dat ou Martha inwoon in die bediendekamer agter die huis. (Ons het mos almal so tipe huisie agter die huis)
Op die eendag kom vra sy ons haar seun, Hendry, is Std 6 en kan nie verder in die Std of Gr vorder, want die skool gaan net tot Std 6 en kan hy nie ook maar daar kom woon, ons hoef nie kos te voorsien nie, net slaap plek by haar. Sy sal hom na ‘n skool stuur waar hy sy matriek kan skrywe. Soos ek en Marilee maar is sê onse maar ja, want wat kan jy tog maak, mens is maar ook net mens. So kom Hendry in onse lewe.
Na seker nie eers 2 maande vertel Martha ons dat sy wil bedank en terug gaan Baberton toe, hulle kan grond via regering kry, om sodoende haar eie groente tuin te begin, en dit te verkoop ens ens ….. ons aanvaar haar bedanking want wat kan onse nou doen.
Sy is toe weg … en ek vra Marilee “.. nou waaa maak Hendry nog hier?” hier het sy hom gelos, ‘n geskenkie vir ons van 13-14jr oud. My liewe donner!! Okayyyy soos Boendoe ook al genoem het (en Amelia 1000x) is ek maar ‘n sagte mens. Ek roep hom nader en vertel mooi in afrikaans hy beter afrikaans begin praat, ek praat afrikaans. Ek wil nie rond hel op my jaardt hê nie, niemand kom in my erf aal is dit 23h00 jy klop my wakker en noem die persoon is saam jou (hoewel dit 2x gebeur het) ens ens
Een oggend sien ek Hendry stap skool toe, o jaaaa dit kos my toe R100 ‘n termyn om hom op skool te hou, en die hemp hang uit, skoene vuil, maar ek bly stil. Die middag roep ek hom nader, “… kyk klein bliksem, laat ek jou mooi vertel, as jy in my erf woon, SAL die skoene skoon wees as jy uitstap, en jaaaaaa jy SAL jou hemp insteek, en terloops jou van is nie meer ‘n swart van nie, maar Pretorius … het ons mekaar??” (die van sê ek met ‘n tong in die kies maar hy weet dit nie!) verlëe kyk hy my aan “…. ja Baba” Okay nou dan, dan verstaan ons mekaar.
Ek gee hom ook maandeliks R50 sakgeld. En dan eet hy uit my huis ook. As ons braai, sal Hendry ook ‘n t-bone kry, of Steak of hoender noem hy kry ook sy gedeelte. O ja na ‘n rukkie ontvang ek ‘n oproep van ‘n onderwyseres uit die skool, sy wil net vir my noem Hendry is verseker die skoonste en netjieste swart(tetjie) in die skool. Okayyyyy dan wen ons. Intussen was hy my motor daagliks en na 2-3 kere gewys waar hy opslip, doen hy dit reg. Later begin mense my vra my motor is altyd skoon, ek noem Hendry doen sy gedeelte ens vir sy verblyf en etes. Later gee ek vir hom ‘n sel om hom in die hande te kry. Later hoor ek werk-kolegas vra/bel hom om hulle motors ook te was na ure, en sodoende maak Hendry meer geld.
Die jare stap aan en Hendry is in sy laaste jaar op skool. Ek aanvaar ‘n betrekking op Delmas by ‘n Bees-voerkraal en is intussen soontoe, en Marilee wag dat Steyn Gr1 klaar maak (so 2 mnde) Ek is elke naweek by die huis vanaf Delmas en kom die betrokke aand later as gewoontlik by die huis. Hier kom Hendry uit die garage gestap en maak die hek oop. Ek vra hom hoekom slaap hy nie in die kamer, “… Baba, ek moet hier in die garage slaap, as probleme kom met Ma en Steyntjie dan ek kan dit hoor/sien om te help” Ek is dadelik verras met sy redenasie.
Met ons trek aankom op Delmas, wie klim af, Hendry jy sien net tande “… hallo Baba!!!” My hel dink ek ….. Marilee reken hy het net geklim in die trok en saam gekom. Ek kry later vir hom werk op die plaas in die werkswinkel en dadelik hom die ouens van ‘klein Pretoors’. Later kry ons vir hom ‘n passpoort en hy is op die beestrokke en nou sien hy die land asook Botswana en SWA, waar bees afgehaal word. Maar steeds as hy terug keer, is dit huis toe, na ons toe.
Met die tyd is ons terug in Nelspruit en wie klim laaste af, Hendry! Lang storie Marilee kry vir hom werk waar sy werksaam is, dadelik staan hy uit. Praat vlot afrikaans, engels en respekteer enige mens. Maak die deur vir jou oop, laat jou eerste inloop ens. Intussen het hy groter geword en loop vrou vat soos hulle sê, en steeds sal hy Marilee skakel net om te hoor is alles reg en kan hy haar nie kom help in die tuin op Saterdae.
Hendry, as jy eendag hier lees, dankie sommer vir alles wat jy vir ons gedoen het. As ek so terug kyk in jou lewe het jy ‘mooi’ uitgedraai. Nooit het iets weggeraak nie. Alles was skoon om jou (of was jy bang vir Marilee wat jou sou reg vloek) al die kere as ons vir Steyn wil gryp omdat hy stout is, dan gryp jy hom en loop dat ons hom nie moet tug. Al die kere toe Steyn leer fiets ry het, en ek moeg gestoot is, dan los jy my áf’…..
Al die mense wat ons gewaarsku het “… jy kan nooit ‘n kleuring/swarte vertrou nie” Wel, ek kan jou vertrou Hendry!