Ek glo baie van julle wat hier lees sal seker sê dankie tog die rugby is verby. Dis maar so dat Manlief op die bank lê en doof geword het. Ek glo na alles verby is, volgende naweek, na die Curriebeker finaal sal baie huishoudings terug keer na normaal, en egskeiding teruggetrek word.
Wat my so laat wonder, is voor die rugby spelers Frankryk toe is, is daar van ons mede landsburgers in die hoëgere posisies, gebitch het oor die keuse van spelers. Daar SAL met die volgende werêld toenooi soveel en soveel nie-blankes in die span wees. Dit het ook negatiewe seine na ons spelers gestuur en ook geen wonder van hulle maak klaar en verkas na ander klubs oorsee.
Nou wonder ekke: Al die menere wat so gebitch het, is almal op die sous-trein Frankryk toe. Al die ouens wat gepraat het oor die Springbok wapen wat verander moet word is oppad Frankryk toe. Dis danksy die spelers wat hulle nie daar wou hê wat gemaak het dat ons almal BOKKE (!!) skree. Tot ons geagte president wat nooit hier is, gaan Frankryk toe. Hy wat nooit die Springbok verdedig gaan vir die Bokke skree.
Wat gebeur as hulle terug kom …. gaan hulle voort met hulle grief teen die Springbok om hom te verander na ‘n Protea? Hoekom staan hy wat Bheki is nie op en sê basta die Springbok bly!
Sou dit nie lekker gewees het as Madiba ook daar gewees het, en as ons wen (verseker gaan ons!) die Beker oorgee aan John Smith en sy Brekers, in sy nuwe rugby trui?
Bygedra deur Eben 