Rugby Rugby

Toe ek vanoggend so vinnige deur die mense se blogs lees, voel ek daardie aansteeklike sieke onder ons RUGBY!!! Wat natuurlik so is, die arme vrouens wat nie regtig rugby liefhebbers is, staan saam manlief en skree vir die Bokke. Maar dit het ook bloed sweet gekos om hulle op daardie standaard te kon kry.

Nou ek weet almal buite is net groen … hier by my is dit natuurlik dieselfde. Almal dra groen of iets met Bok se wapen op. Vanmiddag word daar gebraai en ek glo vir baie begin die dinge reeds vanmiddag tot Sondag oggend. (eina my kop!!)

Nou …. kom ons, plaas bietjie foto’s op onse blog(e) en vertel ondermekaar wat het ons gedoen wat lekkerrrrrr was ….. okayyyy bedoel nou die rugby saam kyk. Ja, kom ons wys mekaar hoe is daar ge-party. De-hel hoe ons lyk, de-duiwel gewig ens, dis maandag se dinge daai … of wat skrywe ek Dellie … Koekie?

12 Responses to “Rugby Rugby”

  1. Koeksuster Says:

    Ag Vader, Eben – ek moet se ek dink nou al aan die blerrie hang-over en die hoofpyn en die son op die parade grond, maar ja!

    As die Bokkie (wanneer die Bokke) Saterdagaand die wa deur hierdie drif trek neem ek foto’s wat baie manne in die skanne gaan steek (hehehe).

    Hou julle kakkeramme byderhand – Maandag “weeg” ons heel anders “in”.

  2. Koeksuster Says:

    O, vanaand is daar hierdie baie fancy – cocktail vir die Association van die Rand Light Infantry. Gewoonlik is dit up-hairdo’s met rooi lippe en fyn hoe-hak skoentjies. Vanaand word die bortjies effe verhang, almal moet bok-truie aan he. Die revised dress-code is vanoggend per epos aangestuur.
    Verbeel jou – daar het ek nou n klomp geld op n “swart nommertjie” gaan spandeer vir niks.

    Gedink jy sal daai een waardeer….

  3. feetjieland Says:

    Hey…ek is meer passievol oor rugby as my man!! Okay, okay, dit was wel ‘n man se invloed…my pa en my boetie!!!
    Gelukkig is ons kamera stukkend… :P

  4. SHARKS Says:

    Eben ek sal meer as een kamera nodig hè om ons almal in daai prentjie te kry, ja nie so slegte idee nie, sal bietjie foto’s van Koos en my sussie neem, asook die katte, my kinders, maar ek sit nie vir ‘n foto nie!! OOR EN UIT EN KLAAR EN VERBY.

  5. Eben Says:

    Komaan Sharkies … flip man!! En Feetjie kry een, maggies wat gaan jy eendag vir jou kleinkinders wys … al daaraan gedink?

  6. boerinballingskap Says:

    Go Bokke!!!!!!!!!

  7. Roer Says:

    Oi! Ek is met Feetjie. Ek weet meer as sommige mans by die werk van rugby… Dit daar gelaat. Viva die BOK!!!!!

  8. boendoe Says:

    Goeie idee, Eben! Ek sal wys hoe ons die Bokke in die boendoes support! Geniet die rugby!

  9. Dellie Says:

    Niks foto’s nie, Ebie…jy wil dit NIE sien nie! :lol:

  10. SHARKS Says:

    Dellie ek stem, ek het nie eers foto’s geneem nie, daar was net nie tyd nie, my oè was te vasgenael gewees op die game, te hel met die res!!

  11. wxhsynmSbn Says:

    4_2forpost.txt;10;15

  12. alaydia Says:

    I would like to speak to you. buy generic nolvadex http://www.stumbleupon.com/stumbler/med-brother/ buying nolvadex Remember me to your wife.

    Good afternoon! buy nolvadex low cost buy nolvadex without a prescription
    buy cheap nolvadex See you soon!

Leave a Reply