Is dit trekkery?

November 30, 2007

Het iemand die betekenins van choas! Alles wat jy doen is daar net iets wat nie opplek val, alles teen dit wat goed is?

Hoor die senario, en dan vra mense ook hoekom drink ek my whisky skelm met melk.

Die mense wat ons trek kom haal daag 08h20 Dinsdagoggend op. Onthou hulle moet inpak en uitpak. Deur die naweek het ons maar ingepak wat persoonlik is. Ons wou nie alles inpak nie, want sou iets breek kan daar eenvoudig genoem word dis nie hulle wat in-uitgepak het. (maar daar gelaat) Teen 14h00 kontak ek die plaaslike verkope/bemarkings kantoor om te noem hulle gaan nie betyds klaar kry nie. Ons kort dringend hande. Tot met skrywe het hulle my teruggeskakel. My vrou het vanaf 17h00 tot ± 21h30 se kant probeer hulle skakel, waar die lyne aaneen beset was. Ten einde kry sy die mense inhande en na heen en weer geskakel tot na 23hoo gooi ons moed op.

My buurman dra net koffee aan want teen die tyd is dit al oor 00h00. Ek en Marilee jaag die honde stroop in om lekker te slaap en dat ons tenminste rustig te kan ry. Ek was besig om buite Steyn se motorfiets te laai op my trailer, toe kom Marilee histeries uitgehardloop met een van ons klein hondjies (Dobber-Pitchers) wat deur die ander een (normaalweg baie kalm) ‘dood’ gebyt is. Gelukkig is buurman by my, en hier is die hondjie en slap en tong hang steeds uit. (Ag Vader!!) Ek skiet net ‘n gebed op en vra vir daardie iets ekstra want ek kan dood eenvoudig nie meer. Die hond in fisies dood in my hand. Ek plaas ‘n vinger tussen die tande en blaas asem in die keel af, intussen masjeer Johan (buurman) die borskas. Seker so 4-5 maal en daar trek die hond haar tond geterug in die bek en een oogie skiet oop. Sekondrs later die volgende ogie, en daar lewe sy weer. Nou wonder ek …..

Ons is 01.35 uit Nelspruit die oggend oppad Tzaneen toe. Marilee agter met motor #2, en sy kan juis nie goed sien in die aand, en sit die brille op, en ons ry teen 80-100km om nie verdere spanning op haar te plaas. Ek voel uiters moeg en die 3 ure lê soos ‘n berg voor my. Net na Kapama stop ek en noem ek kort iets dringend om te eet, en die fout wat ek maak ek neem ‘n slap dark chochlate. Om ‘n lang stories kort te maak bly ek mik-mik in die ry en stop kort-kort wat ek kan eenvoudig nie verder. Ek kan ry, maar die oë val toe.

Ons vorder tot so 2-3 km voor ons afdraai na die plaas, en die volgende oomblik skrik en ‘wakker’ en ek is met my voertuig die pad af die bosse in. Ek ruk en pluk en skree “… Here kryp in!” en met genade is ek weer op die pad. Hou in gedagte dat dit reën op daardie staduim. Marilee skakel en sy is histeries agter my, want die voertuig is die een oomblik op twee wiele en dan weer twee wiele op die ander kant. Toe ek stop by die cottage waar ek gewoon het, is dit 04h50 en ek sak neer op die bed net om weer 07h00 wakker te word om te begin regmaak met die uitpakkery.

Is ons gesettle … NEE(!!!!) Maar ek glo ek sal wen!


Trek Eben trek!

November 23, 2007

Ken jy van deurmekaar? Soos deurmekaar. Wel ek gaan dit weer in my lewe beleef die naweek.

Ek gaan so bietjie weg raak van Vrydagmiddag af tot Donderdagoggend. Die rede is ek trek vanaf Nelspruit na Letaba/Letsitele se rigting. My trek word Dinsdag gelaai en gepak deur Biddulphs – Nelspruit en afgelaai Woensdag.  

Dis so as mens net in jou plekkie bly, al is dit net ‘n maand, dan kan die grootste gemors opgegaar word, onder die vansel ‘miskien het ek dit later nodig’.

Nou wonder ek, gaar julle ook gemors en hou jy van trek?


Padkos?

November 21, 2007

Binne die volgende week of drie, gaan baie van ons wat hier ondermekaar lees en kuier uit mekaar spat, op ‘n wel verdiende vakansie.

Nou dis ook so as ek op vakansie gaan, of op ‘n langrit heen reis, Marilee altyd vir ons die lekkerste pad-kos maak. Soms is die motor skaars weg, dan word daar gevra wat kan aangebied word. Ek is maar een van daardie mense wat nie graag stop en hana-hana as ek ry nie. Ek wil ry en klaar kry. Ek sal bv stop vir ‘n vinnige bene rek by ‘n vulstasie, in hardloop kleedkamers toe dan weer op die pad.

Ek onthou daardie dae waar ons veilig langs die pad gestop het, alles was skoon en in die vulles dromme gegooi, na ete, en dan is die pad soveel korter, maar in vandag se tyd durf jy dit eenvoudig nie meer te doen.

Ek is mal oor hoenderdye/boudjies, lekker toebroodjies en ‘n frikkedel (reggespel?) Daar is altyd ook ‘n soet dingetjie om die suiker op te ja, en die beroemde Dip-flake wat ek ook so geniet. As ons saam die Lompies (Lombards van Komatipoort) is, dan het Amelia ook die lekkerste broodjies wat gerol is in fyn biltong en daardie reënboog-toebroodjies.

Kan jy die onthou, en wanneer laas jy dit gemaak/geëet? Maar een ding kry wat ek om die dood nie in my liggaam kry is is gekookte eier. Finaal as jy hom nog afdop ook Grrrrr nee wag daardie reuk kan ek nie mee vrede maak.

Vertel my bietjie waarvan hou jy, en waarvan hou jy nie … of eet jy by die betrokke vulstasies?


Vir André – 21 November

November 21, 2007

André omdat jy so spesiaal vir my en Marilee is, is hierdie posting spesiaal vir jou.

Dit voel soos gister dat ek by die Nelspruit Abattoir ingestap het,  en jou eerste gesien. Daarna het ons huis vriende geword, en so lekker saam gekuier met al die lekker laggies en grappies.  Al die lekker saam werk en al jou hulp en positiewe praatjies by die werk.

Hierdie tyd van die jaar, het ons ook ooreengekom om mekaar (3 gesinne) by die Spur in die Mall te ontmoet waar ons weereens lekker sou saam kuier. Maar soos jy weet het daar soveel hartseer plaasgevind en ons kon mekaar as gesinne nie weer voltallig maak.

Maar gun my net dié:

André baie geluk met jou verjaarsdag vandag – 21 November.  Jy weet my wens aan jou altyd dat die Liewe Here jou lank sal spaar, ook in die besonder vir Rassie en jou pragtige twee dogters. Jou lieflike 3 kleinseuns en ook vir ons almal wat jou lief het.  Weet ook altyd dat in my, Marilee en Steyn se harte sal ons jou altyd lief hê. Ek glo ook dat al die mooi en opregte wense wat jy vandag sal ontvang, sal bewaarheid word.

Tonne liefde vir altyd.

Die Pretoorse


Kyk jy rond as jy bestuur??

November 20, 2007

My vriend Charl vertelle my hoe mooi die Kaap is, omrede ek nog nooit daar was nie. Nee, ek glo hom, dis hoekom dit een van my nuwe-jaarsvoornemings is om 2008 die Kaap te besoek.

Voor ek Vrydaemiddae ry terug Nelspruit toe, dan is Charl ook die een wat my ‘n spoedige en veilige reis toewens, via e-pos of Skype (Dankie daarvoor my maat). Nou as ek so terug ry, dan dink mens, wat kon gewees het …. en dan kyk mens ook ‘wyd’ om jou, neem in, neem waar, mens staar mos nie na iets nie. Jy neem in.

Nou verlede Vrydagmiddag ry ek so en wat sien ekke ….

jag1.jpg jag2.jpg

…. my alle werêld ‘n jagluiperd. Sommer hier teen die pad. Jammer foto’s nie te duidelik, maar steeds. ‘n Entjie verder – gelukkig – op ‘n ander plaas …

buffels2.jpg

…… Buffels wat staan en vreet. Ai ia dit was gelukkig!!

Nou dis ook so dat daar baie van onse jong mense wat ook pas 18 geword het, gaan vir hulle Bestuurs-lisensies, dan wonder ek hoe kan hulle slaag, daar’s soveel nuwe borde, dit skep vir myself reeds verwarring. Soms dink ek hoe het ek by ‘Mr’ Otto daar in Brits deurgekom (of wat sê ek Roer?)

Kyk na die twee borde …

olliebord1.jpg olliebord3.jpg

Wat lei hier uit …. “… as jy olifante kry, vang hom en ry hom bloots!” of verstaan ek verkeerd Dellie?

Al wat ek probeer sê moet ons nie bietjie wyer kyk en meer waarneem, om ons as ons ry? Miskien sien onse net daardie iets anders!


Help my van Tsh na Rand!!!

November 15, 2007

Ek het soort gelyk ook die boodskap op SSSB gelos.

Soos julle weet het ek ‘n tydjie in Tanzania gewerk. Maandeliks betaal hulle my in Tsh (Tanzaniese geldeenheid) asook in US$. Die doel was dat die US$ kon jy in jou persoonlike rekening inbetaal en die Tsh kon jy gebruik vir jou daaglikse behoeftes. Dan hoef jy nie jou allie af te sukkel om geld te trek nie.

Toe ek hoor/verneem dat ek soos in 2-3dae in Mozambique moes wees, was daar nie tyd om die geld om te swaai in US$. Ek het my vlug geneem SA toe en die betrokke naweek in Nelspruit gewees by my gesin, net om die daar opvolgende naweek Mozambique toe te vertrek.

Groot was my asook Marilee se skok toe ons die geld wou omruil in Rand! Geen bank, geen lughawe of wat ookal wou en kon jou help. Daar is eenvoudig nie iemand wat kon help nie. Punt!!

Ek wil ook omgaan by reisburo’s en hoor of hulle my kan help om te noem wie gaan in daardie rigting. Maar sal hulle jou wil help? Logies het daardie persoon geld nodig om goedere te koop.  Ek kan dit met hom ruil hy/sy gee my die Rand en ek gee hulle die Tsh. Sonder enige bankkoste ens.

Terloops dis Tsh 1 000 000 toemaar in Rand waarde is dit ± R5800 – R6000.

Nou (!!) ken julle … ja jy wat hier lees …. (sic!!) nie iemand wat oor die fees seisoen Tanzania/Serengeti/Zanzi Bar toe gaan nie? Ek sal self met die mense kontak maak. Ek sal self na hulle gaan, ek sal hulle ontmoet waar dit vir hulle gepas sal wees, geen ongerief.

Please …. kyk of julle my kan help uit die verknorsing!! Mens weet nooit of jy ‘n flake kan score nie!!


Dis warm in Komatipoort

November 14, 2007

Ja, dis so dat baie mense my vra “… Eben is daar ‘n groot verskil in temperatuur, tussen Mozambique, Komatipoort en daar waar jy nou is, Letaba?” Dan is my beskeie antwoord JA!! een moeviese verskil.

Maar hoe verduidelik jy mense hoe warm is Komatipoort? Ek het persoonlik ‘n gesegte wat sê Hoe nader jy na Komatipoort kom, hoe nader na die hel kom jy!! Ek het my goeie vriendin – Amelia – wat daar woon gevra om vir mense te verduidelik, hoe warm dit regtig daar is. Sy het toe bietjie rond gery en foto’s geneem en ek deel dit graag met julle (sic!)

 Hier is Snoetjies, haar persoonlike haas-groot-gemaakte speenvarkie. Siestog hy het dit nie gemaak. Sy reken sy gaan hom nie eet nie!! Sy noem ook vertroulik met die neem van die foto het die trane vrylik uit haar oge gestoom … gestoom vertelle sy my!

global-warming005.jpg

Dan is die hulle troetels duifies wat hulle daagliks kos gegee het. Sy het juis verlede week so opgewonde gewees toe sy haar man – Dewet – vertel die duifies het eiers gelê en sien uit na die nuwe aankomeninge! Ai ai ai …..

 global-warming001.jpg

En dan hulle privaat groente tuin. Omdat hulle 25km buite Komatipoort boer, is dit ‘n noodsaaklikheid om jou eie groete tuin te hê. Met die neem van die foto, moes sy tot ‘n skok agterkom hulle Sweet-Cone het dit ook nie gemaak. Sy het juis opgemerk die tuin-jong maak al om die groetetuin skoon en skoffel die bossie uit, en dit al kouend!

global-warming002.jpg

Is dit ook so warm by jou??


Saam Mnr inkopies doen??

November 14, 2007

Met dood van dr Piet Koornhof het my net aan die dink gesit.

Eerste moet ek noem ek is GEEN rassis nie, inteendeel, gaan bietjie terug op my postings en jy sal vind dat ek ‘n kleurling seun(tjie) groot gemaak het, wat vandag 26-28jr oud is.

Maar wat my teen die bors stuit, en ek sien dit baie as ek naweke in Nelspruit by my gesin is, dan loop die ouerige man met die swart mozambieker rond. Sy pak net die mandjie voller en voller en die ‘oom’ gaan betaal. Ek skrywe die tipe gedrag toe aan mense wat in Mozambique werk/verhuis en na in Nelspruit/Malelane/Komatipoort inkopies kom doen. O jaaa gewoonlik is daar so kindjie ook saam sonder ras of indentiteit. Lees mooi, ek skryf hier van die OU oomies … nie die jong mannetjies nie!

Dan dink ek so in verwondering, waar is die man se kinders, waar is sy vrou- dood? Wag sy iewers aan die Rand vir haar man wat so hard werk in Mozambique, en intussen doen hy inkopies in die Laeveld. As sy vrou dood is, en sy kinders? Is dit nie ‘n vernedering dat hulle pa so is nie?

Ek onthou die keer in Dar-es-Salaam wil ek my siel voed, en vind uit of daar iewers ‘n kerk is vir ons Suid-Afrikaners, want daar is baie van ons daar. Ek word verduidelik waar daar ‘n kerk is, en is die betrokke Sondag ook soontoe. Nou sit ek daar en kyk om my rond, die een na die ander blanke afrikaner kom in met ‘n swart kind op die arm. (Ek wonder steeds of dit syne is) 

Die vraag kom op, wat gebeur as hy dood gaan, wie erf wat? Dis wanneer die ‘dame’ gaan opstaan en haar aandeel gaan opeis. Want sy het so mooi na hom gekyk op die laaste paar dae. Al die geld wat hy aan haar spandeer. Sy kom uit ‘n kaia uit en die volgende oomblik trek sy in ‘n huis in. Wow(!!) Sy moes taxi ry om te kom waar sy moes, met kind op die rug, maar nou ry sy in die Pajero/Prado noem op!! Die ergste is die mans lyk op die oog af ordenklike mens en welgesteld.


Junk emails … sorry my taal!!

November 13, 2007

En ek ly aan die skuldgevoel van om nie 50 biljoen fokken kettingbriewe wat aan my gestuur is, deur mense wat skynbaar glo dat as jy hulle aanstuur, ‘n arm meisie in Zoeloeland met ‘n tiet op haar voorkop , genoeg geld sal kan insamel om vir ‘n operasie te gaan en dit te verwyder voor haar rooinek-ouers haar verkoop aan ‘n rondreisende sirkus.

Glo jy werklikwaar dat Bill Gates vir jou,en almal vir wie jy “sy” e-pos stuur, ‘n $1000 gaan stuur? Ag assefokkenblieftog, hoe onnosel is ons? “Ooh, kyk hier! As ek by hierdie bladsy inkliek en ‘n wens maak, sal elke aantreklike oukie in die tydskrif my wil eet!”

Basies is hierdie boodskap ‘n groot DRUK DIT IN JOU H*O*L O*P aan al die mense daar buite wat niks beter het om te doen as om vir my stupid fokken e-pos te stuur nie. Miskien sal die bose kettingbrief-duiweltjies my huis binnekom en my sodomiseer in my slaap omdat ek nie die brief aangestuur het wat begin het met die Setlaars van 1820 nie. Fok hulle man!!!…

As jy iets gaan aanstuur,stuur ten minste darem iets wat ligweg Amusant is. Ek het al die “stuur hierdie aan tien van jou beste pelle en hierdie arme gefolterde verskoning van ‘n mens sal op ‘n manier ‘n 5c of iets van een of ander alomteenwoordige moer ONTVANG en DELETE!!!

Ek gee nie ‘n fok om nie. Wys my jy het so bietjie intellegensie en dink aan wat jy nou eintlik bydra. Die kans is dis jou eie ongewildheid!! En die punt is? As jy een of ander kettingbrief kry wat jou dreig met sewe jaar sonder seks of sonder geluk vir die res van jou lewe, delete die stront!!! As dit snaaks is, stuur dit aan. Moenie mense afpis deur hulle skuldig te laat voel oor ‘n melaatse in Botswana sonder tande wat vir 27 jaar al vasgebind is aan ‘n vrek fokken olifant se poephol, en wie se enigste redding die 5c per brief is wat hy sal kry as jy die e-pos aanstuur nie.


Hoe gebeur dit?

November 9, 2007

Soms sit mens en wonder wat skrywe/post jy volgende en soos mens deur mede bloggers se blogs gaan kry jy idee’s en toe ek gister SS se blog lees toe wonder ek ……

Ek wil eendag met ‘n boemelaar gesels wat nugter is. Ek wil weet hoe het dit gebeur dat hy is waar hy is. Mens lees/hoor soveel dat van hulle dokters, rekenmeesters ens ens is maar hulle kry geen werk. Dit kan mos nie wees nie. Iewers is daar mos ‘n vir hom om iets te doen.

Dan dink ek hoe is dit moontlik, hy was ook op skool. Ook maats/vriende gehad. Hoe besluit hy “ek gaan strate toe” .. hoe?? Hy het ook seker kinders. Hoe gebeur dit dat kinders nie weet waar is hul ouerhuis …. of mis ek iewers iets? Waar is pa en ma … hulle kry swaar (regtig swaar) dan help jy mos. Al woon hulle agter jou bediende kamer maar ten minste is daar ‘n dak oor hul kop en ietsie om te eet.

Dan besef ek almal wat hier lees, is besonder gelukkig, want as jy hier lees het jy ‘n werk of inkomste om te betaal aan jou internet om hier te lees.  Dan kan mens net op jou kniëe gaan en dankie sê “…. ek weet waar is my kinders en weet waar is my ouers!”