Koebaai … vir eers

December 21, 2007

Ja hier is my beurt ook. Ons maak almal vanmiddag – 21 Desember – klaar vir ‘n kort breek tot 2 Januarie ‘08.

Ongelukkig is dit so dat ek nie kan wegkom, is ek geëerd dat vriende van my kom kuier uit Nelspruit, my moeder en skoonouers van Brits. Heimlik hoop en glo ek dat my ou groot maat van Komatipoort en sy jong vrou net na Kersfees kom oë wys.

In oorsig was 2007 vir my nie ‘n ‘te’ slegte jaar nie, hoewel ek baie nuwe dinge beleef en ondervinding opgebou het, is dit verby, en ek sien uit vir die jaar 2008. Soos vroeër genoem is daar doelwitte wat ek vir myself gestel het, wat ek glo dat dit haalbaar is. (Toemaar Charl, ek sal kom kuier, na ek eers by Dellie in Welkom omgegaan het!!)

Gun my die geleentheid om vir jou, jou gesin en familie ‘n vreugdevolle en geseënde Kersfees toe te wens. Mag julle dit saam geniet en mekaar lief hê, maar die belangrikste, om nooit te vergeet waarvoor Kersfees regtig daar vir ons is.

Vir die jaar 2008, mag julle net voorsoed en geluk ondervind. Mag al julle mooi en opregte wense vir 2008 waar word.

As dit Sy wil is, gesels ons vroeg in Januarie met mekaar.


Naamsverandering!

December 11, 2007

Ek lees vanoggend so deur almal se blogs en by Marina se blog haak ek bietjie vas by haar inskrywing ‘Wat is ‘n naam?’ (lees gerus http://voetjies.wordpress.com )

Onderandere vra sy ‘hoekom al die naamsveranderinge’ ……….

My beskeie-mening is … hoe lank is ons volkie bevry 12-13-14 jaar? In daardie tyd kon die huidige regering nie EEN gebou, straat, lughawe ens bou, waarop hulle trots kan wees, en dit te vernoem na hulle sogenaamde vryheidsvegters. Alles wat hulle probeer opbou, besteel hulle so onder mekaar, dat dit nie voltooi kan word.

Nou is dit maklik, neem dit wat reeds voltooi is, en hernoem/herbenaam dit. As jy mooi daaraan nadink, dink ek ons moet baie trots daarop wees en nie teestribbel. Hulle neem iets wat in die tyd van wit-oorhersing gebou is, en hernaam dit, want hulle is trots op dit wat voor 1994 gedoen is. Want na 1994 is alles in choas gedompel.

Noem een straat in ‘n township wat na hulle leiers genoem is, waarop hulle trots kan wees en die wereld kan wys …. nee hulle kan nie, want hulle het NIE die vermoë om dit te doen!! Hulle is skaam vir hulle eie brousels. 

Is ek reg …… 


Gespeen word van woonplek?

December 10, 2007

Soos almal wat gereeld hier lees weet, het ek verhuis vanaf Nelspruit na Tzaneen. Nou die naweek is ek en die vrou ‘dorp’ toe om ‘n paar dinge vir die huis te kry. In die eerste plek is die choas in die plaaslike Mall.

Almal koop vir dood. Dan wonder ek so, weet die mense dat die betrokke maand baie lank gaan wees. Dat daar skoolgelde betaal en skoolklere gekoop moet word, of laat ons dit oor vir die overdraft? Ek sien klaar in my geestelike oog hoe staan van die loon werkers hier in die begin van Januarie met die grootste hartseer verhale om voorskot op hulle salarisse te kan kry, omdat dit en dat gebeur het.

Nou kyk ek kan Tzaneen nie vergelyk met Nelspruit nie. Hier is alles wat jy kan kry beperk tot ‘n sekere mate, en nie soos in Nelspruit waar jy ‘n weie-keuse het van ‘n sekere produk. Ek pas baie vinnig aan, en is in ‘n mate mal oor die ‘klein’ dorpie effek. As ek kon, sou ek Alldays toe verhuis het, want ek is ook mal oor daardie area. Met die terug ry huis toe, sou die vrou nie reken haar hart sal altyd in die Laeveld wees. Ek glo so, want ons was gelukkig daar en dis omstandighede wat ons op Tzaneen het, maar ek glo ook aan bestuuring. Dis omstandighede en ek maak die beste van alles. Inteendeel ek is baie gelukkig waar ek woon en werk.

Ek noem aan my vrou, dat ek ook moelik ‘gespeen’ sal word van Malelane. Dis weer waar ek op my gelukkigste was in my lewe. Maar mens kom daaroor, en vertroetel daardie  mooi herinneringe wat jy koester van ‘n betrokke area.

Nou wonder ek, is daar ook daardie spesiale plekkie waar jy gewoon het op ‘n staduim, wat jy met heimwee dink …….


Doelwitte?

December 7, 2007

Ek dink hierdie onderwerp is seker al hol rug gery. Ek sit gisteraand so bietjie buite en wonder wat is my doelwitte die kommende jaar. Wat wil ek doen en wat wil ek bereik.

Dis ook so dat mens voornemings/doelwitte het wat jy daar stel, hetsy ernstig of tong-in-die-kies en nooit een van hulle bereik, om ten minste probeer, al maak jy dit nie, jy het ten minste probeer.

My drie (3) doelwitte vir die komende jaar:

1) Om op te maak met my seun, omdat ek die afgelope jaar nie daar was vir hom, weens my werk buite die landsgrense. Ek wil alles saam hom doen en beleef. En sodoende ook sy drome te verwensenlik.

2) Ek wil vir die eerste ja jy lees reg, die eerste keer in my lewe die Kaap besoek. Ek wil vir Charl en Suz gaan kuier, wil vir Roer ook gaan kuier, wil Tafelberg sien,  wynplase besoek en kyk hoe dit daar lyk.

3) My droom laat bewaarheid word om met ‘n 4×4 Afrika in te toer. Wil begin roetes beplan, maatjies wat ernstig is comment om saam te gaan. Ek wil nie te vêr op nie, vir eers is Zambia en Tanzania en van bo af terug keer via Mozambique.

Vertel my bietjie van jou drome!


Tag … huh?

December 3, 2007

Getag? ….. en wil agt punte weet van my? Hug ….. Roer …. Feetjie?

1) Ek is lief vir musiek maar het geen ritme, lees asb geen ritme. Kan om die dood nie dans nie, en moet vooraf seker ‘n paar stywe doppe drink om bietjie ritme te kan hê, dan trap ek steeds op Marilee se tone.

2) Ek is links, eet regs, skrywe links, werk met skêr regs.

3) Ek haat’n ge-trip en bakleiery. Ek vermy mense wat kwaadstook en ander te wil sleg maak. Maar weer ek hou nie my mond as ek swak diens kry, ek word dan uiters ongeskik.

4) Toe ek klein was, wou ek ‘n veearts geword het. Vandag nog is dit een van my grootste drome. Ek het baie baie tyd vir diere.

5) Hoewel my pa dood is op ‘n baie vroeër ouderdom in my lewe, het ek tog in ‘n gelukkig huis groot geword waar my moeder na die beste van haar vermoë my alles gegun het.

6) Ek neem baie vinnige besluite en soms skiet ek my daarmee in die voet.

7) My grootste droom in oms Afrika in te toer met 4×4 voertuig. Soort gelyk as die ‘Voetspore’ span. Ek lewe vir daardie dag en glo my ek maak reeds planne om dit te laat waar word.

8 ) My grootste vrees is dat daar iets met my moet gebeur dat ek nie my kind kan sien groot word. Hy is absoluut die Alfa en Omega in my lewe.