Ek word vanoggend wakker – Sondag en met ‘n lied in die hart is ek aan die gang. Omdat ek wag dat die werk vir my ‘n ‘link’ moet instaleer dat ek op die internet asook op ons server direk kan werk na ure, neem ek my vrou se MTN F@rtLinkl en instaleer op my laptop om vir eers op nie Internet te kom.
Ek het by die werk tans nie baie tyd tot my beskikking om te blog, want dis werk, begrotings opstel en nuwe rekenaars-program instalasie. Dus neem ek laat middag my tyd om deur my gunsteling blogs te gaan en lees wat het in almal se lewe gebeur. Ook lees ek Rapport en kom op skokkende stories af.
Nou wonder ek so in my alleen wees, wat de hel gaan aan met onse mense. As dit nie daardie een is wat rondloop en rondslaap, stry mense oor bybel en gay ens. Dan is daarsoveel hartseer tussen ons. Mense wat soveel pyne ervaar ……
Ek wil nie op die Steve trein ook klim nie, maar in my oe is dit verkeerd. Dit help nie ons almal noem die ander vrou moes gedink het nie, Steve ook, sy was jonk en onervare toe hy in haar lewe gekom het. Steve moes haar leiding gegee het en nie misbruik. Ek weet wat sy ook gedoen het is verkeerd, maar maggies hy is ‘n openbare persoon. Hoe hy hier uit gaan kom weet ek nie, maar as sy vrou steeds by hom bly is daardie huwelik op rots gebou.
Dan op SSSB die mense wat stry oor gay mense ens, kyk ek ken ook van die mense (gay persone) , maar flippen, dis verkeerd. Hoe de donner word mens so. Geboorte ….. het jy links en regs gekyk en toe besluit jy hou meer van die dogtertjie langs jou as die seuntjie aan die anderkant. Dank die vader ek het meer van die dogtetjie gehou.
Dan beland ek op Tersia se blog, met soveel hartseer oor haar suster. Ters as jy en Kobus hier ooit lees, my hart gaan uit na julle en julle naaste familie. Glo maar God is daar en ek weet hy speel ‘n rol in julle lewens. My gebede is by julle ook.
Bygedra deur Eben 