Ek word vanoggend wakker – Sondag en met ‘n lied in die hart is ek aan die gang. Omdat ek wag dat die werk vir my ‘n ‘link’ moet instaleer dat ek op die internet asook op ons server direk kan werk na ure, neem ek my vrou se MTN F@rtLinkl en instaleer op my laptop om vir eers op nie Internet te kom.
Ek het by die werk tans nie baie tyd tot my beskikking om te blog, want dis werk, begrotings opstel en nuwe rekenaars-program instalasie. Dus neem ek laat middag my tyd om deur my gunsteling blogs te gaan en lees wat het in almal se lewe gebeur. Ook lees ek Rapport en kom op skokkende stories af.
Nou wonder ek so in my alleen wees, wat de hel gaan aan met onse mense. As dit nie daardie een is wat rondloop en rondslaap, stry mense oor bybel en gay ens. Dan is daarsoveel hartseer tussen ons. Mense wat soveel pyne ervaar ……
Ek wil nie op die Steve trein ook klim nie, maar in my oe is dit verkeerd. Dit help nie ons almal noem die ander vrou moes gedink het nie, Steve ook, sy was jonk en onervare toe hy in haar lewe gekom het. Steve moes haar leiding gegee het en nie misbruik. Ek weet wat sy ook gedoen het is verkeerd, maar maggies hy is ‘n openbare persoon. Hoe hy hier uit gaan kom weet ek nie, maar as sy vrou steeds by hom bly is daardie huwelik op rots gebou.
Dan op SSSB die mense wat stry oor gay mense ens, kyk ek ken ook van die mense (gay persone) , maar flippen, dis verkeerd. Hoe de donner word mens so. Geboorte ….. het jy links en regs gekyk en toe besluit jy hou meer van die dogtertjie langs jou as die seuntjie aan die anderkant. Dank die vader ek het meer van die dogtetjie gehou.
Dan beland ek op Tersia se blog, met soveel hartseer oor haar suster. Ters as jy en Kobus hier ooit lees, my hart gaan uit na julle en julle naaste familie. Glo maar God is daar en ek weet hy speel ‘n rol in julle lewens. My gebede is by julle ook.

Januarie 20, 2008 at 8:06 nm |
So wonder ek ook…
Januarie 21, 2008 at 5:55 vm |
Ag ou Ebie, dis mos ons wereld soos dit is vandag. Water oor ‘n eend se rug, dis al wat werk.
Januarie 21, 2008 at 7:57 vm |
Ek skud ook maar net my kop.
Januarie 21, 2008 at 9:21 vm |
Sukkel my gat af om op Steve se blog te kom vanoggend! Het ook gister Rapport gelees! Ek dink die girljie moes maar eerder stil gebly het! Ek dink dis suur druiwe! Maar ek sê juis vir my ma vanoggend: Lyk my ou Steve het nogsteeds ‘n pomp op elke dorp!
Januarie 21, 2008 at 10:13 vm |
Mooi so Butter!! Ek bedoel die pomp / dorp!!
Januarie 22, 2008 at 10:56 nm |
Maggies Eben…jy bly al hoe lank hier onder my neus en ons kom nie by mekaar uit nie….en ek kon nie met die golfdag daar by julle saam met Theo gaan nie…ek wou so graag…net hy en seuntjie was daar…het jy ook gespeel? Ek is sommer kwaad vir ons altwee..weet jy hoe ver is ons plaas van jou af?….amper ‘n hele 40km…he…dis nou sleg van ons ne???????
Januarie 23, 2008 at 12:10 vm |
Baie dankie Eben! Ek moet sé hierdie ding vreet aan my, ons was soos ‘n tweeling. Als was so skielik…. Dis verskriklik! Ek het op die net gaan kyk hoe ovariale kanker in ‘n vrou se buik lyk… so is dit nou deur haar hele liggaan! Toe dit ontdek is, is dit te ver vir enige behandeling! Sy kan niks meer inneem nie, als kom uit, en so se sy toe die naweek haar maag is honger, maar haar kop sé as sy eet, gaan sy pyn he soos dit weer uitkom!! Dis vreeslik om so te wag en te ervaar hoeveel pyn sy het! Die morfien kos R6 800 vir 20 plakkers!Ek weet ook nie meer wat om te bid nie…My ma se kragte raak ook min en haar gemoed is ook nie wat dit moet wees nie. Baie dankie vir jou deernis!
Januarie 23, 2008 at 12:13 vm |
Julle moet kom koffie drink voor ons wegtrek van hier naby die N4 op pad na Brits…. Ons sien regtig uit om jul te ontmoet!
Januarie 23, 2008 at 12:06 nm |
Hi Eben
Voor ek iets sê alle voorspoed vir jou en jou gesin vir 2008, mag dit ‘n wonderlike jaar vol van vreugde wees. Eintlik wil ek niks sê oor die Steve sage nie, soveel mense het al soveel gesê en ek dink ek los dit maar daar.
Lekker dag
Annie
Augustus 19, 2009 at 12:26 vm |
ek het vir paar dinge gesearch….. Toe kom ek op die inskrywing van jou af….dis nou een en n half jaar wat my sus weg is…..en ek het nooit kon dink watse seer my nog gaan tref nie……dis seer, onbeskryflik…..n jaar na haar dood….. hierdie keer sou ek dalk die dood beter aanvaar het……. Die seer wil nie ophou en die trane kan ook nie opdroog!