Boere-raad vir gout?

Januarie 24, 2008

Kom onse kyk bietjie of ek enige raad kan kry by onse vriende … ons help mekaar mos?

Gistermiddag voel ek hom op die groottoon, toe weet ek dis weer sulke tyd. GOUT/JIG noem dit net wat jy wil, maar kry, kry ek hom. Dis ook so dat ek dit ‘ordenklik’ kry, moenie lag, maar dit gebeur dat die toon so swel, dat dit na die tyd vervel … ja vervel!

Ek probeer meer hoender en vis te eet. Ek drink geen wyn en so te se geen bier. Ek raak nie eers aan tamaties nie! Nou hoor ek die suur in vrugte sappe is hoog. Tans is dit mango-tyd by ons, en tonne mangoes kom na ons vir die produsering van sap. Dus as ek vra, word daar vir my geskilde mangoes en/of sap kantoor toe gebring. Mede kollegas noem dis miskien waar die kwaad vandaan kom.

Nou vra ek, wat kan mens drink om die urine vlak laag te hou. Watter boere-raad is daar?