Kom onse kyk bietjie of ek enige raad kan kry by onse vriende … ons help mekaar mos?
Gistermiddag voel ek hom op die groottoon, toe weet ek dis weer sulke tyd. GOUT/JIG noem dit net wat jy wil, maar kry, kry ek hom. Dis ook so dat ek dit ‘ordenklik’ kry, moenie lag, maar dit gebeur dat die toon so swel, dat dit na die tyd vervel … ja vervel!
Ek probeer meer hoender en vis te eet. Ek drink geen wyn en so te se geen bier. Ek raak nie eers aan tamaties nie! Nou hoor ek die suur in vrugte sappe is hoog. Tans is dit mango-tyd by ons, en tonne mangoes kom na ons vir die produsering van sap. Dus as ek vra, word daar vir my geskilde mangoes en/of sap kantoor toe gebring. Mede kollegas noem dis miskien waar die kwaad vandaan kom.
Nou vra ek, wat kan mens drink om die urine vlak laag te hou. Watter boere-raad is daar?

Mmmmm…Eben…ek is die draer van slegte nuus!! Vergeet van net “so te sê geen bier”! My oom kry ook so erg gout en as hy net bier ruik, is dit so!!
Verder het ek nie boere-raat nie en ek weet ook nie wat mango’s vir gout doen nie! Sorry!!
Eben, my man kry net so erg gout en daar is nie ‘n boereraat nie.
Al wat hy doen is maar om Elke oggend sy colchecine pilletjie te drink al het hy nie gout nie, dit werk tog voorkomend.
Erm… Eben, my pa ly ook nogal onder die gout ding maar lyk my behalwe vir goed met `n hoë suurinhoud vermy is daar nie juis iets wat jy kan doen nie. Smaak my enige drank is ook uit! Dan dink ek ek ly maar eerder maar my wyntjie moet ek drink…
Mangos…. uh uhhh ek dink..
Maar Citro Soda werk vir my… as jy besef jy’t verkeerde ietsie ‘ingeneem’ drink!!!!
En…. die apteek is eintlik beste opsie!!!
(((Eben)))
Eben, ek weet vrugtesap het ‘n hoë suurinhoud, my skoonsus is ‘n suster en het my geleer om dit vir die kinders te verdun met water (50/50) Dit bevat blykbaar so baie suur dat dit hul tande kan vrot maak.
Dan het ek in die week ‘n advertensie in ‘n tydskrif gesien oor die koper/brons armbande wat die mense so dra. Die advertensie waarborg jou geld terug as dit nie werk nie.
Sterkte
Hmmmm, Ebie, wil jy nou vir die NUWE! CONVERTED! Boendoe vra!!
Diertjie, jy MOET al jou bier en rooiwyn uitsny.
Minder rooivleis eet.
En, so aaklig as wat dit mag klink, moet jy groentee drink. Dit maak jou liggaam alkalies, en gout (of kanker) hou NIE van ‘n alkaliese medium nie.
Ek is nou so week lank op die groentee, en dis nie regtig so bad nie. Gaan Google bietjie die benefits of greentea!
Kry vir jou Multiforce Alkaline Powder by jou naaste apteek. Dis ‘n A. Vogel produk, heeltemal natuurlik en werk uitstekend. Jy drink saans ‘n teelepel vol, gemeng in ‘n glas water.
Ek sit hier met ‘n boek vir Boererate, uitgegee in 1962.
Neem elke ogent op jou nigter maag 1 glas lou water en 1 desert lepel heuning, met 1 skijvie suurlemoen daarin uitgedrik. Hou daarmee vir ‘n tijd aan.
Drink daeliks die sap van ‘n suurlemoen. Die suurlemoen werk die urinesuur tee.
Trek kanniedoodblare met ‘n paar blommetjies soos tee, drink 3 maal op ‘n dag daarvan.
Laat staan koffie en tee vir ‘n maand. Drink soggens op die nugter maag ‘n glas sterk louwarm water en 15 minute daarna ‘n glas koue water met ‘n teelepel Engelse sout daarin en drink deur die dag net soveel koue water as jy kan, van 10-12 pinte. As die Engelse sout te veel werk, kan jy na ‘n week dit verminder tot 1/2teelepel, maar drink baie water. Dit tas n mens aan, maar as jy daar regkom, verdwyn die pyne.
Nee wat ou vrind, lyk my die alkohol is nie die sondebok nie. Drink voort, maar onthou matigheid voor oe, want met Ingelse sout in jou bloed, skeit jy dalk in jou broek as jy net bietjie die grip verloor!
Laat weet maar hoe dit gaan – ek glo in hierdie rate.
Ek sit hier met ‘n boek vir Boererate, uitgegee in 1962.
Neem elke ogent op jou nigter maag 1 glas lou water en 1 desert lepel heuning, met 1 skijvie suurlemoen daarin uitgedrik. Hou daarmee vir ‘n tijd aan.
Drink daeliks die sap van ‘n suurlemoen. Die suurlemoen werk die urinesuur tee.
Trek kanniedoodblare met ‘n paar blommetjies soos tee, drink 3 maal op ‘n dag daarvan.
Laat staan koffie en tee vir ‘n maand. Drink soggens op die nugter maag ‘n glas sterk louwarm water en 15 minute daarna ‘n glas koue water met ‘n teelepel Engelse sout daarin en drink deur die dag net soveel koue water as jy kan, van 10-12 pinte. As die Engelse sout te veel werk, kan jy na ‘n week dit verminder tot 1/2teelepel, maar drink baie water. Dit tas n mens aan, maar as jy daar regkom, verdwyn die pyne.
Nee wat ou vrind, lyk my die alkohol is nie die sondebok nie. Drink voort, maar onthou matigheid voor oe, want met Ingelse sout in jou bloed, skeit jy dalk in jou broek as jy net bietjie die grip verloor!
Laat weet maar hoe dit gaan – ek glo in hierdie rate.
sien ek herhaal myself! die admin maintanance message wat ek kry, laat my myself dupliseer, sorry
Agge nee, ekt so gewens hier is n goeie raad, want ek wil DOOD na die week se brandy drink. Iemand help asb.
Okay, ek is , of was ou jig sufferer, nou het ek hierdie raadjie raakgeloop. Eet soveel swart kersies as jy kan. Drink alwe eetlepel heuning en een teelepel rooipeper gemeng met half glas louwater. Is ook goed vir bloedruk, hartaanvalle en maagbloeding
Ek het hierdie afgelope naweek ‘n ‘attack’ gehad. Was Vrydag by die dokter maar dit was op daai stadium nie te erg nie, so ons het besluit om net Colchicine en Arcoxia te probeer. Teen die Saterdag aand was dit ondraaglik. Sondag, weer by die dokter, en die keur vir die kortisoon/voltaren inspuiting.
Ek vind ek kry nie ‘attacks’ as ek genoeg water drink – ek kyk nie juis baie na my diet nie, maar ek oefen wel. Ek weier om optehou rooiwyn drink…vergeet dit.
Ek kan water en Citro Soda aanbeveel. Ek gaan nou ook Multiforce Alkaline Powder probeer.
Het gehoor kersiesap of swartbessiesap verdun 50/50% help maar dit vat omtrent ‘n maand voor resultate gesien kan word.
Sny op brood.Moenie stysel en proteiene saam eet nie.Vermy kosse met suur in.Eet rogbrood.Vervang suiker met vrugtesuiker of heuning.Drink elke oggend n vars uitgedrukte suurlemoen in n glas warm water.Rooipeper ontgif jou liggaam.Brandnetel met 1 t Schweden bitter.n teelepel geaktiveerde charcoal help suurvlakke stabiliseer.Gemmerwortel getrek in kookwater is anti inflammatories en sal help met die pyn.1 K 3 x p/dag.
een keer die grootste gout aanval gekry die volgende dag toevallig die virgincopper bandjie by winkelsentrum gesien aangeskaf en siedaar geen aanvalle nie, tesame met lipitor pilletjie daagliks
Alfafa die koning van kruie baie water en dan die voorskrif medikasie.
Puricos vir uriensuur en Coxflam ‘n anti-infl-toriese middel ongelukkig moet u dit elke dag neem.
Probeer saam met dit elke oggend. Nie soms. Elke dag
Meng in bakkie met deksel :Kaneel;Rooipeper,Gemmer en Borrie. Koop by enige winkel. Meng die helte van al die bestandele bo en skep elke soggens so 1/4 telepel in ‘n bietjie water en drink. Neem sommer ‘n telepel heuning daarna (elke dag).JA Elke dag dit help sommer vir alles.Moenie die ses glase water vergeet.
Oumagrootjie se raad uit die jare wat lankal verby is.Maak sommer die lewer ook skoon deur net so skootjie vars suurlemoen in ‘n glaswater so drie keer per dag te neem…
My man het gesukkel met erge gout in sy knieg. Na maande lange gebruik van Colchicine het ons besluit om die dokters te raadpleeg.
Bloedtoetse is gedoen en hy is op n 6 maande kursus van Puricos en Arcoxia gesit.
Colchicine word in laboratoriums gebruik om seldeling te stop… Glo dit of nie. So dit kan nie goed wees vir n mens nie. Dit word ook gese dat na langtermyn gebruik kan dit mens se sig affekteer.
Cochcine behandel die simptome, nie die probleem nie.
Wel, lag nou maar as julle wil, maar Zam-Buk salf werk vir my. Eet elke oggend ‘n teelepel Zam-Buk salf en jy hoef geen kosse of drank uit te sny nie. Sien die resultate na 3 weke.
‘Boereraad vir gout’ skryf oor die eet van Zam-Buk vir jig. Ek sal graag wil weet watter eienskappe daarvan die jig voorkom of teenwerk. Het iemand anders dit al probeer?
Ek soek help vir jig vir my pappa
Ek soek raad vir jig vir my pappa.
Ek het alles al probeer tot scoi masjiene, niks help nie, my dieet is aangepas, drink my dood aan water, gebruik geen drank nie, vleis uitgesny maar gout oorwin altyd, het elke dag pyn, elmboee is albei soos tennis balle soos kristalle al aangepak het, albei enkels altyd dik geswel, met reen tye is pyn nog erger so as daar iets is wat ek kan doen laat my weet
Probeer “Jigsimur”. Jy kry dit by Fruit & Veg te koop. Dit is so R40,00 ‘n bottel
My moeder is 80 jaar oud. Sy is bedleend. Sy het al twee haar bene gebreuk, hulle het geopereer maar dit pyn elke dag van haar ou kort lewetjie, nou soek ek asb n goeie pyn salf, want sy kan nie eintlik pille drink nie, want sy het n maagseer, en dan soek ek ook iets vir winde wat vas sit, sy kry dit net nie uit nie, en is ook hartlywig,
Ek sukkel ook geweldig met gout. Het al knie operasie gehad om gout kristalle te verwyder. Het nou alle rooivleis uitgesny, eet net hoender en vis. Geen alkohol. Het nooit tamaties geeet nie maar onlangs uitgevind tamaties bring urine suur af en weet jy ek eet nou lekker tamaties en kry geen gout nie. Ek sal dit ook nie oordoen met die tamaties nie, is maar nog skrikerig. Natuurlik is baie water drink ook belangrik. Vir medikasie gebruik ek Puricos en as jy ‘n gout aanval begin voel gebruik Cataflam, verkrybaar by die apteek so R60.00
Daars verskillende soorte sure in eetbare produkte. Suur in vrugte of groente het niks te doen met gout nie. Selfs suurlemoen is vir alles net heilsaam. Geen drank kom by die plesier van lekker sterk swart rooibos met ‘n eetlepel suurlemoensap en 1 of 2 tl suiker nie. Fantasties. Jy brand jouself want jy wil te vinnig agter die lekker aan sluk. Gout: simpel – rooivleis bevat die suur wat die gout-kristalletjies vorm. Die liggaam skei die oortollige suur natuurlik uit. Sommige liggame is geneig tot verhoogde suur (soos sommige liggame geneig is tot baie afwykende faktore). Vir hulle is die inname van die suur wat in rooivleis voorkom, te veel en die kristalletjies begin vorm op die litte wat die meeste werk eerste. Nou hoofstuk 2. Wyn, rooi of wit, bevat NIE die suur wat gout veroorsaak nie – dis ‘n ouvroustorie. Die feite is dat ALLE ALKOHOL (brandewyn, whiskey, vodka, bier, die lot), dus alkoholdraende rooi en wit wyn ook, veroorsaak ‘n chemiese reaksie wat die liggaam se natuurlike vermoe om die suur af te skei, belemmer. Gout kom dus as die ongelukkige liggaam te veel rooivleis inneem wat die suur verorosaak en nog ook te veel alkohol inkry wat die suur-uitskeiproses verstop. Nou pak die kristalletjies heerlik aan. Terloops, vleis met lae cholesterol het die hoogste suurinhoud en andersom. Dus alle wildsvleis, meeste van alles volstruisvleis, is hoog gelaai in die skadelike suur. Dus rooivleis en alkohol is taboe vir die gout-leier. Punt oor en uit. Afhangend hoe jou bloed toets (eenvoudige toetsie deur patoloog) kan jy op ‘n 6 maande kursus van Alomaron (duur) gaan om jou suurvlakke af te bring tot normaal en daarna op Puricos (goedkoop) daagliks om jou op dreef te hou. die Puricos laat jou toe om darem soms met verjaardag of vadersdag ‘n steak en ‘n bottel rooiwwyn te polish, mits jy dan weer soos ‘n soet seun jou weerhou en elke dag jou Piuricos drink. Jy sal nooit weer aanvalle kry waar jy met kortisooon-inspuitings gered moet word nie. Ek praat uit ondervinding die afgelope 12 jaar waarvan ek die laaste 10 jaar nie weet van daai allesverpletterende vieslike pyn nie. Dis die enigste pyn wat die ginekoloog vergelyk met geboorte skenk. Hou op om ongetoetste toevallighede en ouvroustories te glo – red jouself presies soos ek hier vir jou beskryf het en jy sal ‘n gelukkige en blymoedige mens wees wat al die mooi en goeie dinge en ‘n heel paar lekkeres ook, ja daai een ook in onbeperkte mate want jy gaan nou elke aand nugter slaap, tot die uiterste kan beleef en geniet.
Sterk staan. Coke alleen smaak baie lekerder as wanneer jy hom meng met Klippies. Leer dit glo so gou as moontlik.
Baie interesant so-by-so.
beslis iets wat ek gaan probeer.Ek is n 34jarige man wat lief is vir kuier, maar my enkels en kniee wil nie meer nie… wat as ek ouer raak. Baie dankie vir die raad, ek gaan definitief daarby hou.
Groete
GS
Ek kry deesdae net so gout in my hande en voete. Ek eet byna geen rooivleis nie, net vis en hoender. ‘n Stukkie droë wors nou en dan, maar selfs dit gee my gout. Ek drink geen alkohol nie, net coke. Ek het agtergekom, ek kry dit soms van goed soos lemoensap. Dalk is ek maar net geneig tot suur in my liggaam. Ek het Colchicine nou en dan gedrink, maar het bloeinde ambeie en het erens gelees, die pilletjies vererger inwendige bloeding en dit gelos. Wat wel al vir my gewerk het, was ‘n hele bakkie kersies in die kersie tyd, maar mens kry dit net in die seisoen.’n Oom wat ek ken sweer by die volgende, maar ek het nog nie die guts gehad om dit te probeer nie. Hy sê jy moet ‘n tee van perskeboom blare kook, en elke oggend so dop vat. Hy sê dit werk selfs as jy ‘n aanval het, om die pyn vinnig te stop. Miskien kan iemand wat waaghalsig is dit probeer en laat weet of dit werk.
Groete
SJ
appel asyn :25ml op 500ml water elke dag. een dop (25ml) wisky met water en heuning elke aand nie oor maatig gaan.as dit erg gaan kan appel asyn aan gesmeer word aan gewrugte blyweg van brandewyn
BROCCOLI EN TAMATIES IS N NO-NO VIR MY, BRANDEWYN KAN EK DRINK BY DIE LITERS EN NIE GOUT KRY NIE, MAAR RUM EN BIER IS VERBODE VRUGTE.
NEEM 1 OMEGA-3 VIS OLIE TABLET DAAGLIKS EN 1 COXFLAM 15MG
WERK VIR MY
Puricos 300mg elke dag. Addisioneel kan u gerus “Natura” se weefselsoute “tissue salts” probeer (pers botteltjies te kry by die apteek of Clicks) nommers 10 en 11. Suig twee pilletjies stadig onder die tong so elke 25 minute om die beurt totdat simptome verbeter, daarna so 4 keer ‘n dag. Gebruik nommer 4 so drie keer ‘n dag en daarna so een keer ‘n dag. Dit bring strelende verligting. Koop gerus Margaret Roberts se boek – Weefselsoute vir Heilsaamheid om meer oor die weefselsoute te lees. Dit is goedkoop en smaak lekker.