Voorspelling?

March 27, 2008

Enige vroeer voorspelling wat gaan Saterdag gebeur met die verkiesing in Zim?


Water is te duur vir Whisky!!

March 25, 2008

Do you think petrol is expensive?

Diet Coke 100ml @ R2.80 = R28.00 per litre

Lipton Ice Tea 200ml @ R3.50 = R17.50 per litre

Amstel 750ml @ R9.50 = R12.60 per litre

Energade 250ml @ R3.00 = R12.00 per litre

Brake Fluid 100ml @ R6.00 = R60.00 per litre

Vick’s Nasal Sprayl 50ml @ R9.00 = R180.00 per litre

Hugo Boss Spray 50ml @ R225.00 = R4500.00 per litre

And this is the REAL KICKER…Evian water 500ml @ R15.00 = R30.00! R30.00 for WATER!

So, the next time you’re at the pump, be glad your car doesn’t run on Water, Coke, or Vick’s Nasal Spray!!! Just a little humor to help ease the pain of your next trip to the pump…


Bly of Gly?

March 20, 2008

Die afgelope week se Beeld lees was net vir my te erg. Nie dat die vorige weke s’n beter was.

Ek is maar die persoon wat altyd noem dat ek in die land wil bly. Daar is soveel mooi plekke wat ek nog nie gesien het. Daar is tog geleenthede wat ek wil aangryp. Ek wil ook net noem dat ek twee geleenthede gehad het om uit die land te gaan in ‘Afrika’ in.

1) Tanzania en 2) Mozambique. Hoewel beide vir dieselfde firma, het ek goed gedink om eder terug te kom SA toe. Nou die laaste paar weke lees ek oa van die mense wat Aussieland toe wil gaan en wag net vir hul paspoorte. In daardie tydperk word daar ingebreek en hulle oa aangerand ens ens. (Dis om sagtens te stel) Jy lees net van die wrede aanvale op mense en daardie aanval.

Nou lees ek bv Maandag in Beeld van die Dr/Ds Bennie Mostert wat noem ons moet die land nie verlaat. Onse liggies (van alle dinge) moet skyn in Sa en nie in Perth. Nou laat dit my wonder …. weet die betrokke predikant ooit waarvan hy praat. Wat weet hy wat ek en jy nie weet. Lees ek verkeerd en verstaan verkeerd oor al die moorde en doodslag in ons land. Alles gaan net agteruit. Die wit vel het dood eenvoudig nie meer ‘n s.

Nou Eskom wil aansoek doen vir ‘n 60% verhoging op hul tariewe. Dit voor die winter? Wat van die arme man op straat? Dit laat my wonder …..


Orgaan skenking?

March 14, 2008

Ek lees gister oor Orgaan Skenking by RB en toe beginne ek wonder?

Ek skakel die betrokke mense so ruk gelede, as ek dit reg het in Kaapstad. Toe word daar aan my meegedeel ek moet die en die bedrag geld betaal om ‘n orgaan skenker te wees.

Ek slaan my hande saam, hoekom moet ek betaal? Hulle moet my eintlik betaal vir my organe. Ek reken ek gee my hele liggaam vir hulle om ‘n moontlike lewe te red, of iemand se lewe te vergemaklik. Ek reken ek het nog nooit in my lewe eers 1 (een) gifpyltjie gerook, ek is nie ‘n strawe drinker en ek vroetel nie met kinders en my guld is opgetrek.

Nou wonder Eben net, waarvoor moet ek betaal? Ek het reeds in my ID boekie, testament, Dr en vrou/seun meegedeel hulle moet as dit moontlik is, al my organe skenk.

Hoe voel jy oor orgaan skenking?


Generator koop - Huh???

March 13, 2008

   My pa het toe besluit genoeg is genoeg. Net voor Krismis het pa besluit lat hy wil oplaas ‘n generator koop, oorlat hy moeg was virrie krag onderbrekings.        

My Oupa dink 10% is krag onderbrekings, die anner 90% is die Munispaliteit se geld wat my pa innie borrelstoor belê. My pa sê dit maak nie saak nie, of dit nou daai simpel mannetjie vannie cownsil is wat sy krag afsny, of daai simpel mannetjie van eskom, hy worrie nie, hy wil ‘n generator hê.       

Nou ja, toe gat ons winkels toe om die ding te koop. Oppie kaart want my Pa sê my ma se kaart is baie lekker, jy koop net op Budget se rekening. Jy koop en jy vertel die mense om dit op Budget se rekening te sit. Ek weet nie lekker wie Budget issie, maar ek weet my pa sit alles op Budget se rekening. Ek reken die Budget outjie gat darem lekker moerig wees as hy uitvind wat my pa alles op sy rekening koop.       

In elk geval ons gat loop koop toe die generator ding, en dis mooi daar waar die moeilikheid begin. Kyk, as julle dink my pa weet niks van kamp af nie, of van karre af nie, of van vroumense af nie, dit is tog goed wat ‘n mens kan sien, dan moet julle weet, hy weet bokkerol van krag af, dis wat my ouma sê, dis so.        

Maar my pa worrie nie, toe hy eers daai generatortjie gestart kry, toe dink hy lat hy ‘n elektriese ingeneer is. Dis glo slim ouens wat krag verstaan.       

Toe is my pa slim genoeg om te weet, solank daai generatortjie loop, solank maak hy krag, maar as hy stop, dan is hy net ‘n stuk blik, met ‘n fancy Japanese naam.        

So, voor my pa die ding aan die krag loop koppel, toe swiets hy eers die generatortjie af, en hy sê vir my ” Dawie, as ‘n ou met krag werk, dan moet jy slim wees, en nugter” Wel my pa is nie een vannie twee nie, so toe beginne ek worrie.        

Maar ek het verniet geworrie, toe my pa daai drade vat, en hy shok nie, toe weet ek hy weet waarvan hy praat. Toe maak hy die drade mooi skoon solat die koper uitsteek en hy is toe reg om die masjien aan die kragpunt te koppel. Nou ja, toe sit ek lekker en kyk hoe my slim pa die kragonderbreking ding onner die knieg kry, en ek worrie niks nie, oorlat ek kan sien my pa weet van.        

Toe maak my pa daai swietsbord innie kombuis oop, en hy maak reg om sy generatortjie se drade aan die swietsbord se drade te koppel. Dis glo solat as die krag afgaan, dan start my pa net sy generatortjie en die se krag sal die swietsbord maak werk.        

Daar is ‘n gesegde wat die grootmense gebruik, hulle se lat as die Akkies die fan tref, dan is daar moeilikheid. Daai ooms wat so sê het nog nie gesien wat gebeur as die swietsbord se krag my pa tref nie.  Kyk ooms, toe my pa so oppie leertjie staan en hy konnek daai generatortjie se krag draad so aan die swietsbord se rooi draad, toe smaak dit vir my my pa is aan die hartaanval kry of hy kry ‘n senuwee instorting of ‘n eleptiese aanval of ‘n stroke offe ding.        

Die way wat my pa daai swietsbord ruk en pluk dog ek my pa gat die ding uit die muur uit ruk en net ‘n gat daar los. Nie syne nie, maar een innie muur daar waar die swietsbordtjie was.        

Maar die swietsbordtjie moef nie, en my pa hou nie op ruk nie, en hy skreeu ook. Ek dog dis van woede wat my pa so skreeu oorlat hy nou kwaad is virrie swietsbordtjie. Hy dans ok oppie leer en gooi sy dikkerige lyfie rond bo op daai leer asof hy nou inne jaaif kompetisie deelneem.        

Net toe ek vir my pa wil waarsku lat hy vannie leer gaan afval, toe gebeur dit, hy val van daai leer af, maar hy val nie grond toe soos ‘n mens moet nie, toe verstaan ek hoekom party mense sê ” hy’t daar afgemoer” want daai wassie ‘n val nie, daai wasse afmoer. Miskien hoekom Koeberg se moer weg is, lyk met die krag saam het ‘n ou maar probleme met die moere.       

In elk geval, kyk my pa val toe lat dit lyk asof hy geskiet is, maar sy lyf gee nog so ‘n paar rukke met die wat hy so deur die lug trek, nes daai ouens op TV wat innie swembad induik en dan sulke s draaie innie lugmaak.        

Toe dit vir my lyk dat my pa sy kop gaan misval en op sy allie val, toe skrik ek, want my ma sê my pa het ‘n harde kop maar hy is ‘n lamgat, ek wil toe nie hê my arme pa moet sy gat verder lam maak nie. Maar toe is ek te laat, toe val my arme pa plat op sy blaker.        

Maar toe sit my pa en jaaif, toe voel ek darem beter oorlat ek kan sien hy is nie heeltemal ‘n lamgat nie, oorlat hy sy boude toe lekker vinnig wikkel.        

Toe ek my pa se oge so kyk, toe sien ek hy trek vir my gesigte ok, maar ek het nooit geweet my pa kan sy oge so omdop nie, ek sien net die wit soos hy jaaif. Toe klap ek maar hande vir my pa se trieks oorlat ek nie weet wat  anners om te doen nie.        

Toe kom my oupa ingehardloop om te sien wat gebeur met die geskreeu. Toe vat oupa so aan my pa en toe begin oupa ok Jaaif. Toe dog ek dis ‘n paartie toe beginne ek ok jaaif solat hulle kan sien ek kan ok jaaif.        

Toe gat die ligte skielik af en toe hou oupa en pa op jaaif en toe staan ek ok maar daar rond. En kyk wat gat my pa nou met die generatortjie doen.        

Toe my pa daar opstaan, toe sien ek hy het oppie plug geland wat aan die draad vas is wat aan die swietsbord vas is, wat toe aan my pa vas is oorlat die plug binne in my pa se boud ingesteek het.       

Toe gebeur daar ‘n vreeslike ding, my pa vat daai genratortjie wat Budget nog moet betaal, en hy gooi daai ding binne innie bure se swembad en hy ruk daai draad uit die swietsbordtjie uit soos ‘n sweepslag.       

Die outjie vannie cownsil het toe gekom en ons swietsbordtjie weer toegemaak, en ons krag weer by die paal gaan loop aansit en toe is allesweer normaal, behalwe lat ons nou nie weer ‘n generatortjie het nie.


Is Afrikaans nodig?

March 12, 2008

My seun skrywe tans eksamen (Gr8) en in die aande help ek en vrou hom met vrae en toets sy kennis.

Toe kom die vraag by my op, ‘ … hoekom moet hy Afrikaans op skool he?’ Ek bedoel hy word onderrig in Afrikaans. Wat gaan hy eendag in sy lewe doen met klinkers, digtonge, medeklinkers ens? As hy belangstel kan hy mos Afrikaans as ‘n vak neem. Hoekom nie Engels en ‘n Inheemse taal ? As jy in ‘n engelse skool is, dan weer in Afrikaans en Inheemse taal. Dan kan ons mekaar mos verstaan in in mekaar se moedertaal kommunikeer?

Hoekom al die nonsens leer in Afrikaans. Waar vra ek jou, gaan hy dit ooit in sy lewe gebruik na skool. Ek reken tot op hede het geen werk of werksonderhoud my gevra ‘ .. noem die 5 klinker op!” (My bliksem!!)

Steyn se leervakke soos Wiskunde, Wetenskap, ens is goed en hy bring goeie punte huis toe, maar oooooo (!!!) wee as hy Afrikaans sou druip dan moet hy sy jaar oor doen, alhoewel hy goeie punte in sy ander vakke het! Ai ai ai …….


Watter tipe Supporter is jy?

March 10, 2008

1. Die Bulls Supporter
 
a.        Persoonlikheid
 
Jy, as die gemiddelde Bloubul ondersteunder, se IK verskyn agter op die rug
van jul kaptein se trui. Saterdae, vir 80 minute lank, roteer een breinsel
tussen jou en die 70 000 ander soos jy.  “Liefling” en “Bloubul” was vooraf
in jou memory chip in geprogrameer.  Jy ry waarskynlik ‘n 4X4, dra
“two-tone” hemde, PT-broeke en rugbykouse. Jou selfoon is waarskynlik groter
as jou tottie, maar beslis kleiner as jou snor. Jou bek is die grootste op
enige “party”.
 
b.        Gunsteling voertuig

 
Enigiets wat duurder as jou buurman s’n is. Waarskynlik ‘n Prado, Mercedes
of Audi.
 
c.        Gunsteling Dop
 
Brannas en Castle, want dit maak jou dapper genoeg om jou vrou by die huis
te gaan probeer bliksem nadat jou span (alweer) verloor het.
           
2.        Sharks
 
a.        Persoonlikheid
 
Jy is ‘n undercover moffie al het jy ‘n vrou en tien kinders. Jou vrou is
heel moontlik ook queer of alternatiewelik ‘n “sex change”. Jy dra Raybans
en fokken lelike klere. Jy het vasgesteek by Bob Marley en rook steeds boom
saam met jou oupa.
   
b.        Gunsteling voertuig
 
Onder die dekmantel van “karre is wêreldsgoed” ry jy alles wat kak is omdat
jy niks beter kan bekostig nie.  
 
c.        Gunsteling Dop
 
Enigiets wat jy verniet kan kry. Sedert die einde van Lion Ale is jy basies
gefok!
 
3.        Cheetahs
 
a.        Persoonlikheid
 
Jy gee die konsep “oningelig” ‘n heeltemal nuwe betekenis. Besoekers aan
Bloemfontein beland elke keer by die Ford-garage wanneer hulle verwysings
vra na die naaste Escort Agency! Die enigste ding platter as jou provinsie
se vlaktes is jou kop. Die feit dat jy nog altyd dink dat die “stock
exchange” vendusie-krale is, is bewys hiervan.
 
b.        Gunsteling Voertuig
 
Enigiets wat met diesel werk. Jy is diesel-befok. Selfs jou dogter se nuwe
vibrator is diesel-aangedrewe.
 
c.        Gunsteling Dop
 
Shooters. Enige shooters. Vandat jou seun op Tukkies studeer, het shooters
veld gewen in jou provinsie.
 
4.        Stormers
 
a.        Persoonlikheid
 
Die enigste organisme meer arrogant as jy, word nog ontwikkel. Jy verkeer
skynbaar onder die indruk dat alle lede van homo- sapiens moerse beïndruk is
met ‘n platberg, suurwyn en vrot snoek. Jou “laidback” lewensstyl is jou
verskoning om luigatgeit te regverdig. Jou idée van “foreplay” is ‘n
losskrum.
 
b.        Gunsteling Voertuig
 
Iets met wiele, maar verkieslik rónde wiele.
 
c.        Gunsteling Dop
 
Met die koms van Tik is dop nie meer belangrik nie, maar op die fly sal jy
waarskynlik ‘n paar mondevol bloutrein bitter moeilik kan weerstaan.
 
5.        Lions
 
a.        Persoonlikheid
 
Jou oumagrootjie was die eerste prostituut op die Johannesburgse goudvelde.
Jy gaan kyk net rugby op Ellispark as jou span wen. Ellispark is dus ‘n
uiters vreemde planeet vir jou. Anders as ander spanne se ondersteuners moer
jy jou vrou wanneer jou span wen. Dus is jou uitgebreide familie reeds vyf
geslagte sonder vroueslaners.
 
b.        Gunsteling Voertuig
 
Enigiets wat maklik gesteel kan word.
 
c.        Gunsteling Dop
 
Vodka, Black Label en Cutex-remover.


Word Marilee oud!

March 5, 2008

Dit is vir mans baie belangrik om te besef dat namate vrouens ouer word, hulle dit moeiliker vind om dieselfde kwaliteit van huishouding te handhaaf as toe hulle jonger was. Wanneer ‘n man dit agterkom moet hy probeer om nie te skreeu nie….. Laat ek julle inlig hoe ek dit hanteer.

Toe ek ‘n tyd gelede my werk as Rekenmeester verloor het, het ek ‘n afleggingspakket vir “vroeë aftrede” ontvang. Dit was toe nodig dat Marilee ‘n permanente werk moes aanvaar, nie net om die pot aan die kook te hou nie, maar ons het dit ook nodig gehad vir die mediese fonds-voordele.

Sy was ‘n opgeleide Bankklerk toe ons 27 jaar gelede ontmoet het en sy was baie gelukkig om nou weer ‘n soortgelyke werk te kry. Kort nadat sy weer begin werk het, het ek agtergekom dat haar ouderdom haar inhaal.

Ek kom gewoonlik vanaf my visvang of klub dieselfde tyd huis toe as wat sy van die werk af kom.. Alhoewel sy weet dat ek dan honger is, sal sy amper altyd sê dat sy dan moeg is en eers ‘n halfuur of so moet rus voordat sy begin om die aandete voor te berei. Ek probeer nie om haar te vermaan wanneer dit gebeur nie. Inteendeel, sê ek vir haar sy kan maar haar tyd gebruik. Ek verstaan dat sy nie meer so jonk as vantevore is nie. Ek vra haar net om my wakker te maak wanneer die kos op die tafel is.

Vroeër het sy die skottelgoed onmiddellik na ete gewas. Dit is nou egter nie meer altyd die geval nie en somtyds is die skottelgoed nog vir ure na ete op die tafel. Ek bring ook my kant deur haar telkemale gedurende die aand te herinner dat die borde nie hulleself sal was nie. Ek weet dat sy dit waardeer, aangesien ek sien dat dit werk en dat sy tog die skottelgoed voor slapenstyd was.

Ons wasmasjien en droër is onder in die kelder. Toe sy jonger was, kon Marilee verskeie kere per dag die trappe op en af klim sonder om moeg te word. Noudat sy ouer is, lyk dit of sy sommer baie gouer moeg word. Partykeer sê sy vir my dat sy net nie nog een keer die trap op en af kan klim nie. Ek maak nie ‘n groot ding daarvan as sy so sê nie. Solank sy net die wasgoed voor die volgende aand gereed het, sal ek dit oorsien. As ek intussen dalk iets nodig het wat voor Maandagaand se snoekerspel of Woensdagaand en Vrydagaand se pokerspel of Dinsdag en Donderdag se rolbal gestryk moet word, sal ek vir haar sê dat sy net moet stryk wat ek benodig en dat sy die res van die strykgoed kan laat tot die volgende aand. Dit gee haar dan so ‘n bietjie meer tyd om die los werkies, soos die was van die honde, stofsuig of afstof te kan doen. Ook as ek ‘n goeie dag by die viswaters gehad het, het sy dan daardie bietjie meer tyd om die vis se skubbe te krap en teen ‘n gemaklike tempo te vlek.

Marilee begin so nou en dan te kla en murmureer, nie te dikwels nie, maar net genoeg sodat ek dit kan agterkom. ‘n Voorbeeld hiervan is dat sy sal sê dat sy nie genoeg tyd gedurende haar etensuur het om al die maandelikse rekeninge te betaal nie. Ten spyte van haar klagtes gee ek haar ondersteuning en aanmoediging. Ek sê vir haar sy kan die betalings oor twee of selfs drie dae versprei. Deur dit te doen hoef sy nie so te jaag nie en verder herinner ek haar ook daaraan dat om nou en dan ‘n middagete oor te slaan haar glad nie skade sal doen nie.(As julle snap wat ek bedoel)

Wanneer sy eenvoudige werkies doen, begin sy dink dat sy meer rusperiodes as voorheen, nodig het.

‘n Paar weke gelede het sy, nog voordat die grasperk halfpad gesny was, gesê dat sy ‘n ruskans nodig het. Ek ignoreer sulke aanmerkings aangesien ek weet dat dit maar net die ouderdom is wat praat. Trouens, ek probeer om haar nie te embarrasseer wanneer sy hierdie ruskanse wil hê nie. Ek sê sy kan gerus vir haar ‘n lekker glas koue lemoensap gaan uitdruk en ‘n rukkie sit…soms bied ek selfs aan om ‘n glas sap saam met haar te drink, aangesien sy terselftertyd vir my ook ‘n glas vol kan uitdruk. Sy kan dan haar ruskansie kry deur daar by die hangmat te sit en met my te gesels tot ek aan die slaap raak.. So kan ek aangaan, maar ek dink dat julle teen hierdie tyd al agtergekom het dat ek soos ‘n engel uit die hemel is, soos wat ek vir Marilee op ‘n daaglikse basis ondersteun.

Ek wil nie beweer dat dit maklik is om soveel verdraagsaamheid aan die dag te lê nie. Baie mans sal dit moeilik vind….party selfs onmoontlik.

Niemand weet beter as ek hoe frustrerend vrouens kan wees namate hulle ouer word nie.. Die doel met hierdie skrywe van my is eenvoudig om julle te versoek om ‘n poging aan te wend om so verdraagsaam soos ek te wees. Om dieselfde vlak van verdraagsaamheid as ek te bereik, sit egter nie in elke man se broek nie.. Wel, deur dalk net ‘n bietjie minder met julle vrouens te raas nadat julle hierdie brief gelees het, het ek in my doel geslaag en was dit die moeite werd om hierdie posting te skryf!


Selfoon afneem?

March 5, 2008

Ek lees vandag via Internet op die Beeld dat die polisie in Pretoria jou mag/kan aftrek en vra om jou sel foon af te skakel en weer aan te skakel en jou pin in te sleutel.

Sou dit wees dat jy nie jou pin nommer ken, neem hulle jou foon in beslag en dan moet jy ‘n bewys lewer dat die foon aan jou behoort. Nou wonder ek net, wat gebeur as die korrupte polisie beamptes dit doen en daar spander hy met jou foon? Hoe dan nou?

Wat gemaak in my (Eben) geval dat ek nie weet wat is my pin nommer. (Huh??) Ek was en is mos so slim gewees en het op die settings verander dat sou ek my foon aanskakel hy NIE my pin moet vra. Goed ek weet ek is onverantwoordelik, maar wat nou? Waarheen kan ek my foon neem om die pin te kry?

Ek het 2 kontrakfone en 1 pay-as-you-go? Waarheen? Enige raad?


Petrol styging?

March 4, 2008

Gisteraand luister ek so na die nuus, en oa bespreek hulle die petrol styging van 61/Lt.

 Dit laat my so wonder, almal raak mal oor Steve, Jurie en wie weet wat alles (die uwe ingesluit) maar niemand stuur sms’e die wereld vol om ondersoek in te stel oor die petrol pryse. Hoe is dit bv moontlik dat lande soos Swaziland goedkoper petrol verkoop as ons, en dan kry hy sy petrol van ons ook?

Hoe is die moontlik dat almal optogte wil hou oor (bv) die Reitz 4 maar niemand hou optogte oor petrol.

En wat my die meeste verbaas, die taxi’s eienaars …. niemand praat van hulle kant. Is daar iets wat hulle weet wat ek/ons nie weet.