Gisteraand luister ek so na die nuus, en oa bespreek hulle die petrol styging van 61/Lt.
Dit laat my so wonder, almal raak mal oor Steve, Jurie en wie weet wat alles (die uwe ingesluit) maar niemand stuur sms’e die wereld vol om ondersoek in te stel oor die petrol pryse. Hoe is dit bv moontlik dat lande soos Swaziland goedkoper petrol verkoop as ons, en dan kry hy sy petrol van ons ook?
Hoe is die moontlik dat almal optogte wil hou oor (bv) die Reitz 4 maar niemand hou optogte oor petrol.
En wat my die meeste verbaas, die taxi’s eienaars …. niemand praat van hulle kant. Is daar iets wat hulle weet wat ek/ons nie weet.
Bygedra deur Eben 