Orgaan skenking?

Maart 14, 2008

Ek lees gister oor Orgaan Skenking by RB en toe beginne ek wonder?

Ek skakel die betrokke mense so ruk gelede, as ek dit reg het in Kaapstad. Toe word daar aan my meegedeel ek moet die en die bedrag geld betaal om ‘n orgaan skenker te wees.

Ek slaan my hande saam, hoekom moet ek betaal? Hulle moet my eintlik betaal vir my organe. Ek reken ek gee my hele liggaam vir hulle om ‘n moontlike lewe te red, of iemand se lewe te vergemaklik. Ek reken ek het nog nooit in my lewe eers 1 (een) gifpyltjie gerook, ek is nie ‘n strawe drinker en ek vroetel nie met kinders en my guld is opgetrek.

Nou wonder Eben net, waarvoor moet ek betaal? Ek het reeds in my ID boekie, testament, Dr en vrou/seun meegedeel hulle moet as dit moontlik is, al my organe skenk.

Hoe voel jy oor orgaan skenking?