Ek lees gister oor Orgaan Skenking by RB en toe beginne ek wonder?
Ek skakel die betrokke mense so ruk gelede, as ek dit reg het in Kaapstad. Toe word daar aan my meegedeel ek moet die en die bedrag geld betaal om ‘n orgaan skenker te wees.
Ek slaan my hande saam, hoekom moet ek betaal? Hulle moet my eintlik betaal vir my organe. Ek reken ek gee my hele liggaam vir hulle om ‘n moontlike lewe te red, of iemand se lewe te vergemaklik. Ek reken ek het nog nooit in my lewe eers 1 (een) gifpyltjie gerook, ek is nie ‘n strawe drinker en ek vroetel nie met kinders en my guld is opgetrek.
Nou wonder Eben net, waarvoor moet ek betaal? Ek het reeds in my ID boekie, testament, Dr en vrou/seun meegedeel hulle moet as dit moontlik is, al my organe skenk.
Hoe voel jy oor orgaan skenking?

Maart 14, 2008 at 1:59 nm |
Ek loop ook met orgaanskenkings-kaartjie in my beursie. Weetie van die betaal-deel nie!!
Maart 14, 2008 at 2:01 nm |
Dis nou interessant Eben! Ek luister gister op RSG (gister was Nasionale Nierdag by the way) hoe hulle pleit dat mense organe moet skenk! Ek ek dog nogal so by my selwers, my paar niere is nog heel gesond en ek het my ander organe ook almal mooi opgepas tot dusver (hulle moet net nie “die brein” oorplant nie) – en dit sal ‘n noble ding wees om te doen – ek gaan vandag bietjie meer inligting hieroor kry! En so wrintie waar as te wragtag – ek betaal NIEMAND om my organe te vat nie! As hulle dit nie gratis wil hê nie – kan hulle dit nie kry nie! Kan jy nou meer???
Maart 14, 2008 at 2:01 nm |
Vat alles. Ek het dit nie meer nodig nie. Ek wonder net Eben, as daai orgaan nou geskenk word, wie word daarvoor betaal, want ek kan in my wildste drome nie dink dat iemand nie daaruit gaan geld maak nie.
Hier Mnr. Swart is vir jou n splinternuwe (effe gebruikte) cornea – vir die klein sommetjie van R30 000.00 rand, maar wag, dis nie al nie, daar is nog die klein bedraggie van R60 000.00 om dit in jou oog te kry. n Bargain as jy my vra.
Wie kry daardie geld as ek klaar die emmer geskop het???
R
Maart 14, 2008 at 2:49 nm |
Suzanne, dan moet jy vir my detail deurgee waar jy jou kaartjie verniet gekry het. Dan doenek dadelike werk daaraan.
Rene, laat weet gerus as jy ook bietjie meer detail het, en deel dit met ons.
Koek, lekker om weer van jou te hoor. Dis paar goeie vragies wat jy vra. Iemand maak geld, en dis op daardie staduim nie jou boedel nie. Ek se nog, vat alles, maar gee dit verniet aan die skenker. Laat hy/sy net betaal vir die hospitalisering.
Maart 14, 2008 at 3:58 nm |
Ek sit nou sommer regop. Betaal, no way, dan bly ek heel.
Sal ook meer wil weet.
Maart 14, 2008 at 4:05 nm |
Eben, kyk op hul website http://www.odf.co.za. Daar staan GROOT ‘There is no cost charged to register as an organ donor’.
Ek het nou hul registreer vormpie ingevul, dan stuur hulle vir jou meer inligting. Sal sien wat kom.
Maart 14, 2008 at 5:23 nm |
As dit verniet is, kan hulle maar gebruik wat hulle kan van my ou liggaam. My longe sal natuurlik glad nie deug nie. Rook hopeloos te veel.
Maart 15, 2008 at 2:48 vm |
Ons het ook nou die dag oor dit gepraat. Ek is ook vir orgaan skenk, MAAR ek wil nie aansluit/aansoek doen nie. Netnou kan hulle nog iets vir my doen dan trek my niere al by die deur uit…lol. Al my familie weet hulle kan my organe skenk die dag as hulle doodseker is ek is heen. Ten minste weet ek dan die kans dat ek ses voet onder die grond gaan wakker word is nul…lol
Maart 15, 2008 at 11:57 vm |
Hel, dis ‘n bietjie grim om daaraan te dink, maar ek reken ek sal ook ‘n skenker kan wees. Los net my ogies.
Maart 16, 2008 at 12:20 nm |
Ek dink (praat onder korreksie) dat jy moet betaal vir die chirurge, ens. wat die organe moet verwyder. Dit word nie verkoop aan die ontvanger nie, maar jy is verantwoordelik (!) vir jou ‘hospitaalbehandeling’ se koste, al is dit dan nou om jou organe te verwyder.
Maart 16, 2008 at 12:30 nm |
Ek het nou op hul websit gaan kyk. http://www.odf.org.za Daar is GEEN koste vir die orgaanskenker nie. Die hospitaal/staat dra die onkoste nadat ‘n pasient breindood verklaar is.
Ook kan mense nie as orgaanskenkers geregistreer in Suid Afrika nie. Jou naasbestaandes moet weet wat jou wense is, want hulle moet toestemming gee dat jou organe verwyder mag word. Geen organe mag verwyder word sonder hulle toestemming nie.
Maart 16, 2008 at 6:38 nm |
Dankie RB en Boendoe. Ek het toe op die web gaan kyk en die nodige registrasies gedoen. Ek het ook reeds so in my testament beskrywe dat dit ook my wens is.
Net voor ek getrek het uit Nelspruit, was ek by my makelaar in Malelane en dis ook so verander. Nog ‘n ‘grim’ afdeling/storie (soos Roer sal se) is sou ek iets oorkom wil ek nie dat my familie of wie ook al moet besluit of masjiene moet af al dan nie! As ek brein dood is, dan is ek brein dood, solank dit nie ‘n Kubaanse Dr is wat so besluit!! (sic)
Maart 16, 2008 at 10:06 nm |
Eish….
Nou wonder ek net, hoeveel mense gaan ‘dooi’ agv stupidity!!! FFS!!!!
Maart 17, 2008 at 4:26 nm |
Hey Eben – thanx vir jou en Boendoe en RB vir die info! Ek het ook gaan registreer vanmiddag! Ek moet sê dit voel nogal goed om daardie submit knoppie te druk!
Platty – dis oorlat daar nie pille vir stupidgeit is nie!!!
Maart 19, 2008 at 7:13 vm |
Dankie vir al julle interessante insette. Ons het ook ons testament dat net ek bereid is om organe te skenk! Wel ek het nerens geregistreer nie, MAAR, dis net vir familie! Ek dink as Kobus of die kinders dit namens my kon verkoop sou dit darem so ‘n bonussie gewees het….. Ek weet nou-al Kobus sal ‘n nuwe karretjie enjin koop, Altus sal heelwaarskynlik dink aan ‘n ryding….’n man moet mos wiele he, en De Wet sal wel iets kry, want geld brand sy sak vreeslik!
Die koffie pot staan reg…..!!
Maart 19, 2008 at 8:20 vm |
Hi Eben…
Ek sit aan die anderkant van die draad…los ma my goodies dat dit saam my begrawe word…sorry julle…moenie my kruisig nie hoor
Groetetjies
Sonneblom
Maart 24, 2008 at 2:44 nm |
Ek weet mens moet betaal om in die beenmurg-register te kom. Omdat die toetse so duur is, help mens om die aanvanklike bloedtoetse se koste te dra. Sover ek weet is/was dit R200-R300, en mens doen dit maar as ‘n tipe donasie,
Indien mens ‘n orgaanskenker is moet mens so kettingkie om jou arm dra, wat sê dat jy een is en mens moet dit self koop. Dit kan ek ook verstaan, want die orgaanstigting is ‘n NGO.
Maar mens moet ne betaal om te registreer nie.