Bly of Gly?

Die afgelope week se Beeld lees was net vir my te erg. Nie dat die vorige weke s’n beter was.

Ek is maar die persoon wat altyd noem dat ek in die land wil bly. Daar is soveel mooi plekke wat ek nog nie gesien het. Daar is tog geleenthede wat ek wil aangryp. Ek wil ook net noem dat ek twee geleenthede gehad het om uit die land te gaan in ‘Afrika’ in.

1) Tanzania en 2) Mozambique. Hoewel beide vir dieselfde firma, het ek goed gedink om eder terug te kom SA toe. Nou die laaste paar weke lees ek oa van die mense wat Aussieland toe wil gaan en wag net vir hul paspoorte. In daardie tydperk word daar ingebreek en hulle oa aangerand ens ens. (Dis om sagtens te stel) Jy lees net van die wrede aanvale op mense en daardie aanval.

Nou lees ek bv Maandag in Beeld van die Dr/Ds Bennie Mostert wat noem ons moet die land nie verlaat. Onse liggies (van alle dinge) moet skyn in Sa en nie in Perth. Nou laat dit my wonder …. weet die betrokke predikant ooit waarvan hy praat. Wat weet hy wat ek en jy nie weet. Lees ek verkeerd en verstaan verkeerd oor al die moorde en doodslag in ons land. Alles gaan net agteruit. Die wit vel het dood eenvoudig nie meer ‘n s.

Nou Eskom wil aansoek doen vir ‘n 60% verhoging op hul tariewe. Dit voor die winter? Wat van die arme man op straat? Dit laat my wonder …..

8 Responses to “Bly of Gly?”

  1. sonneblomseplekkie Says:

    Hi Eben,

    Vriendin van my ma soebat nou al paar jaar ons moet oorkom New Zeeland toe. My seun wil landuit, ek is seker hy sal gaan as hy die geleentheid kry. My meisiekind sê reguit sy sal nie eendag haar kinders hier grootmaak nie. Nou hoekom hak ons vas hier? Wat die krag betref…daar sal seker nog boekdele geskryf word. 60%? Dis belaglik. ok, ons kan genies insit – brandstofpryse?? Dis ‘n lose lose situasie in die land. Ek praat gister met ‘n vrou wat grootgeword het in Zim. Sy sê dinge gaan hier soos in Zim daai tyd, net op ‘n baie vinniger skaal…….laat mens dink nê??

    Lekker daggie
    Groetetjies
    Sonneblom

  2. Dellie Says:

    Ja, dis scary, Ebie. Ek weet ook nie meer nie.

  3. boendoe Says:

    Mens moet net onthou dat misdaad en Eskom se prysverhoging die swart gemeenskap ook raak. Nie dat dit nou okay is nie. Ek lees ook maar die Beeld en wonder wat die regte ding is om te doen. Gelukkig was daar in vandag se beeld ‘n mooi storie oor ‘n huishulp wat ‘n vrou, haar gestremde dogter en 2jarige kleindogter huisvesting gegee het vir ‘n ruk. Sulke stories laat my weer dink dat alles nie net sleg is nie. Ek dink ook daar IS ander mooi stories, maar die media besluit wat ons moet lees. Ek begin hulle nou al van ‘n komplot verdink! :P

  4. Suzanne Says:

    HAPPY HAPPY HAPPY!!!!! Sal nettou kyk of jy op skype is om geluk te wens!

  5. boendoe Says:

    Ebie………verjaar jy?

  6. boendoe Says:

    Ja! (Het gou by Roer gaan loer!) Kom hier, laat ek jou gelukwens:

    Mwha! Mwha! Mwha!

    Hoop jy het ‘n wonderlike dag, en ‘n baie voorspoedige jaar!

  7. Dellie Says:

    Eish, ek is laat met die verjaarsdagwense! Skuus ou Ebie, ek is useless as dit kom by verjaardae onthou.

    Hoop jy het ‘n heerlike, opwindende, liefdevolle dag gehad. En dat die jaar vorentoe vir jou net mooi dinge sal inhou. :wink:

  8. Eben Says:

    Dankie Suzanne, Boendoe en Dellie ….. Ja dit was ‘n heerlike dag. So 4 gesinne oorgekom om grappies te kom maak en Marilee het soveel moeite gedoen om die lekkerste kos voor te sit.

    Hoop en glo almal het lekker saam gekuier.

Leave a Reply