Gewig vs Massa

April 11, 2008

Ai ai ai net ‘n kort skrywe op so ‘n vrydag. Die vrou is vanoggend vroeg in om haar Galblaas te laat verwyder. Marilee het ‘n afgelope paar maande deur hel gegaan en ten einde is dit gedoen en alles was suksesvol gewees.

Net so grappie om te vertelle oor die vuurtjie as julle braai:

Juffrou vra vir Gatiep om sinne te maak met “gewig” en “massa”.

Gatiep se antwoord: My pa sê vir my ma, “Djy moet gewig veloer djou vetgat”.

My ma antwoord, “Djou massa moer!”