Het jy hangovers, net die raad vir jou!

April 24, 2008

Om hangovers te fight is actually heelwat makliker as wat mens sou dink.

Daar’s gewoonlik een goue reël wat feitlik altyd effektief is.

 

Moenie drink nie.

 

Die probleme ontstaan as mens die rëel ‘n fokken vet ignore kap.

Moeilikheid. Dus, as jy per abuis reël een oortree, verwys dadelik na reël

twee.

 

Moenie te veel drink nie.

 

Een word twee, al die ure word happy, lelik word mooi, en twee word een

(partykeer sommer op die agterseat). Steeds is als nie verlore nie. In tye

van transgressie, verwys spoedig na reel drie.

 

Moenie jou drankies meng nie.

 

Check alle drankies gaan eventually na dieselfde plek toe, maar net soos in

‘n bar meen dit nie altyd almal smaak mekaar nie. Inteendeel, jy sal vind

dis presies hierdie tipe mengelmoes wat gaan maak dat jy suffer.

 

Sit neer daai shooter, cowboy.

 

Teen die tyd dat jy reel drie oortree het is jy klaar gefok. Sonder om eers

jou broek af te trek. Dan ewe skielik is dit twee-uur, jy vreet ‘n Garage

pie oppad huis toe, en worry oor die moontlikheid van ‘n evil hangovertjie

wat dalk onder jou bed vir jou wag.

 

Slaap soveel as wat jy kan.

 

Fokken wil mos. Lekker rëels breek. Lekker breker. Wie’s nou smart? Ouens

wat hier uitkom het obviously nie gefokken luister nie en sit nou met die

full-blown, fokken hangover. Nou moet jy maar slaap pel, en baie ook. Nog

bietjie. Daa’sy. Trek hom bersie oor hom koppie.

 

Suip baie water.

 

Party Moegoes reken sommer die aand wat jy van die jol af kom. Maar dis

bietjie moeilik as jy ingedra word en wakker word met Kots op jou hemp. Kry

vir jou ‘n lekker laaang beker water en drink daarvan soveel en so vinnig as

wat jy kan. Kom, jy’t mos gewys jy kan baie drink. Jy’s mos die fokken mek

van die plek. Sluk! Sommer vier Grandpa’s ôk.

 

Eet iets.

 

Op die stadium is jou lyf hoogs die bliksem in vir jou. Jy het nie mooi

gemaak met jou lyf nie. Uh-uh. Nou moet daar fokken mooi broodjies gebak

word, en een ding wat jou lyf verstaan is eetbare bederfies. As jy rerig wil

fokken brownie punte score, skiet vir iets gesonds - even ‘n slaaitjie. As

jou lyf kon het hy/sy jou op die rug geklop.

 

Party ouens reken mens moet ‘n rou eier eet. Al waarvoor dit werk is om jou

te laat verder kots, en as jy gelukkig is nog salmonella ook te kry. Fokken

smart Parra!, nou’t jy salmonella en ‘n hang-over. Dom D@@s.

 

Vat ‘n shower of ‘n bad.

 

Nou hierdie rëel help beide vir jou asook die mense geaffekteer deur jou

second-hand hangover. D.w.s. die arme swape wat jou asem en stink holtes

ruik na die aand uit. Voel bietjie daai wol oor jou tanne? Hoe dink jy ruik

dit vir ander? Presies. Hou op ‘n aap wees en vat ‘n stort.

 

Trek iets gemaklik aan.

 

Official hangover wear is pejaamies of sommer ‘n ou sweetpak met Stou-kies

en ‘n T-shirt. Jy wil nie deal met goed wat jou skaaf of knoppe platdruk

nie. Sag en lelik is die wagwoorde hier.

 

Vat dit rustig.

 

Drop die blinds, kry ‘n bottel Coke, bietjie Nando’s en loop rent ‘n DVD of

twee. Skuif nou voor die TV in met die remote en relax. Dit gaan ‘n fokken

laaaang dag wees.