Blind ?

April 30, 2008

Daar was ‘n blinde meisie wat haarself gehaat het, omdat sy nie kon sien. Sy het almal gehaat, behalwe haar geliefde vriend. Hy was altyd daar vir haar. Sy het die wens uitgespreek dat haar grootste wens is, om die wereld te sien, en met haar vriend te trou.

Toe eendag, het iemand vir haar ‘n paar oe geskenk, en sy kon alles sien, insluitend haar vriend. Haar vriend vra haar ” …. noudat jy die wereld kan sien, sal jy met my trou?” Die meisie was geskok om te sien dat die vriend ook blind was, en het geweier om met hom te trou.

Haar vriend loop weg met trane oor sy wange en skryf later ‘n brief aan die meisie ” … Just take care of my eyes please!”

Dit laat mens soms dink hoe vinnige kan ons van status verander, en vergeet wie was daar vir jou in moeilike en pynlike tye.