Burglar Bars op Tande?

May 27, 2008

Koos vat sy gesin Kaap toe vir ‘n vakansie.

Jannie speel op die strand en maak maatjies met ‘n kleurlingetjie.

Na hulle ‘n rukkie gespeel het sê Jannie vir sy maatjie: “Jy’s seker ‘n local, want ek sien jou voortanne is weg.”

Die maatjie sien Jannie se draadjies en sê vir hom “En djy’s seker van Gauteng”.

“Hoe’t jy geweet?”, vra Jannie.

“Want ek sien djy het burglar bars op djou tanne!”


Nuwe taalgebruik by werksplek?

May 26, 2008

1.   Voorstel :

      Ek dink addisionele opleiding sal waardevol vir jou wees
      In plaas van :

      Jy’t geen fokken idee wat jy doen nie.

 2.   Voorstel :

     Sy’s ‘n dinamiese werknemer.
     In plaas van :

     Sy’s ‘n hardegat-teef.

3.   Voorstel :

     Ek kan moontlik oortyd werk.
     In plaas van :

     En wanneer de fok dink jy moet ek dit doen?

4.   Voorstel :

     Ek is oortuig daarvan dis nie lewensvatbaar nie.
     In plaas van :

     Daar’s nie ‘n fokken manier nie!

5.   Voorstel :

     Werklik?
     In plaas van :

     Moenie kak praat nie!

6.   Voorstel :

     Die probleem sal beslis aandag ontvang.

   In plaas van :

     Vertel dit vir iemand wat ‘n fok omgee!

7.   Voorstel :

     Ek was nie by die projek betrokke nie.
     In plaas van :

     Dis nie my fokken probleem nie!

8.   Voorstel :

     Dis interessant.
     In plaas van :

     Wat de fok?

 9.   Voorstel :

     Ek is nie seker dat dit geïmpmlementeer kan word nie.
     In plaas van :

     Hierdie kak sal nie werk nie.

10.  Voorstel :

      Ek sal dit probeer skeduleer.
     In plaas van :

      Hoekom de fokken hel het jy my nie vroeër gesê nie!

11.  Voorstel :

       Hy’s nie vertroud met die aspekte nie.
       In plaas van :

       Die idioot weet fokkol!

12.  Voorstel :

       Verskoon my, meneer?
       In plaas van :

       Ag fok jou!

13.  Voorstel :

       So jy was nie gelukkig daarmee nie?

       In plaas van :

       Jammer om van jou kak te hoor.

14.  Voorstel :

       Ek is ‘n bietjie oorlaai op die oomblik
       In plaas van :

       Fokkit, ek verdien ook maar net ‘n salaris!

15.  Voorstel :

       Ek dink nie jy verstaan nie.
       In plaas van :

       Druk dit in jou gat!

16.  Voorstel :

      Ek’s mal oor ‘n uitdaging!
      In plaas van :

      Dis ‘n kak job hierdie!

17.  Voorstel :

       Wil jy hê dat ek dit uitsorteer?
      In plaas van :

      Wie’s dood en het jou die fokken baas gemaak?

18.  Voorstel :

      Hy’s ietwat onsensitief.
      In plaas van :

      Hy’s ‘n d@@s.


Geweld?

May 21, 2008

Miskien klink ek plat-voets … miskien kommen dat ek nie regtig op hoogte is wat gebeur om my.

Gister aan sit ek en luister na die nuus, en die hooftrekke gaan oor die geweld in onse land, amper soos in die ou bedeling, die slim mense noem dit Xenofobiese geweld, ek het dit as Onluste geken.

Mens se gedagtes is letterlik gesplit, is dit reg om die buitelanders uit te jaag? Wat gebeur as dit net omgedraai word, en ons mense in die buite land, soos bv Mozambique, Botswana, Tanzania om ‘n paar te noem word so terug gejaag. Daar word genoem dat hulle ons mense se werk neem, maar aan die anderkant is dit so dat daar van ons mense is wat net wil he! Hulle wil nie werk nie, nou wat nou!

Vanoggend lees ek in die Beeld, dat daar gewag word vir Mbeki, om die ja-woord te gee dat die weermag inspring. Ek dink dadelik, watter weermag (?), en is daar voertuie wat nog loop, en as daar is, is die batterye nie al gesteel nie. Nou weer is Mbeki oppad Tanzania toe, terwyl sy land in ligte laaie is. Die man is dood eenvoudig nie daar vir sy mense en land.

Dis ook geen wonder dat Phosa, as hy reg aangehaal is in die pers, noem dat daar ‘n vroeer verkiesing moet kom. Maggies, Mbeki is meer in ander lande as in sy eie. Hy los geen probleme op nie, is oral ‘bemiddellaar’ … van wat?? Wat doen hy wat goed is as bemiddellaar, wat het gebeur in Zim?

Ai, al die dinge maak mens so negatief ……


Is jy ‘n boer?

May 16, 2008

Jy is ‘n boer as die volgende al met jou gebeur het of as jy so optree of dink:
 
- As jy al jou voete met die tuinslang moes afspuit voordat jou vrou jou in die huis wou toelaat.
- As jy nooit ‘n leë 5 liter of ander kan, kan weggooi nie.
- As jy al baaldraad gebruik het om jou bakkie se nommerplaat mee vas te maak.
- As jy die bemestingsprogram, saaidigtheid, onkruiddoderprogram, en opbrengste van ‘n plaas wat jy 10 jaar gelede gehuur het kan onthou, maar jou vrou se verjaarsdag vergeet.
- As jy al van die pad af gery het terwyl jy na jou buurman se lande staar.
- As jy al gehuil het terwyl jy ‘n hond begrawe.
- As jy al ‘n trekker se laaigraaf gebruik het as “scaffolding” terwyl jy ‘n dak regmaak.
- As jy al dieselfde mes gebruik het om kalwers te kastreer en lemoene af te skil.
- As jy alle voertuie op die pad groet, of jy die mense ken of nie.
- As jy alle voertuie bekyk as hulle by jou huis verbyry, selfs snags.
- As jy al iets anders as papier gebruik het vir toiletpapier.
- As jy padaanwysings na jou plaas gee en van landmerke gebruik maak in stede van padnommers.
- As jy diere besit wat in behuising bly wat meer kos as jou huis.
- As 50% van die klere wat jy besit van saad- en voerhandelaars kom.
- As familietroues en spesiale byeenkomste beplan word rondom plant en oestyd.
- As jou familie oombliklik stil word sodra die weervoorspelling op die radio aankom.
- As jy al die gratis pamflette ens. op die skoue vergader.
- As jy jou neef se begrafnis sal mis as dit op die eerste dag van die jagseisoen val.
- As jy glo dat die eerste dag van die jagseisoen ‘n publieke vakansiedag is.
- As jy nie jou tyd mors om die hond se gemors op die gras op te tel nie, want jy besef dit is plantvoeding.
- As jou hond weet om nie sy gemors op die gras in jou pad te maak nie.
- As jou oggend- en aandgebede altyd, sonder uitsondering, reën, beeste en kleinvee insluit.
- As jou ander voertuig ‘n Massey Ferguson is.
- As jy die verskil tussen ‘n bees en ‘n perd op ‘n afstand kan sien.
- As jou bakkie buite die dorp gaan staan en die nuus daarvan bereik die dorp voor jou.
- As jy nie groente by die negosiewinkel koop nie.
- As jy jou nie steur aan haarstyle nie as gevolg van die wind en die weer.
- As jy die plaaslike kooperasie se telefoonnommer op “Speed Dial” op jou selfoon het.
- As jy die verskil ken tussen groen en rooi plaasmasjienerie.
- As jy weet dat stroop ‘n werkwoord is.
- As jou huis ten minste een keer per jaar verander in ‘n vleisverwerkingsaanleg.
- As jy besef dat niks breek’proef’ is vir ‘n talentvolle breker nie.
- As jy besef dat depressie net woede sonder entoesiasme is.
- As jy besef dat slotsom die plek is waar jy te lui geraak het om verder te dink.
- As jy besef dat ondervinding iets is wat jy nie kry tot net nadat jy dit nodig gehad het nie.
- As jy ook beleef dat rekeninge baie vinniger deur die poskantoor afgelewer word as tjeks.
- As jy besef dat daar vir elke aksie ‘n gelyke maar teenoorgestelde regeringsprogram is.
- As jy beleef dat gemors iets is wat jy weggooi drie weke voordat jy dit nodig gaan hê.
- As jy weet dat solank jy die waarheid praat jy niks hoef te onthou nie.
- As jy besef dat goeie oordeel verkry word uit slegte ondervinding en dat baie daarvan veroorsaak word deur slegte oordeel.
- As jy besef dat daar twee teorieë is oor hoe om met vrouens te argumenteer, nie een van die twee werk nie.
En ten laaste
- As jy R 1 000 000,00 persent kry, sal jy aanhou om te boer. Jy sal anders boer, maar nogtans aanhou, want dit is wie en wat jy  is.


Klink dit bekend?

May 13, 2008

Dankie aan almal wat epos aan my gestuur het die afgelope jaar…..

 

Ek moet die een wat my daai ding oor die rottekak op die gom van koeverte gestuur het, bedank aangesien ek nou ‘n nat lappie gebruik om elke koevert nat te maak.

 

Ek vryf nou ook die bokant van elke blik deeglik blink voor ek dit oopmaak om dieselfde rede.

 

Ek het nie meer enige spaargeld oor nie want ek het dit vir ‘n siek meisie (Pennie Ferreira) gegee; wat nou al vir die 1 345 keer op sterwe in die hospitaal lê.

 

Ek het nie meer geld nie, maar dit gaan alles verander as ek daai R20 000 kry wat Bill Gates/Microsoft my gaan stuur omdat aan hulle epos veldtog deelgeneem het…..

 

of as daardie Nigeriese bankbestuurder wat skatryk geërf het daai R7 miljoen met my gaan deel sodra hy die geld kan kry om die fondse vry te stel.

 

Verder is ek nie meer bekommerd oor my sieleheil nie want ek het 200 472 engeltjies wat my oppas en moeder Maria gaan al my wense waar maak.

 

Ek gebruik nie meer kankerwekkende reukweerders nie al ruik ek soos ‘n vlakvark in ‘n moddergat op ‘n warm dag.

 

Danksy julle,

 

Het ek geleer dat my gebede slegs verhoor word as ek ‘n epos aan sewe van my vriende stuur en binne vyf minute ‘n wens, wens.

 

As gevolg van julle besorgdheid drink ek nie meer Coca-Cola nie omdat dit toiletvlekke kan verwyder en ontplof as jy dit met mentos meng.

 

Ek gaan ook nie meer vulstasie toe sonder om iemand saam te neem om seker te maak dat ‘n reeksmoordenaar nie agter in my agtersitplek in kruip terwyl ek nie kyk nie.

 

Ek gaan ook nie meer winkelsentrums toe nie want ek is bang iemand bedwelm my met ‘n spesiale parfuum en beroof my.

 

Ek antwoord ook nie meer my telefoon nie want ek is bang iemand gaan my vra om ‘n nommer te bel wat my sal deurskakel na Jamaika , Uganda , Singapoer of Uzbekistan .

 

Danksy julle gebruik ek ook niemand se toilet behalwe my eie nie want daar kan ‘n groot uitheemse spinnekop daar skuil wat my vleis kan laat verrot en my ‘n pynlike dood laat sterf as dit my byt.

 

As julle nie die epos aan ten minste 144 000 mense binne die volgende 70 minute aanstuur nie, sal ‘n groot duif met diarree op jou kop beland teen 5 uur vanmiddag en die vlooie van 12 brandsiekbrakke sal jou besmet en veroorsaak dat jy ‘n harige boggel op jou rug kry.

 

Ek weet dit sal gebeur want dit het inderwaarheid met ‘n vriend van my buurman se vorige skoonma se tweede man se niggie se haarkapper gebeur!

 

En terloops…’n Suid-Amerikaanse wetenskaplike het tydens ‘n uitvoerige studie bevind dat mense met ‘n lae IK en wat baie ongereeld seks het, lees altyd hulle epos met hulle hande op die muis.

 

Moenie moeite doen om dit nou af te haal nie, dis te laat!!! (hie-hie)