Dit was toe ‘n Fees!

Junie 30, 2008

Wow (!!!) wat kan mens se van die InniBos fees te Nelspruit. Waar begin mens? Kom ek vat dit so saam (in my onkunde) die kos en drank was baie duur. Die ingangsfooie per dag het gewissel vanaf R50 Donderdag, R60 Vrydag en R100 op Saterdag. Sondag se gedeelte was gratis. Vir die geld kry jy gratis vertonings op die verskillende verhoee. Daar is ook ‘n tyd rooster uitgedeel wanneer tree wie en waar op. (Wat op tyd was) So as jy moeite doen sien jy van die kunstenaars optree.

Kos en drank was duur. Goed kom ons kyk hoe dit duur regtig was:

  • Dubbel brandy (Wellington) en Coke R23
  • Kerrie en Rys R30
  • Afval (opskep grote in ‘n bakkie vir hotdogs) R46

Maar weereens ek het niemand gesien rondloop met ‘n geweer en dwing jou op te loop kos koop.

Kom ons kyk bietjie wat het daar gebeur:

Die fees terrein vanwaar ons inbeweeg het

  

Bietjie rondgeloop die en volgende gesien optree:

Hierdie manne van Ossewa-ville is nie lekker in die kop :) !!! Ek het my natuurlik dood gelag vir hulle. Doen moeite as hulle in jou omgewing kom.

) 

Broers bly maar ook in ‘n klas van hulleself:

 

Theuns ….. wel ek hou van hom. Al die kere wat mens hom genader het, was hy daar:

 

Dis Saterdag en die manne is ook daar:   

Toe die son sak toe begin dinge gebeur

BoneyM   

Maar dis ook ongelukkig so dat onse nasie baie vinnig vinger wys na onse boeties en sussies oor netheid, en die ergste as daar 10 nie-blankes was, was dit baie :

 

Die vraag wat iemand my vra Maandag op kantoor of ek weer sal gaan ….. VERSEKER !!!

 

 


InniBos te Nellies

Junie 26, 2008

As julle hier lees, is ek seker lankal op pad daar waar my hart en siel agtergebly het … Nelspruit.

Soos julle kennis dra, is dit die jaarlikse Innibos fees en soos die vorige jare glo en weet ek dat dit ‘n klinkende sukses sal wees. Ek en Marilee sal tuis gaan by vriende van ons, en dis so moeilik hoe se jy vir een ek gaan slaap by die ander een? Mens sou sweer hulle baklei om ons te sien! :)

Ek sien geweldig uit na die vertonings wat in die hoof arena aangebied word waar Saterdagaand seker die hoogte punt van die fees sal wees. O jaaaa onse Stevie tree op in die voorprogram van Boney M

Hi laat ek spring die motor is klaar gepak en Marilee het die lekkerste padkos gemaak. :)

Kyk watter ‘bekende’  loop ek raak en dan plaas ek foto’s spoedig


Hernu-lisensie?

Junie 23, 2008

TOETSBEAMPTE: Goed Jonas, kom ons toets jou algemene kennis. Jy ry teen ‘n afdraend af. Voor jou is ‘n ander vragmotor, wat jy wil verby  gaan. Wat doen jy?

 

JONAS: Is reg, Morena. Ek kyk hom die left mirror, die pad is skoon.  Ek kyk hom die right mirror, die pad is skoon. Ek slaan die  indicator, trap die petrol, kom buitekant, ek gaan verby.

 

TOETSBEAMPTE: Toe jy nou so besig is om verby te gaan, kom daar ‘n ander vragmotor van voor af. Wat doen jy ?

 

JONAS : Is nie mulatto nie, Morena. Weer ek check die left mirror, es skoon, kyk hom die right mirror, es skoon. Sit hom die  indicator to the left, vang bietie briek, dan steek ek die neus agter die ander lorry in   

                                                

TOETSBEAMPTE: Raait, maar toe jy nou in die spieel kyk, het ‘n ander Trok van agter die gaping toegemaak. Wat maak jy nou ?

 

JONAS: Dan maak ek mar Piet wakker.

 

TOETSBEAMPTE : Nou hoekom wil jy vir Piet wakker maak.

 

JONAS: Ou Morena, ek dink nie Piet hy het al so moerse ongeluk gasien nie.

 


Tinkle

Junie 19, 2008

A woman pregnant with triplets was walking down the street when a masked robber ran out of a bank and shot her three times in the stomach. Luckily the babies were OK. The surgeon decided to leave the bullets in because it was too risky to operate. She gave birth to two healthy daughters and a healthy son.

All was fine for 16 years, and then one daughter walked into the room in tears.

“What’s wrong?” asked the mother. “I was taking a tinkle and this bullet came out,” replied the daughter.

The mother told her it was okay and explained what happened 16 years ago About a week later the second daughter walked into the room in tears. “Mom, I was taking a tinkle and this bullet ! came out.”

Again the mother told her not to worry and explained what happened 16 years ago.

A week later her son walked into the room in tears. “It’s okay” said the Mom, “I know what happened You were taking a tinkle and a bullet came out.”

“No,” said the boy, “I was playing with myself and I shot the dog.”


How Did Xenophobia Start

Junie 18, 2008

A Nigerian, a Mozambican and a South African are sitting in a South African pub having a pint of beer.

 

The Nigerian grabs his beer, downs it, throws his glass into the air, Draws a handgun and shoots the glass in mid-air. He grins at the other two, puts the gun down on the bar and shouts: “In Nigeria we have so many glasses we never drink out of the same glass twice.”

 

The Mozambican then downs his beer, throws his glass into the air, Grabs the gun off the bar, shoots the glass, puts the gun back on the bar and says: “Heela, in Mozambique we have so much sand which makes glass really cheap, so we too, never drink out of the same glass twice.”

 

The South African finishes his beer, puts the glass down on the bar, picks up the gun, shoots both the Nigerian and Mozambican and says to the barman: “In South Africa we have so many Nigerians and Mozambicans that we never have to drink with the same ones twice.”


Dis hoekom ek nie blokkiesraaisels doen!

Junie 17, 2008

Die jong dominee sit op ‘n vliegtuig langs ‘n tannie en doen sy blokkiesraaisel.

“Skuus tog tannie,” sê die dominee “ek wil net seker maak van die een.” “Wat van ‘n vrou word soms as aantreklik beskou, maar as jy op verkeerde manier daarmee karring kan dit infeksie opdoen? Ses letters, eindig op _oesie.”

“O, dis maklik.” sê die tannie “Dit is ‘n moesie.”

Dominee: “Het tannie dalk ‘n uitveër?”


Hasie word ‘kwaad’

Junie 13, 2008

Da’ bo innie Bosveld stap hasie eendag so deurie gras en kom oppe borrel mampoer af wat innie son gelê het.

Hy vat ‘n paar slukke, ma’ ie witblits skop hom so lat hy net daar uitpaas. Jakkals kom verby, sien vir hasie ennie bottel, dog toe hy sal ook so sluk vat voor hy vir hasie eet.

Maar die warm mampoer kap hom ook om. So lê die twee nou daar toe hiëna verby kom, hy kon sy geluk nie glo nie en drink ook an ie bottel; selle storie, val net daar neer, uit-gepaas. Leeu kom toe op ie storie af, besluit hy eet nie aan jakkalse en hiëna’s nie, en daarby is die haas te klein om eers oor te worrie. Hy vat toe ma ‘n paar groot slukke en kort-voor-lank slaan hy ook neer. Met die begin hasie roer, sit regop met ‘n hewige hoofpyn.

Hy skud sy kop,trek sy ore reg en kyk toe so om hom.

Toe sien hy hoe lê leeu, jakkals en hiëna uitgepaas om hom.

Hy mompel: “Hel, smaak my mos ek raak aggressief as ek gesuip is!”


” … Flaffie oom”

Junie 12, 2008

Okayyy Rene ek sal jou bevele gehoorsaam en vertelle …..

Dis die jaar 1986 en ek loop los rond in Brits. Daardie jare werk ek nog vir Dikhilolo se hoofkantoor in Silverton en naweke is ek saam die bemarkers op Dikhilolo self. Julle wat daardie pad ken, weet dis grond pad en ek wil my motor altyd skoon he. Dis so dat as ek terug kom van die ‘plaas’, was ek my motor en oorkant die meenthuise woon die man wat by Firestone werk. As ek besig is buite, kom sit hy en gesels met my.

Eendag kom ek weer van die werk af, en daar sit ‘n meisie op die muur en hou die poedel hondjie was. Ek vra baie ewe ” …. en meisie vertel my wat is jou Flaffie se naam?”

… Flaffie oom!” antwoord sy heel beskeie …. oom dink ek, dit kan nie wees nie. Ek bedoel ek is maar 26jr, nie bles, nie magie, maar ek is reeds oom! So met die tyd vind ek uit haar pa is die man wat altyd met my gesels en ek weet hy werk vir Firestone, en my motor bande is hoeka klaar. Een middag skakel ek haar en  is dadelik verlief op daardie Kaap-se-bry!! Lang storie kort te maak sy vra haar pa of ek via hom kan bande koop en ja toe help hy my.

‘n Rukkie daarna kort ek ‘n braaier, want ek en my vriend het ingeskryf vir ‘n braai kompitisie te Dikhilolo en ons het nie ‘n braaier nie. Ons wil nie wen nie, ons wil net ‘n voorskoot en hoedjie ontvang dis al,  :) wat ons wel ook gekry het. Weer help die man oor die muur my. Maar, ek het elkekeer ‘n verskoning gesoek om haar te skakel met die flouste verskonings … net om daardie bry te hoor in haar stem.

Die jare het aan gestap en ons is getroud in 1991 … en ja ons is steeds bymekaar!

 


Viskoekies?

Junie 10, 2008

Die meisie bring haar nuwe kêrel vir die eerste keer huis toe vir ete.

 

Halfpad deur die maaltyd sê die jong man: “Hene tannie, dit is beslis die lekkerste viskoekies wat ek nog ooit geeet het.”

 

Met die pomp die meisie hom hard in die ribbekas met haar elmboog en fluister hard: “EET MET DIE ANDER HAND, DIS PAMPOENKOEKIES!”


Winkel vol?

Junie 9, 2008

Twee ouens in ‘n malhuis besluit om sommer daar in hulle saal winkel-winkel te speel. Die een ou sê hy sal die winkelier wees en die ander een kan die klant wees. Die klant kom staan by die toonbank.
Mal ou 1: “Staan agter die lyn! Die winkel is vol.”
Die ander ou gaan staan agter die lyn en stap stadig vorentoe na die kamtige toonbank.
Mal ou 1: “Moenie kom indruk nie! Staan agter die lyn! Die winkel is vol.”
Die ander ou gaan staan agter die lyn en stap stadig vorentoe na die kamtige toonbank.
Mal ou 1: “Moenie kom indruk nie! Staan agter die lyn! Die winkel is vol. As jy weer kom indruk gaan ek jou hard slaan!”
Die ander ou gaan staan agter die lyn en stap stadig vorentoe na die kamtige toonbank. Toe hy daar kom word hy plat teen die grond geslaan.
Mal ou 2: “Dokter! Dokter!”
Die dokter kom ingestorm, sak op sy knieë by hom neer en vra, “Wie het jou so geslaan.”
mal ou 2: “Ek het hom nie gesien nie dokter, die winkel was te vol.”