Dit was toe ‘n Fees!

Wow (!!!) wat kan mens se van die InniBos fees te Nelspruit. Waar begin mens? Kom ek vat dit so saam (in my onkunde) die kos en drank was baie duur. Die ingangsfooie per dag het gewissel vanaf R50 Donderdag, R60 Vrydag en R100 op Saterdag. Sondag se gedeelte was gratis. Vir die geld kry jy gratis vertonings op die verskillende verhoee. Daar is ook ‘n tyd rooster uitgedeel wanneer tree wie en waar op. (Wat op tyd was) So as jy moeite doen sien jy van die kunstenaars optree.

Kos en drank was duur. Goed kom ons kyk hoe dit duur regtig was:

  • Dubbel brandy (Wellington) en Coke R23
  • Kerrie en Rys R30
  • Afval (opskep grote in ‘n bakkie vir hotdogs) R46

Maar weereens ek het niemand gesien rondloop met ‘n geweer en dwing jou op te loop kos koop.

Kom ons kyk bietjie wat het daar gebeur:

Die fees terrein vanwaar ons inbeweeg het

  

Bietjie rondgeloop die en volgende gesien optree:

Hierdie manne van Ossewa-ville is nie lekker in die kop :) !!! Ek het my natuurlik dood gelag vir hulle. Doen moeite as hulle in jou omgewing kom.

) 

Broers bly maar ook in ‘n klas van hulleself:

 

Theuns ….. wel ek hou van hom. Al die kere wat mens hom genader het, was hy daar:

 

Dis Saterdag en die manne is ook daar:   

Toe die son sak toe begin dinge gebeur

BoneyM   

Maar dis ook ongelukkig so dat onse nasie baie vinnig vinger wys na onse boeties en sussies oor netheid, en die ergste as daar 10 nie-blankes was, was dit baie :

 

Die vraag wat iemand my vra Maandag op kantoor of ek weer sal gaan ….. VERSEKER !!!

 

 

10 Responses to “Dit was toe ‘n Fees!”

  1. Jaco Says:

    Dit lyk regtig of dit lekker was. Ek wens ek kon vir Lyfie saamneem op my trippie, want dan het ons verseker ook gaan inloer

  2. Dellie Says:

    Dit kan net lekker wees. Ons sal nog eendag daar uitkom. :wink:

    Bedoel jy DJ Ossewa? Ek het ‘n DVD van hulle, ek dink hulle is histeries snaaks! :lol:

  3. Wipneus! Says:

    Ek wens ek kon ook gaan. Dit lyk lekker!

  4. meermin Says:

    Dit lyk heerlik, dalk MOET ek ander jaar soontoe gaan, vroegtydig plek bespreek, ek is gaande oor Theuns die man mag maar sing!!

  5. Eben Says:

    Ja Dellie DJ Ossewa, hulle is regtig snaaks.

    Nouuuuu Wipneus maak plan vir volgende jaar. :)

  6. DGS Says:

    Brandy & Coke @ R23-00 = BARGAIN! Dink so daaraan - jy kon tweekeer meer drink as wat die ander kon eet, teen dieselfde prys! :lol:

  7. René Says:

    En ek het gedink die KKNK was duur!

    Ai *groooot sug* - ek is ‘n FEES groupie!! Kry mens pille daarvoor?

  8. rb Says:

    Het jy darem vir my ‘n verjaarsdag persent vir my dogtertjie gekry??? Jy het mos so ietsie genoem???
    Ek was ook so 3 jaar terug daar, maar saam met my ouers. So ongelukkig wou hulle vroeg loop, toe dit koud word, so ek het nie veel vertonings gesien nie.
    Ja, dit is my valley daai. Van st3 tot Matriek in Witrivier gebly.

  9. boendoe Says:

    Ai, dit lyk lekker, Ebie! Ek vermy altyd sulke feeste en goeters, maar dit lyk tog of dit baie lekker was. Moet my mindset bietjie verander!

  10. Bottertjie Says:

    Was Saterdagaand daar gewees saam vriende, was daar tot ou Stevie gesing het, moes toe gaan, want ons vriendin het amper by die paviljoen afgeval van dronkgeit. Het my doodgeskaam.

Leave a Reply