Almal wat my regtig ken, sal weet dat ek seker eerste in die ry gestaan het met die uitdeel van ’sin vir humor’. Sal sommer vir iets simpel lag tot ergenis van mense om my. Ek kan vinnig in enige gebeurtenis ‘n grappie insien, natuurlik tot ergernis van die vrou, wat ook in die meeste gevalle reg ook is.
Die saak staan so:
Toe ek Donderdagoggend in Nelspruit aankom, het ons so paar dinge gedoen en afgesit InniBos se fees terrein toe. Gie gie kon nie wag om my draaie te kry Castle Tent toe vir iets lekker koel oor die kleintongetjie. Nou my nefie (suster se seun) woon in Nelspruit en ek skakel hom en se hy moet gou saam my ‘n whisky kom drink. Eers skop hy vas en noem dat sy ander nefie toevallig 21jr word en hy wil dit loop bywoon. Ek oorreed hom en hy kom toe oor en ons kuier seker nie meer as 30min saam. Dit was ‘n kwessie van tyd toe gaan hy.
Vrydagaand loop ek hom weer daar raak en vra hoe was die party toe, en hy laat my eers sit en toe vertelle hy:
Daar aangekom by die betrokke plek, en al die vriende is daar, spreek die verjaarsdag maatjie sy wens vir die aand uit. Daar is 3 wense wat hy graag wil he hulle moet saam hom moet doen
- Vir hom sing.
- ‘n Groep foto te neem van almal saam hom.
- En saam hom ‘n lekker stukkie vla-koek te eet.
Okay die ander doen so daar word gesing, foto’s geneem en elkeen kry ‘n lekker stukkie koek om te eet. Na so rukkie se R (my nefie) vir sy vriendin hy voel nie wel nie en kan nie glo dat 2 whisky hom letterlik uit op sy voete het. En soos hy om hom kyk, is almal die ‘lekker’ nie. Wat toegebeur het die verjaarsdag nefie W het sonder dat iemand kennis dra Aapkak (dagga) fyn gemaal en in die koek gesit. Toe almal dit eet, toe is almal op ‘n stasie behalwe W.
Okayyyyyyyy vrou se sy draai sy nek om as dit met onse kind gebeur en ek stem saam, maar ek sien weer die humor in die
verhaaltjie!!!
July 2, 2008 at 9:28 am
Ek moet se, ek sou ook ‘n tantrum gegooi het as dit met een van my bloedjies gebeur het, maar ek sien darem ook die snaaks daarin!
July 3, 2008 at 1:42 pm
Dit is snaaks, niemand kan sty nie, maar ook heel onverantwoordelik!!! Maar o aarde ek wens ek was ‘n vlieg teen die muur!

July 3, 2008 at 7:09 pm
Ek sien ook die snaaks in hierdie aaptwak storie!! (Maar asseblief ook nie vir my kinders nie!!) ‘n Vriend het vir my vertel hierdie storie kan jou dodelik siek maak. Miskien het hulle te veel van die aaptwak in die vriend se verjaarsdag koek gegooi! Maar dit was hospitaal sake, die maag moes uitgepomp word. Gelukkig lewe hy nog en ons kan nou lekker daaroor lag.