Kan iemand ‘n golfkarretjie bestuur?

Ek sit gisteraand en lees die Beeld deur, en kom op die berig af waar die ANC Vrouliga een of ander vergadering in Bloemfontein gehad het. Na ek dit gelees het, begin ek net my kop in ongeloof te skud en te lag.

My seun vra nou op watter grappie ek weer afgekom het, nee se ek vir hom, lees die stukkie en vertel pa wat jy daarvan dink. Toe hy klaar is, noem hy ewe ” … jis hulle maak hulle naam gat!‘ Ja dis inderwaarheid ook so.

Wat dit kortliks behels, die lot vroue het in Bloemfontein loop konferensie hou en nuwe bestuurslede te kies. Eerste word 40 van hulle in die hospitaal op geneem weens voedselvergiftiging. Die persone wat die spyseniering gedoen word, word op die plek gefire en daar word daagliks vanaf KFC en Naddo’s hoender bestel. Ken jy deurmekaar spul?

Die spulletjie woon op die kampus, en om daardie groot lywe van punt A tot B te kry, en betyds, word hulle aangery per golfkarretjies (van alle dinge) en die bestuurders van die karretjies het nie ‘opleiding’ gekry en veroorsaak ongelukke en keer die karretjies om! Daar is tot iemand omgery ook. :lol:

Hemel dink ek by myself, die spul maak weereens onse naam gat in die oge van die wereld! Dis absoluut lagwekkend en die egste die mense wat die karretjies bestuur het, is vinnige terug op hul ‘werkloosheid status’  as wat hulle daar uit gekom het. :lol:

2 Responses to “Kan iemand ‘n golfkarretjie bestuur?”

  1. meermin Says:

    Ja nee die spulletjie maak hulle name omtrent gat!

  2. Pikkelik Says:

    Flop!!!! :evil:

Leave a Reply