Ek lees so oor die naweek op die internet, Rapport, Sondag en Sunday Times en iewers - kan nie onthou waar - lees ek jy kan aansoek doen vir jou Green Card in USA. In my agterkop het ek maar nog altyd die ding om my goed te neem en te waai na NZ of Aussieland. Maar dink so by myself, laat ek maar probeer vir die Green Card, wie weet.
Dinsdagoggend hier skakel iemand my uit New York en noem dat hulle my aansoek ontvang het, maar wil dit meer volledig invul. O ja dan is daar ook so ‘n soort bedraggie betaalbaar (R5000 plus/minus) ens ens. Ek noem dat ek eers met my vrou dit wil bespreek en nie blindens instap in ‘n ding, en hulle moet my skakel vandag.
Vanoggend ontvang ek weer ‘n oproep, of ek met my vrou gepraat het, ek noem dat ek nie regtig in detail ingegaan het nie, maar onse kop is eintlik NZ toe. Jaaaaa vertel die vrou en roep ook later haar afdelings hoof om met my te praat oor al die geleenthede in USA, maar dan waarborg hulle die Green Card ens ens. Hoe meer ek noem maar ek kan nie sommer telefonies daaroor besluit nie, hoe meer hoor ek dis ‘n geleentheid 1000, wat ek ook weet. Maar ek moet eenvoudig met die vrou hieroor praat.
Later wil hulle my kaart nommer he, ek se nee, want watter dokumente het ek om te skaaf? Ek kan nie sommer R5000 betaal vir laggies en grappies nie! Later het hulle my vrou op die anderlyn en hoor of sy nie die kaart nommer wil gee!! (my donner!!)
Nou kom die vraag op, het een van julle al met die mense tedoen gekry en is dit waar? Kan dit wees dat iemand jou waarborg dat jy ‘n GreenCard sal ontvang?
Posted by Eben