Ek lees so oor die naweek op die internet, Rapport, Sondag en Sunday Times en iewers - kan nie onthou waar - lees ek jy kan aansoek doen vir jou Green Card in USA. In my agterkop het ek maar nog altyd die ding om my goed te neem en te waai na NZ of Aussieland. Maar dink so by myself, laat ek maar probeer vir die Green Card, wie weet.
Dinsdagoggend hier skakel iemand my uit New York en noem dat hulle my aansoek ontvang het, maar wil dit meer volledig invul. O ja dan is daar ook so ‘n soort bedraggie betaalbaar (R5000 plus/minus) ens ens. Ek noem dat ek eers met my vrou dit wil bespreek en nie blindens instap in ‘n ding, en hulle moet my skakel vandag.
Vanoggend ontvang ek weer ‘n oproep, of ek met my vrou gepraat het, ek noem dat ek nie regtig in detail ingegaan het nie, maar onse kop is eintlik NZ toe. Jaaaaa vertel die vrou en roep ook later haar afdelings hoof om met my te praat oor al die geleenthede in USA, maar dan waarborg hulle die Green Card ens ens. Hoe meer ek noem maar ek kan nie sommer telefonies daaroor besluit nie, hoe meer hoor ek dis ‘n geleentheid 1000, wat ek ook weet. Maar ek moet eenvoudig met die vrou hieroor praat.
Later wil hulle my kaart nommer he, ek se nee, want watter dokumente het ek om te skaaf? Ek kan nie sommer R5000 betaal vir laggies en grappies nie! Later het hulle my vrou op die anderlyn en hoor of sy nie die kaart nommer wil gee!! (my donner!!)
Nou kom die vraag op, het een van julle al met die mense tedoen gekry en is dit waar? Kan dit wees dat iemand jou waarborg dat jy ‘n GreenCard sal ontvang?
July 9, 2008 at 4:38 pm
Bly weg! Daar is geen manier dat die mense jou aansoek kan beinvloed nie. Die lotery word deur die Amerikaanse Regering gedoen. Jy kan gaan oplees op enige Amerikaanse Ambassad web blad. Dit is verniet, vry en gratis. Hulle verduidelik baie mooi wat jy moet en hoe. So ek hoopnie jy het al die geld betaal nie.
July 9, 2008 at 7:42 pm
Dankie vir die tip Rustig!! Nee ek het niks betaal nie, want iets was net nie reg nie. Hulle het letterlik my probeer in ‘n hoek druk om te betaal, anders verval my ‘aansoek’. sou ek ook nie deur hulle gaan nie, plaas hulle my naam op ‘n lys, waar ek nie weer sal kan aansoek doen nie.
Aggggg my planne is NZ of Aussieland toe in die eerste plek. Maar daar is soveel wat bespreek moet word en besluit te word. Thanks ek waardeer
July 10, 2008 at 9:53 am
Ek het my aansoek ingedien vir Kanada. Die enigste probleem met Kanada is dat dit ‘n lang wag is. Oz en NZ is baie gou. 12 maande op die langste. Hoe langer mens uitstel hoe moeiliker word dit. Gelukkig is ek darem al tot in Ierland gevorder.
July 10, 2008 at 10:42 am
Ebie, jy is getag!
http://delliesedinge.wordpress.com/2008/07/10/wat-ek-wou-en-wat-ek-is/
July 10, 2008 at 6:37 pm
Wie wil Amerika toe gaan as jy Qatar toe kan
July 11, 2008 at 10:23 am
Ja Eben bly weg van hierdie spesefieke ouens af. Hulle ry jou bloots tot by Oom Daantjie. Jy gaan ook sien hulle probeer jou kort kort kontak!!