Okay, huiswerk vanaf Dellie!!
Van dat ek my verstand het, wou ek ‘n veearts word. Ek het in Brits groot geword en daardie jare was daar Dr Ronnie de la Rey die plaaslike veearts. Daardie dae kan ek onthou dat die veeartse en dr’s na jou huis toe gekom vir besoeke ens. Ons was ook huis vriende met oom Ronnie en as klein seuntjie het ek altyd hom bewonder hoe hy met diere werk.
Daar het ek besluit ek wil ook soos oom Ronnie wees. Ek wil diere gesond maak en reg dokter. Toe ek egter op hoerskool kom, draai my kop hier in std 9 se kant na Regte toe. Gedink ek sal die donners ‘n les leer as hulle verkeerd opgetree het. Dit het sover gegaan, toe ek in matriek kom, en agter kom my vakke is nie reggekies vir regte, het ek in Std 10 van skool verander om die regte vakke ook te kies.
Na skool weermag toe, en na my 2 jaar, begin werk in die bankwese en toe ek my oge uitvee is ek steeds in die finansieele rigting. Ek geniet my werk, en is bevoorreg dat ek nooit so kantoorverbonde was dat ek net op kantoor moes bly. Die oorgrote gedeelte was maar altyd in die landbou sektor, waar mens so bietjie meer vryheid het as my mede kollegas in die stedelike gebiede.
As ek so om my luister en hoor dat die en daardie een B.Com gaan/wil studeer, dan wonder ek of die persoon regtig weet wat wag op haar/hom om dae in en uit in ‘n kantoor vasgevang te wees. (asb ek het niks teen iemand wat ‘n Rekenmeester of Finansiele Bestuurder is, inteendeel dis my beroep ook) Ek het ook baie keer vir Marilee genoem, ek wonder of ek nie van beroep moet verander, net om meer ‘buite’ te kan leef.
Jammer die ‘ouderdom’ is teen my, anders so ek dit steeds sterk oorweeg het om veearts te word.
Posted by Eben