Wat ek wou en wat ek is!!

Okay, huiswerk vanaf Dellie!!

Van dat ek my verstand het, wou ek ‘n veearts word. Ek het in Brits groot geword en daardie jare was daar Dr Ronnie de la Rey die plaaslike veearts. Daardie dae kan ek onthou dat die veeartse en dr’s na jou huis toe gekom vir besoeke ens. Ons was ook huis vriende met oom Ronnie en as klein seuntjie het ek altyd hom bewonder hoe hy met diere werk.

Daar het ek besluit ek wil ook soos oom Ronnie wees. Ek wil diere gesond maak en reg dokter. Toe ek egter op hoerskool kom, draai my kop hier in std 9 se kant na Regte toe. Gedink ek sal die donners ‘n les leer as hulle verkeerd opgetree het. Dit het sover gegaan, toe ek in matriek kom, en agter kom my vakke is nie reggekies vir regte, het ek in Std 10 van skool verander om die regte vakke ook te kies.

Na skool weermag toe, en na my 2 jaar, begin werk in die bankwese en toe ek my oge uitvee is ek steeds in die finansieele rigting. Ek geniet my werk, en is bevoorreg dat ek nooit so kantoorverbonde was dat ek net op kantoor moes bly. Die oorgrote gedeelte was maar altyd in die landbou sektor, waar mens so bietjie meer vryheid het as my mede kollegas in die stedelike gebiede.

As ek so om my luister en hoor dat die en daardie een B.Com gaan/wil studeer, dan wonder ek of die persoon regtig weet wat wag op haar/hom om dae in en uit in ‘n kantoor vasgevang te wees. (asb ek het niks teen iemand wat ‘n Rekenmeester of Finansiele Bestuurder is, inteendeel dis my beroep ook) Ek het ook baie keer vir Marilee genoem, ek wonder of ek nie van beroep moet verander, net om meer ‘buite’ te kan leef.

Jammer die ‘ouderdom’ is teen my, anders so ek dit steeds sterk oorweeg het om veearts te word.

3 Responses to “Wat ek wou en wat ek is!!”

  1. Wipneus! Says:

    Ek sal ook nie daarvan hou om heeldag in ‘n kantoor te sit nie.

  2. sonneblomseplekkie Says:

    Ek sit wel heeldag in my eie kantoor…maar die verskil is, dat as ek lus het om langs die dam te gaan sit doen ek dit sonder dat ek iemand hoef te se of vra of smeek vir tydjie af. Ek sal nie sommer weer regkom om vir iemand anders te moet werk nie….ek is te selfsugtig met my tyd
    Lekker naweek Eben…
    Sonneblom

  3. Dellie Says:

    Dankie vir jou moeite met die huiswerk. 10 uit 10!

    Dis jammer jy het nie jou droom verwesenlik nie, maar jy het darem ‘n baie groot liefde vir diere oorgehou. En hoekom dink jy dit is te laat? Jy is darem nog nie ‘n museumstuk nie, of hoe? As jy enigsins kan, sal ek sê GO vir daai droom Ebie, dis nooit te laat nie!

    En syfers is soms willer as diere, of hoe? :wink:

Leave a Reply