Trots?

July 12, 2008

In die aande as die vrou gaan skuins le, dan sit ek en Steyn en ons gesels ons geselsies. Nou so aand of wat terug sit ons ek kyk TV na die Craven Week Rugby en kyk toevallig na die Limpopo-Blou Bulle se wedstryd en hy hak af:

…… Dad, weet ek is trots om te se ek is ‘n Vossie (Hoerskool Ben Voster), ek is trots om te se ek bly op die plaas en ek is trots om te se ek is Steyn Pretorius, maar Dad ek is nie trots om te se ek is van Suid Afrika!”

My liewe aarde … waar val jy uit seun, wonder ek. Maar kom ons gesels daaroor. Dit kom neer absoluut op al die korrupsie, misdaad ens wat hom op sy jeudige ouderdom pla.

Nou wonder ek, is ek trots op my land??