Trots?

In die aande as die vrou gaan skuins le, dan sit ek en Steyn en ons gesels ons geselsies. Nou so aand of wat terug sit ons ek kyk TV na die Craven Week Rugby en kyk toevallig na die Limpopo-Blou Bulle se wedstryd en hy hak af:

…… Dad, weet ek is trots om te se ek is ‘n Vossie (Hoerskool Ben Voster), ek is trots om te se ek bly op die plaas en ek is trots om te se ek is Steyn Pretorius, maar Dad ek is nie trots om te se ek is van Suid Afrika!”

My liewe aarde … waar val jy uit seun, wonder ek. Maar kom ons gesels daaroor. Dit kom neer absoluut op al die korrupsie, misdaad ens wat hom op sy jeudige ouderdom pla.

Nou wonder ek, is ek trots op my land??

6 Responses to “Trots?”

  1. krista Says:

    Nee, ek is nie. Ek is ook skaam om te sê dat ek ‘n SA’ner is. EK doen my deel om te help, maar o gonna, dis nie naastenby genoeg om ‘n verandering te maak nie!

  2. Wipneus! Says:

    Hi Eben, ek is baie, baie lief vir my land, maar ai!! die trots het met tyd baie minder geword. Deesdae gebeur daar dinge soos Krista sê wat mens skaam maak!!

  3. Roer Says:

    Nee.

  4. Rustig Says:

    Uit die mond vandie suigeling! Nog seker net die mense van Orania wat nog trots is en die rede is dat hulle woon in “feetjieland”.

  5. Dellie Says:

    Trots om Afrikaans te wees, ja. Trots op SA? Nee, ek kry skaam. :oops:

  6. Suzanne Says:

    Ek is nog trots op my land, trots op te se ek bly in Suid-Afrika…

Leave a Reply