Dit is Saterdag en op die Kaapse Parade is die tafels propvol en dit koop en verkoop vir die vale.
Van iewers af dreun ‘n prediker se waarskuwende stem oor die omstanders se koppe:
“Djulle moet djulle bekier! Djulle moet djulle se verkeerdigheide lat staan! En as djulle nie wil lyster nie, sal djulle hel toe gan! En die hel, sê ek vir djulle, is ‘n vrieslike plek. Die Woord sê daar sal ‘n geween wees en ‘n gekners van tanne!”
Iemand lag en die prediker kyk stip in sy rigting.
“En djy met die hasbek dar annerkant - die manne wat nie tanne hetie, vir djulle sal tanne ge-supplaai word! Maar kners sal djulle kners!”
Posted by Eben