Tanne kners?

Dit is Saterdag en op die Kaapse Parade is die tafels propvol en dit koop en verkoop vir die vale.

Van iewers af dreun ‘n prediker se waarskuwende stem oor die omstanders se koppe:

“Djulle moet djulle bekier! Djulle moet djulle se verkeerdigheide lat staan! En as djulle nie wil lyster nie, sal djulle hel toe gan! En die hel, sê ek vir djulle, is ‘n vrieslike plek. Die Woord sê daar sal ‘n geween wees en ‘n gekners van tanne!”

Iemand lag en die prediker kyk stip in sy rigting.

“En djy met die hasbek dar annerkant - die manne wat nie tanne hetie, vir djulle sal tanne ge-supplaai word! Maar kners sal djulle kners!”

6 Responses to “Tanne kners?”

  1. Dellie Says:

    Whahaha! Ek lief jou jokes! :lol:

  2. Die Brein Says:

    Howzit Eben

    Is jy nog met ons.Ja met ander woorde kak sal julle kak.

    Lekker dag daar op die plaas.

  3. Emil Says:

    Dit is soos in Suid Afrika: kners sal ons kners, en kak sal ons kak.

  4. Wipneus! Says:

    Whahaha!!! dis goed! :lol:

  5. Bottertjie Says:

    Hie, hie! Uhm (maak keelskoon) ek het nou eers met die 2de keer se lees die grappie gevang (bloos bloos)!

  6. Roer Says:

    Ag pragtig. Ek’s mal oor onse Capies.

Leave a Reply