Waar’s Wollie julle?

September 29, 2008

‘n Jong meisie is genooi vir aandete by haar nuwe kêrel se ouers sodat hulle mekaar kan ontmoet en haar senuwees kriewel maar so effens. Met die intrap slag kom sy agter dat liefie se ouers nie heeltemal ten gunste van die verhouding is nie en dit maak haar nog meer gespanne.

 

Aandete word bedien en die lot gaan sit aan tafel en kort voor lank kom sy agter dat haar maag grom en borrel juis omdat haar senuwees so op hol is en die blomkool en broccoli bredie maak dinge nog erger.

 

Ten spyte van ‘n moedige poging om die poep in te hou glip ‘n dowwe “poef” uit. Niks ernstigs nie, maar hard genoeg vir almal aan tafel om te hoor. Nog voordat sy kan bloos, om verskoning vra of begin skaam kry sê liefie se pa met ‘n ernstige stem “Wollie!” vir die poedel wat onder haar stoel lê en slaap wat haar vreeslik verlig laat.

 

Kort voor lank voel sy die kompressie weer opbou en sonder om twee keer  te dink laat los sy die poep, net soos om ‘n arend weer vry te laat na gevangenskap, wat die tafel laat vibreer. Met nog ‘n ernstiger en kwaai stem skel pa weer “Wollie!” en sy moet haar beteul om nie sommer uit te bars van die lag nie.

 

Met hierdie klas vryheid en ‘n poedel wat elke keer die skuld kry laat sy haar poepol blom met die volgende poep. ‘n Oordonderende gedreun en   geween en gekners van tande wat die kristal kandelaar laat sidder en trillings in die wynglase veroorsaak.

 

Baie vererg slaan pa met sy vuis op die tafel: “FOKKIT WOLLIE!!!!  Kom onder daai stoel uit voor sy jou bekak!”


My kat is siek en help!!

September 26, 2008

In die middae na werk, is ons so groepie van 8-10 mense wat so paar km stap. Nie te ver, hier in die omgewing van 3 – 8km, afhangend hoe ons ‘voel’. Op die sekere roete loop ons oor ‘n laagwater bruggie (spruit).

Vrou hoor katjies maaiu en die ore is dadelik gespits. Ons stop natuurlik en merk op daar is 2 klein katjies wat tussen die varings speel. Daar is geen huis naby, daar is geen ‘ma-kat’ niks nie, net die 2 klein katjies. Ons het dadelike die een katjie gevang gekry en die volgende dag die ander ene’tjie.

En so beland die wilde katjie in ons huis houding. Wat dadelik opmerkend is dat sy nie bang vir ons honde. Sy het nie gereageer as ‘n wilde dier en dadelik aan jou begin ’skuur’.

Maarrrrrrrrrrrrr so dag og drie gelede begin sy soos spoegies in die mond vorm en daar is borreltjies in. Amper soos ‘n babatjie s’n. Ons het so bietjie rond gevra en die een persoon noem dat dit dalk ‘wurms’ is. Vrou is toe gister (Donderdag) na die plaaslike veearts toe en die gaan die katjie ‘n ontwurmings pil in. Later die middag bel vrou, daar is groot fout met die kat. Sy le net en lyk baie ‘af’. Dit word soms so erg dat die katjie agteroor trek en sommer pie-pie as die skuim uitkom, wat ‘n teken is van pyn.

Ek skakel die betrokke veearts en hy noem ons moet die kat gou terug neem. Na ‘n ondersoek word genoem die kat het ‘n lekkende hart en dis hoekom sy so maak. Ons kan haar later terug bring as dit erger word en dan sal hy ongelukkig uitgesit moet word. Ek het later ‘n mede kollega se dogter geskakel wat ook betrokke is by veearts-en-snykund en sy noem dat die moontlikheid daar is dat die betrokke pil ‘n allegie veroorsaak en die kat dat siek word daarvan.

Vanoggend 04h10 is almal weer op en ons gaan haal die katjie en toe is die spring lewendig en speel die wereld vol. So is ek 06h00 werk toe, net om ‘n oproep te ontvang die katjie is weer ‘pap’ en trek agter oor en daar kom weer spoeg uit haar mond. Ons vrees is dat die moontlik hartkrampe kan wees. Is dit beter om haar te laat uitsit ons verdere leiding te verhoed?

My beskeie vraag is, het jy dit al beleef?

Update: 29/09/08

Ons toe Vrydagoggend die katjie ingeneem vir verdere waarneming en 2de opinie, en daar is later besluit Vrydagmiddag om haar maar uit te sit. Ai ai ai my arme vrou!! Soos sy vir my se, honde hou by ons, maar om een of ander rede hou katte nie. Of hulle gaan dood, of hulle word gesteel of hulle verdwyn net. Maar dis waar … dit was die regte ding om te doen!!


Sal jy ‘n slang red?

September 22, 2008

Ek kry die e-pos van my goeie vriend Anton wat ‘n luislang gered het. Dis in onse wereld – Tzaneen – gebeur. Met sy toestelling plaas ek sy e-pos asook foto’s:

Hallo Eben,

 

Gister oppad Duiwelskloof toe ry ek oor die tweelingbrug by Tzaneen dam. Daar was ‘n paar munisipale padwerkers besig met werk op die brug. Ek sien toe ek by die brug aankom hoe een van die werkers ‘n luislang met ‘n koevoet steek. Ek stop toe onmiddellik en konfronteer die mense( jaag hulle eintlik dat hulle nie hul draaie kry nie). Die klomp poepholle het geen idée dat dit ‘n beskermde spesie is nie, en gee eintlik ook nie ‘n donner om nie. Ek bel toe vir Kobus, my vriend, wat gelukkig in die dorp is om my te kom help om die slang te red. Later vind ons uit daar is twee slange.

Ek bel die SPCA, Natuurbewaring en almal waaraan ek kan dink om te kom help. Ellie van die SPCA het opgedaag en ook handjie bygesit. Die beseerde slang is na die veearts gevat en die ander een is op Westfalia vrygelaat.

Ek het vanoggend verneem die beseerde slang is oppad na Onderstepoort vir behandeling.

Ek is ongelukkig nie op een van die fotos nie weens my fotografiese pligte.

 

WHAT AN EXPERIENCE!!!

 

 

Wel, wel ek weet nie wat ek sou gedoen het? Gewoontlik is ek die een wat ook skree dood-dood gie adder!! Want my Bybel se mos die slang se kop sal verbruisel word … of verstaan ek verkeerd?


Hoe goed is ons Paralimpiese Atlete?

September 17, 2008

Ek het ‘n sagte plekkie vir gestremde mense. Maak nie saak wat jou gebrek is, maar ek voel vir jou. Met my bure se seun wat gestem is, as ek aanvanklik baie versigtig om teveel toenadering te soek, maar watter verrassing vir my, of is dit skok? Daar gaan nie ‘n middag verby dat hy nie vir my waai as hy my sien, en as ek uit die motor klim “ .. hallo oom Eben, lekker dag gehad!”  Ai ai ai ek kan so min gee waarmee hy tevrede is, maar hy kan my so baie gee.

Met die Paralimpiese spele tans aan die gang, kan ek nie wag vir 19h00 (Nuus) om te kyk wat het ons gedoen. Inteendeel as ek na werk in die huis in stap is my eerste woorde aan my seun “ …. En toe wat het jy gehoor van Natalie, Oscar en die ander manne en doedies?”  Ek is trots op hulle.

Ek noem vanoggend aan my mede kollega ek wens ek het die voorreg gehad om elkeen persoonlik te ontmoet en net ‘n drukkie te gee. Welgedaan julle! Dis julle wat maak dat mens weer trots is. Dan wonder mens hoekom kry hulle so min blootstelling op TV? O jaaaa gaan Absa hulle ook vergoed, of gaan dit oor velkleur. Kom ons hou Absa dop!

Ek word tot in my skoene geruk toe ek gister in Beeld lees wat ‘n sekere Dr Ross Tucker  te se het oor die gestremde-mense. Volgens die berig is Tucker ‘n sportwetenskaplike. Hy reken ons maak ‘n te groot ophef van die mense en dis agv die nie gestemdes te terleurstelende deelname vroeer.  Ook reken hy ons is nie so goed as wat die media dit alles opblaas. My eerlike en hoogs beskeie kommetaar op die berig is “ … Dr Tucker fok jou, nee jy verstaan nie, nie een maal nie maar 3 maal, jou @#$%”

As hy soveel kennis so bleik te he, hoekom is hy nie daar vir ons nie-gestemdes en as hy daar is, hoekom vaar hulle so sleg? Seker omdat hy julle kak raad gee!! Hoekom die afbrekende kommetaar gee, om gat te kruip vir die sous trein? Waar ek volkome met hom saam stem, is dat SA se span oor 20 jr nie meer die mas opkom as die ander lande Paralimpiese spele meer ernstiger opneem. Wel dan het ons regering, en mense soos Tucker se afbrekende kommetaar,  ook elkgeval die sport ook opgehel soos hulle tans besig is met ons nie-gestemde sport lui. Nee wat, wat Tucker weet van gestremde sport maak my bang, want dit grens aan f@kkol!! Want as hy iets geweet het, sou hy nie sulke uitlatings gemaak het.

So asb Tucker hou by jou les en los die gestemde atlete uit. Dis reeds moeilik vir hulle en om alles te oorbrug en te kan deelneem is in my oge fantasties. Onthou hulle neem deel op meriete en nie soos ons nie-gestremde atlete en rugby spellers oor velkleur. Aan al die gestemde atlete, maak nie saak waar jy geeindig het, eerste, tweede of laaste, in my oge is jy altyd eerste.   Daardie absolute vasberadenheid op hulle gesigte om te presteer is wonderlik. Weet net om deel te neem, hetsy plaaslik of oorsee, jy is WOW!!!

Aan alle gestremde atlete/mense  “EK SALUEER JOU!”


Hoe gee jy ‘n katjie en hondjie pille in?

September 12, 2008

1. Plaas jou katjie in die buig van jou arm asof jy ‘n klein baba vashou.

Sit jou regter wysvinger en duim aan beide kant van sy snoetjie en oefen versigtig druk uit, terwyl jy die pil in die ander hand gereed hou.

Sodra jou katjie sy bekkie oop maak, gooi die pil in en gee die katjie die geleentheid om dit af te sluk.

2. Soek die pil op die vloer en gaan haal die katjie agter die bank uit.

Plaas die katjie weer in die ronding van jou arm en herhaal die proses.

3. Gaan haal die blêrrie kat uit die slaapkamer en gooi die nat pil in die drom.

4. Neem ‘n nuwe pil uit die dosie, plaas weer die kat in jou arm, terwyl jy beide voorpote stewig vashou. Forseer sy kake oop en druk die pil binne in sy mond met jou regter wysvinger. Hou die kat se bek vir ten minste 10 tellings toe.

5. Haal die pil uit die visdam met die klein netjie en gaan haal die mal kat bo van die kas af. Roep nou jou maat uit die tuin uit om jou te kom help.

6. Kniel op die vloer en dwing die kat tussen jou knieë vas, neem sy pootjies in ‘n baie stewige greep, ignoreer die harde gegrom. Laat jou maat die kat se kop ferm vashou en dwing sy bek oop met ‘n hout liniaal.

Gooi die pil via die liniaal in sy bek in en vryf jou kat se keel om sy slukproses aan te moedig.

7. Haal die befokte kat van die gordyn-reling af en neem nog ‘n pil uit die dosie uit. Maak ‘n aantekening om ‘n nuwe liniaal te koop en ook om die gordyne te laat regmaak. Vee die stukke glas en keramiek van die beeldjies en potte op sodat jy dit later kan weggooi.

8. Draai die blasende kat in ‘n groot handdoek toe en laat jou maat bo-op die kat lê of sit, sodat net die kat se kop uitsteek onder jou armholte.

Suig die pil met ‘n strooitjie op en forseer die blêrrie kat se bek oop. Blaas die pil, deur die strooitjie, in die kat se keel af.

9. Lees die pamflet deur, om te sien of die pille skadeloos vir mense is en drink ‘n koue bier om die smaak uit jou mond uit te kry.

Ontsmet jou maat se arm, sit salf op die wond en draai ‘n verband om.

Verwyder die bloedvlekke van die vloer.

10. Gaan haal die f**n kat uit die buurman se garage, neem nog n pilletjie uit die boks en drink nog n bier. Sit jou kat in die klerekas sodat net sy kop uitsteek. Forseer sy bek oop en skiet die pil met ‘n kettie in sy keel af.

11. Gaan haal die skroewedraaier uit die garage en hang die kasdeur terug op sy skaniere. Soek die whisky bottel, neem n groot sluk en ontsmet die krapmerke op jou wange. Maak seker of jou tetanus-inspuiting nog geldig is.
Gooi jou stukkende trui in die drom en gaan trek ‘n ou overall aan.

12 Bel die brandweer om die satan-helskat uit die boom uit te kom haal. Vra jou buurman om verskoning vir die taalgebruik en neem die laaste pil uit die dosie.

13. “Tape” beide voorvoete van die tierkat aan mekaar vas met duct tape.

Bind hom stewig aan die poot van die eetkamer-tafel vas met ‘n stuk ankertou.

Trek jou welding-gloves aan, druk die pil in ‘n stukkie vleis en gooi n groot glas vol water. Hou die klein wetter se kop agteroor, gooi die vleis in, gevolg deur die hele glas water, hou sy bek toe vir 5 minute.

14. Neem die bottle whisky en drink hom leeg. Vra jou maat om jou, so gou moontlik, by Ongevalle te kry, want jy word al lighoofdig van die bloedverlies. Laat hulle jou vingers en voor-arm vas werk en die laaste pil uit jou oog uit verwyder. Bel onderweg vir Hyperama om ‘n nuwe eetkamer-tafel te bestel.

15. Bel ook die SPCA om te reël dat hulle die gemuteerde satanskind van ‘n helkat kom haal en stop by die Petshop om te vra of hulle nie dalk klein hamsters het nie.


HOE OM ‘n HOND ‘n PIL TE GEE
:

Draai dit in ‘n stukkie ham toe.


Kom vlieg saam

September 9, 2008

Die passasiers op ‘n SAL vlug van Bloemfontein na George sit al reg om  te vertrek as die kaptein en mede-vlieenier  aan boord kom. Albei het donkerbrille aan, die een stap met ‘n gidshond en die ander gebruik ‘n wit stok om sy pad te vind. Sommige van die passasiers giggel senuagtig want dis sekerlik ‘n grap.

 Die motore word aangesit, die vliegtuig kom in beweging, begin spoed optel op die aanloopbaan, maar styg nie op nie. Intussen kom die einde van die aanloopbaan al hoe nader en nader, en die passasiers begin onrustig rond te kyk. Die vliegtuig beweeg vinniger en vinniger, amper aan die einde van die aanloopbaan, en ‘n handvol passasiers begin gil en skree en huil, tot die vliegtuig se neus lig en ‘n paar meter voor die einde van die  aanloopbaan begin opstyg.

 ’n Paar passasiers sug van verligting, ‘n paar ander lyk skaam oor hoe hulle op die skrikwekkende grappie gereageer het, en wanneer die eerste drankies bedien word vergeet almal van die insident.

 In die vlugkajuit voel-voel die kaptein sy pad na die knoppie gemerk “Automatic Pilot”, druk dit, en sit terug in sy stoel. “Weet jy,” sê hy aan die mede-vlieenier. “Eendag gaan die bliksems te laat begin gil,dan k@k ons almal!”


Gazebo opslaan

September 4, 2008

Ons het elke maand ‘n personeel vergadering waar al ons mense bymekaar kom, en dan word daar onderandere welkom gesê aan die nuwe mense en totsiens aan die mense wat ons verlaat. Ook word daar deur die maand ‘n werker van die maand gekies wat wegloop met so kontant bedraggie en ‘n wissel trofee. Na alles word daar lekker saam gekuier en dan maak ons lekker laggies en grappies (Soos my ou groot maat op Komatipoort sou sê)

Nou verlede Vrydag was dit weer sulke tyd, maar die tema was Lenteloop. Al die personeel en hul gesin – vrou/man en kinders – kon deelneem. Daar was twee roetes, 4 km en ‘n 8 km. Logies moet daar waterpunte (4) wees waar die mense kon water en die sterkes onder ons ‘n spierverslappertjie kry.  Ongelukkig kon ek nie stap, omdat ek so paar jaar gelede my tendron (reggespel?) afgehardloop het. Dus is dit ook ‘in the mind’ dat ek bang is ek beseer my hak weer en dan as ek teveel en te ver loop, dan het ek die volgende dag so bietjie gout aan die voet :mrgreen:

Nou by ons waterpunt moes ons ‘n Gazebo opslaan. Want wie wil in die son sit en kuier en wag vir die deelnemers om verby te kom. Ek reken ek moet ook na myself omsien. En dis nou hier waar die probleem inkom. Gazebo opslaan, finaal as dit ook nie joune is, is nie jou maat. Eers word al die pype uitgegooi en size by size bymekaar geplaas. Nie dat dit sou help nie, maar die mense sê jy moet so ‘maak’.  Dit was ‘n gepas hier en ‘n gepas daar, maar niks wou pas. Dis amper soos daardie plaas-boer wat op die strand kom en die eerste keer die Gazebo moet opslaan. In die begin is dit ‘my liefie’ hier en ‘my liefie’ daar tot die geduld bietjie minder word, dan begin die mense op mekaar skree en vloek   :mrgreen:

Na alles en een moeviese gesukkel, en dis sagtens gestel, is die toe opgeslaan, en ek het nog een pyp oor. Drie van die vier pote kan ingehak word, maar die vierde poot wou nie in hak. Toe trek ons dit sommer vas met ‘n table-tie! Ek reken dis net vir die middag J, en wie wil ontspan in die son! Ek weet mens kry die nuwe ‘modelle’ waar jy dit net oopmaak dan is alles sommer klaar daar.

Nou het jy ook al gesukkel op die strand, waar almal vir jou kyk, om ‘n Gazebo op te slaan?


Geluk jy wen!

September 3, 2008

Hier naby die plaas is daar so klein plekkie waar ons die brood nodige kan koop. Dis nou so Friendly supermark(ie), daar’s ‘n klein bottelstoor en dan ook petrol. O jaaaa ‘n poskantoortjie en plek waar jy Lotto ook kan uitneem :lol:

Nou die anderdag kom ek weer by Tarentaal Rand (soos dit genoem word) en met die terug klim kom die kleurling vrou/meisie na my en vra of sy my ‘n paar vrae kan vra vir een of ander stats ens. Dis sommer simpel vragies soos of ek ‘n tjek boek het, is ek getroud ens. Dan ook vir die telefoon/sel nommer. Fout 1!!

Nou Vrydagmiddag ontvang ek die sms wat se GELUK ek het ‘n prys gewen! Kyk, pryse wen bestaan nie in Eben se woordeskat. NEVER!! Ek is nie so gelukkige mens nie. :mrgreen: Ek los dit daar en skakel nie die nommer nie. Saterdag-oggend ontvang ek weer so boodskap en ek noem aan vrou laat ek tog net skakel en hoor. Daar noem die persoon ek het die en die bootreis gewen of alternatief ‘n 5dae/4nagte by een van hulle 184 vakansie oorde. Maar ek moet asb my ID en tjekboek saam bring Maandag na die en die plek in Tzaneen dan gee hulle my die prys.

Saterdagmiddag na die rugby, gesels ek en die kennis van my en ek vertelle hulle van die ‘gelukkie’. Nee vertel die ou vir my, die mense bemark tyddeel en/of een of ander punte stelsel. Jy eers koop en dan kry jy die prys. Toe maak alles vir my sin.

Maandagoggend skakel daar ‘n vrou net om te bevestig of ek wel kom die aand. Ek noem aan haar ek kom, maar ek bring my tjekboek asook ID maar kan nie die promosie bywoon nie, want ek het reeds ‘n ander afspraak. Toe is die hierna toe en daarna toe. Op die einde noem ek aan haar dat ek nie ‘n jong bobbejaan is, maar ‘n oue. Ek ken die treiks in die lewe van bemarking. As jy so vir mense lieg en bedrieg, dan hardloop jou naam jou vooruit. Mens wil nie met sulke mense te doen he! Cheers en sit die foon neer.

Nou … en jy al so ‘prysie gewen?”