Geluk jy wen!

Hier naby die plaas is daar so klein plekkie waar ons die brood nodige kan koop. Dis nou so Friendly supermark(ie), daar’s ‘n klein bottelstoor en dan ook petrol. O jaaaa ‘n poskantoortjie en plek waar jy Lotto ook kan uitneem :lol:

Nou die anderdag kom ek weer by Tarentaal Rand (soos dit genoem word) en met die terug klim kom die kleurling vrou/meisie na my en vra of sy my ‘n paar vrae kan vra vir een of ander stats ens. Dis sommer simpel vragies soos of ek ‘n tjek boek het, is ek getroud ens. Dan ook vir die telefoon/sel nommer. Fout 1!!

Nou Vrydagmiddag ontvang ek die sms wat se GELUK ek het ‘n prys gewen! Kyk, pryse wen bestaan nie in Eben se woordeskat. NEVER!! Ek is nie so gelukkige mens nie. :mrgreen: Ek los dit daar en skakel nie die nommer nie. Saterdag-oggend ontvang ek weer so boodskap en ek noem aan vrou laat ek tog net skakel en hoor. Daar noem die persoon ek het die en die bootreis gewen of alternatief ‘n 5dae/4nagte by een van hulle 184 vakansie oorde. Maar ek moet asb my ID en tjekboek saam bring Maandag na die en die plek in Tzaneen dan gee hulle my die prys.

Saterdagmiddag na die rugby, gesels ek en die kennis van my en ek vertelle hulle van die ‘gelukkie’. Nee vertel die ou vir my, die mense bemark tyddeel en/of een of ander punte stelsel. Jy eers koop en dan kry jy die prys. Toe maak alles vir my sin.

Maandagoggend skakel daar ‘n vrou net om te bevestig of ek wel kom die aand. Ek noem aan haar ek kom, maar ek bring my tjekboek asook ID maar kan nie die promosie bywoon nie, want ek het reeds ‘n ander afspraak. Toe is die hierna toe en daarna toe. Op die einde noem ek aan haar dat ek nie ‘n jong bobbejaan is, maar ‘n oue. Ek ken die treiks in die lewe van bemarking. As jy so vir mense lieg en bedrieg, dan hardloop jou naam jou vooruit. Mens wil nie met sulke mense te doen he! Cheers en sit die foon neer.

Nou … en jy al so ‘prysie gewen?”

5 Responses to “Geluk jy wen!”

  1. Dellie Says:

    Ek is nou al mooi getrain om daai ouens af te sit. As hulle eers begin met “goeie more mevrou, en hoe gaan dit vandag?” dan weet ek dis weer ‘n holiday “give-away”, want voornemende studente praat nie so met my nie! Ek gee hulle nie eers meer kans om die rympie af te rammel nie, ek sê sommer dadelik “kom ons mors nie mekaar se tyd nie. Ek stel nie belang nie. Totsiens.” en sit die foon neer.

  2. boendoe Says:

    Genade, Dellie, jy IS ferm! :lol: Ek luister maar ordentlik na die hele relaas en dan voel ek nog skuldig as ek lieg om nie by die ontmoetingplek uit te kom nie.

  3. Tersia Says:

    Sodra ek agterkom dis een van daai tipe oproepe, maak ek of ek hulle nie hoor nie! Hallo…. hallo…. hallo, ek kan jou gladnie hoor nie of…… ek is besig om te bestuur en kan nie nou praat nie! Mens leer vinnig! Hulle bel almal ook van ‘n private nommer af!

  4. meermin Says:

    Hierdie soort van pryse wen het gewoonlik ‘n prys wat jy moet betaal!! Die dat ek my foon nie antwoord as dit PRIVATE NUMBER is nie!!

  5. Suzanne Says:

    Ek was ook al so gevang toe ek onnoseler was. Ek het op my dag so ding bygewoon, dis laaaaaaank sit en min kry daaruit. As jy die mense se jy stel nei belang om iets te koop nie, is hulle heel verontwaardig en kanni dink hoeko is jy so stupid en hoeko mors jy hulle tyd dan so nie!!

    Behalwe die telefoonoproepe, loop ma lig vir die mense wat jou op straat voorkeer om so klein vormpie in te vul, daar wil hulle gewoonlik net so 3 of 4 goed weet, o.a. maandelikse inkomste groep, het jy dstv, het jy tjekrek en wat is jou telnr. Net dag of 3 later bel iemand om te se jy het prys gewen en waaaaaaaar het hulle jou nommer gekry???? Op daai vormpie!

Leave a Reply