Kom vlieg saam

September 9, 2008

Die passasiers op ‘n SAL vlug van Bloemfontein na George sit al reg om  te vertrek as die kaptein en mede-vlieenier  aan boord kom. Albei het donkerbrille aan, die een stap met ‘n gidshond en die ander gebruik ‘n wit stok om sy pad te vind. Sommige van die passasiers giggel senuagtig want dis sekerlik ‘n grap.

 Die motore word aangesit, die vliegtuig kom in beweging, begin spoed optel op die aanloopbaan, maar styg nie op nie. Intussen kom die einde van die aanloopbaan al hoe nader en nader, en die passasiers begin onrustig rond te kyk. Die vliegtuig beweeg vinniger en vinniger, amper aan die einde van die aanloopbaan, en ‘n handvol passasiers begin gil en skree en huil, tot die vliegtuig se neus lig en ‘n paar meter voor die einde van die  aanloopbaan begin opstyg.

 ’n Paar passasiers sug van verligting, ‘n paar ander lyk skaam oor hoe hulle op die skrikwekkende grappie gereageer het, en wanneer die eerste drankies bedien word vergeet almal van die insident.

 In die vlugkajuit voel-voel die kaptein sy pad na die knoppie gemerk “Automatic Pilot”, druk dit, en sit terug in sy stoel. “Weet jy,” sê hy aan die mede-vlieenier. “Eendag gaan die bliksems te laat begin gil,dan k@k ons almal!”