Die passasiers op ‘n SAL vlug van Bloemfontein na George sit al reg om te vertrek as die kaptein en mede-vlieenier aan boord kom. Albei het donkerbrille aan, die een stap met ‘n gidshond en die ander gebruik ‘n wit stok om sy pad te vind. Sommige van die passasiers giggel senuagtig want dis sekerlik ‘n grap.
Die motore word aangesit, die vliegtuig kom in beweging, begin spoed optel op die aanloopbaan, maar styg nie op nie. Intussen kom die einde van die aanloopbaan al hoe nader en nader, en die passasiers begin onrustig rond te kyk. Die vliegtuig beweeg vinniger en vinniger, amper aan die einde van die aanloopbaan, en ‘n handvol passasiers begin gil en skree en huil, tot die vliegtuig se neus lig en ‘n paar meter voor die einde van die aanloopbaan begin opstyg.
’n Paar passasiers sug van verligting, ‘n paar ander lyk skaam oor hoe hulle op die skrikwekkende grappie gereageer het, en wanneer die eerste drankies bedien word vergeet almal van die insident.
In die vlugkajuit voel-voel die kaptein sy pad na die knoppie gemerk “Automatic Pilot”, druk dit, en sit terug in sy stoel. “Weet jy,” sê hy aan die mede-vlieenier. “Eendag gaan die bliksems te laat begin gil,dan k@k ons almal!”

September 10, 2008 at 11:35 vm |
O Bliksem! ‘n Blinde vlieenier? Behoede my! Bring die tequila! 1 Tequila…FLOOR!
September 10, 2008 at 1:06 nm |
Spaar my dit! Nee wat vlieg julle maar, ek sal maar net hier onder op moederaarde bly met my twee voete vas op die grond!!
September 10, 2008 at 1:28 nm |
Jy weet ek vlieg volgende week….
Moenie met sulke stories begin nie!
September 10, 2008 at 4:32 nm |
Weet jy hoekom blinde mense nie skydive nie? Dit onstel hulle honde…
September 12, 2008 at 8:27 vm |
Hi Eben, ek het jou raak gelees daar by Dellie.
Ek sien jy’s van Tzaneen. Ek het ook ‘n jaar of twee terug daar gebly. My beste vriendin is nou nog daar. Bly en werk op Letaba (LCP). Haar naam is Denise. Ken jy haar? Dit sal nou snaaks wees dat ons mekaar so raakloop.
As ek jou post so lees klink dinge vir my baie bekend. Veral die “plaas” dinge. Mis dit vreeslik. Laat weet maar.
Lekker dag.
September 12, 2008 at 9:17 vm |
Thanx vir die e-mail Eben.
September 12, 2008 at 12:49 nm |
Geen probleem Koekie en welkom hier. Ek sal eendag van Denise ‘n foto plaas waar ons almal grappies en laggies op die plaas maak!!