Hoe goed is ons Paralimpiese Atlete?

Ek het ‘n sagte plekkie vir gestremde mense. Maak nie saak wat jou gebrek is, maar ek voel vir jou. Met my bure se seun wat gestem is, as ek aanvanklik baie versigtig om teveel toenadering te soek, maar watter verrassing vir my, of is dit skok? Daar gaan nie ‘n middag verby dat hy nie vir my waai as hy my sien, en as ek uit die motor klim “ .. hallo oom Eben, lekker dag gehad!”  Ai ai ai ek kan so min gee waarmee hy tevrede is, maar hy kan my so baie gee.

Met die Paralimpiese spele tans aan die gang, kan ek nie wag vir 19h00 (Nuus) om te kyk wat het ons gedoen. Inteendeel as ek na werk in die huis in stap is my eerste woorde aan my seun “ …. En toe wat het jy gehoor van Natalie, Oscar en die ander manne en doedies?”  Ek is trots op hulle.

Ek noem vanoggend aan my mede kollega ek wens ek het die voorreg gehad om elkeen persoonlik te ontmoet en net ‘n drukkie te gee. Welgedaan julle! Dis julle wat maak dat mens weer trots is. Dan wonder mens hoekom kry hulle so min blootstelling op TV? O jaaaa gaan Absa hulle ook vergoed, of gaan dit oor velkleur. Kom ons hou Absa dop!

Ek word tot in my skoene geruk toe ek gister in Beeld lees wat ‘n sekere Dr Ross Tucker  te se het oor die gestremde-mense. Volgens die berig is Tucker ‘n sportwetenskaplike. Hy reken ons maak ‘n te groot ophef van die mense en dis agv die nie gestemdes te terleurstelende deelname vroeer.  Ook reken hy ons is nie so goed as wat die media dit alles opblaas. My eerlike en hoogs beskeie kommetaar op die berig is “ … Dr Tucker fok jou, nee jy verstaan nie, nie een maal nie maar 3 maal, jou @#$%”

As hy soveel kennis so bleik te he, hoekom is hy nie daar vir ons nie-gestemdes en as hy daar is, hoekom vaar hulle so sleg? Seker omdat hy julle kak raad gee!! Hoekom die afbrekende kommetaar gee, om gat te kruip vir die sous trein? Waar ek volkome met hom saam stem, is dat SA se span oor 20 jr nie meer die mas opkom as die ander lande Paralimpiese spele meer ernstiger opneem. Wel dan het ons regering, en mense soos Tucker se afbrekende kommetaar,  ook elkgeval die sport ook opgehel soos hulle tans besig is met ons nie-gestemde sport lui. Nee wat, wat Tucker weet van gestremde sport maak my bang, want dit grens aan f@kkol!! Want as hy iets geweet het, sou hy nie sulke uitlatings gemaak het.

So asb Tucker hou by jou les en los die gestemde atlete uit. Dis reeds moeilik vir hulle en om alles te oorbrug en te kan deelneem is in my oge fantasties. Onthou hulle neem deel op meriete en nie soos ons nie-gestremde atlete en rugby spellers oor velkleur. Aan al die gestemde atlete, maak nie saak waar jy geeindig het, eerste, tweede of laaste, in my oge is jy altyd eerste.   Daardie absolute vasberadenheid op hulle gesigte om te presteer is wonderlik. Weet net om deel te neem, hetsy plaaslik of oorsee, jy is WOW!!!

Aan alle gestremde atlete/mense  “EK SALUEER JOU!”

9 Responses to “Hoe goed is ons Paralimpiese Atlete?”

  1. Kokkewiet Says:

    Ek SALUEER OOK!!!!!

    Goeie post en ek stem 100% saam met alles wat jy sê. Ek voel ook so oor gestremdes – hulle is vir ons almal ‘n voorbeeld van hoe mens die lewe ten volle LEEF!!!

  2. Dellie Says:

    Ebie, ek staan ook op aandag vir al hierdie atlete. Hulle bewys vir my dat ek moet ophou kla oor die klein dingetjies, en dankbaar wees vir wat ek het. Ek het soveel respek vir hulle vir dit wat hulle bereik – ek meen, hulle het net eenvoudig besluit dat hulle lewe nie hier gaan eindig nie, en dat hulle nie simpatie nodig het van enige iemand nie. Hulle het besluit dat hulle die ding kan doen, en dit bewys. Dit het respek nodig.

  3. Roer Says:

    Ek kan net my kop skud vir hierdie aap, Tucker. You go Ama Krokkies!

  4. boendoe Says:

    Hoor, hoor! Ou Oscartjie is my all time favourite! So mooie jong man! :wink:

  5. Amanda Says:

    My hart het elke keer amper uit my borskas uitgeswel van trots op ons krokkies! Hulle het ons nou wragtag trots gemaak.

    Goed opgesom Eben! Tucker se @#%$

  6. Carina Says:

    Baie goed opgesom. Ek stem heelhartig met jou saam. Ons kan maar net hoop dat hulle nie sal toelaat dat hulle tweede viool speel nie. Ek dink die verskil kom in by gestremde atlete se attitude, dit is vir hulle ‘n helse eer om net te kan deelneem. ‘n Medalje is ‘n bonus.

  7. Koekie Says:

    Stem heeltemal saam met jou Eben.

    Ek is erg trots op ons para atlete. Ek kry elke keer hoendervleis as Oscar hardloop, hy’s ‘n ware “held”, vir ons kinders en grootmense. Ag jis, al die ander atlete ook. Hulle almal verdien ons respek. :wink:

    Ek stem Carina, dis hulle attitude wat ‘n verskil maak.

  8. meermin Says:

    EKKE SALUEER OOK!!!!

  9. cebella Says:

    Ek het destyds met blinde krieketspelers te doen gehad en besonder baie respek vir hulle gekry. Een van hulle – ‘n deels gesiggestremde man – het aan die vorige spele deel geneem en silwer huis toe gebring! Dis nogal sad dat daar nie meer oor hulle prestasies berig word nie

Leave a Reply