Sal jy ‘n slang red?

Ek kry die e-pos van my goeie vriend Anton wat ‘n luislang gered het. Dis in onse wereld – Tzaneen – gebeur. Met sy toestelling plaas ek sy e-pos asook foto’s:

Hallo Eben,

 

Gister oppad Duiwelskloof toe ry ek oor die tweelingbrug by Tzaneen dam. Daar was ‘n paar munisipale padwerkers besig met werk op die brug. Ek sien toe ek by die brug aankom hoe een van die werkers ‘n luislang met ‘n koevoet steek. Ek stop toe onmiddellik en konfronteer die mense( jaag hulle eintlik dat hulle nie hul draaie kry nie). Die klomp poepholle het geen idée dat dit ‘n beskermde spesie is nie, en gee eintlik ook nie ‘n donner om nie. Ek bel toe vir Kobus, my vriend, wat gelukkig in die dorp is om my te kom help om die slang te red. Later vind ons uit daar is twee slange.

Ek bel die SPCA, Natuurbewaring en almal waaraan ek kan dink om te kom help. Ellie van die SPCA het opgedaag en ook handjie bygesit. Die beseerde slang is na die veearts gevat en die ander een is op Westfalia vrygelaat.

Ek het vanoggend verneem die beseerde slang is oppad na Onderstepoort vir behandeling.

Ek is ongelukkig nie op een van die fotos nie weens my fotografiese pligte.

 

WHAT AN EXPERIENCE!!!

 

 

Wel, wel ek weet nie wat ek sou gedoen het? Gewoontlik is ek die een wat ook skree dood-dood gie adder!! Want my Bybel se mos die slang se kop sal verbruisel word … of verstaan ek verkeerd?

4 Responses to “Sal jy ‘n slang red?”

  1. Dellie Says:

    Ek is all for saving wildlife – solank iemand anders net die slange red! :mrgreen:

  2. Amelia Says:

    Enige slang in Suid-Afrika sal ek help red, maar die slange in Mosambiek vermorsel ek (of my man sal hulle vermorsel terwyl ek gil) so vinnig as wat ek kan!

  3. Roer Says:

    Ek’s met Dellie op hierdie een. :lol:

  4. boendoe Says:

    Oi, Bruce het my nou al so gebreinspoel, ek raak ook vies as ek hoor mense maak slange dood! Gelukkig is hierdie arme ding gered. (en deur iemand anders, want ek sal my bene stompies hol!)

Leave a Reply