‘n Jong meisie is genooi vir aandete by haar nuwe kêrel se ouers sodat hulle mekaar kan ontmoet en haar senuwees kriewel maar so effens. Met die intrap slag kom sy agter dat liefie se ouers nie heeltemal ten gunste van die verhouding is nie en dit maak haar nog meer gespanne.
Aandete word bedien en die lot gaan sit aan tafel en kort voor lank kom sy agter dat haar maag grom en borrel juis omdat haar senuwees so op hol is en die blomkool en broccoli bredie maak dinge nog erger.
Ten spyte van ‘n moedige poging om die poep in te hou glip ‘n dowwe “poef” uit. Niks ernstigs nie, maar hard genoeg vir almal aan tafel om te hoor. Nog voordat sy kan bloos, om verskoning vra of begin skaam kry sê liefie se pa met ‘n ernstige stem “Wollie!” vir die poedel wat onder haar stoel lê en slaap wat haar vreeslik verlig laat.
Kort voor lank voel sy die kompressie weer opbou en sonder om twee keer te dink laat los sy die poep, net soos om ‘n arend weer vry te laat na gevangenskap, wat die tafel laat vibreer. Met nog ‘n ernstiger en kwaai stem skel pa weer “Wollie!” en sy moet haar beteul om nie sommer uit te bars van die lag nie.
Met hierdie klas vryheid en ‘n poedel wat elke keer die skuld kry laat sy haar poepol blom met die volgende poep. ‘n Oordonderende gedreun en geween en gekners van tande wat die kristal kandelaar laat sidder en trillings in die wynglase veroorsaak.
Baie vererg slaan pa met sy vuis op die tafel: “FOKKIT WOLLIE!!!! Kom onder daai stoel uit voor sy jou bekak!”
Bygedra deur Eben 