“Hoekom het jy die miljoen rand gesteel?”
“Ek was honger!”
So lui ‘n stokou grappie waaroor middeljariges van vandag destyds in hulle kindertyd gelag het – min vermoedend dat hierdie situasie nog in hulle leeftyd ‘n werklikheid sou word.
Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was.
Laat ons dus maar vandag oor ‘n paar sake reguit praat:
· ‘n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie – jy steel omdat jy skelm is.
· Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie.
· Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer- uitgehonger, hartseer en verpletter. Maar hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdukkers, goed kon versorg.
· Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie.
· Hulle het hard geleer, hulle eie CNO-skole gestig en uiteindelik bo uitgekom sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese, tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.
· ‘n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou nie tederlik genoeg behandel nie – ‘n mens moor omdat jy ‘n barbaar is wat nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.
· Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers absoluut geen regte gehad het nie en moes hulle gesinne met minder as ‘n hongerloon probeer onderhou. Maar hulle het nie X-AntiVirus: checked by AntiVir MailGuard (Version: 8.0.0.18; AVE: 8.1.1.28; VDF: 7.0.6.158) bejaardes gaan doodmartel en gesinne uitgemoor nie.
· ‘n Mens word nie ‘n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou doen nie. ‘n Mens word ‘n agterblyer omdat jy nie presteer nie. Niemand het die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie – ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal.
· En elke ding wat ons het, het ons verwerf – apartheid het nooit plase en poste en posisies aan die Afrikaner uitgedeel nie.
As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enige vordering nie, is dit dalk ‘n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer jouself in die voorspoed in.
En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.
Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself ‘n toekoms los te spook.
Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie.

Oktober 5, 2008 at 1:31 nm |
Preach it brother! Ek stem 90% saam met jou.
Boer het ‘n interessante stuk geskryf oor ons ou volkie. As jy belangstel: http://boerinballingskap.wordpress.com/2008/10/02/die-strewe-en-sterwe-van-n-volk-n-retrospektief-op-die-afrikaner/
Oktober 5, 2008 at 4:19 nm |
Hoor hoor! Eben as ons net die ou volkie kan kry om nie so slegte selfbeeld te he^ nie sal dinge dalk al beter gaan.
Oktober 6, 2008 at 7:18 vm |
HOOR HOOR!! STEM SAAM MET JOU!!!
Oktober 6, 2008 at 9:37 vm |
Stem 100% saam Eben.
Oktober 6, 2008 at 10:49 vm |
Net so!
Oktober 6, 2008 at 11:37 vm |
Stem volkome saam, maar ek dink dinge is nou effens anders as na die depressie. Toe die destydse volk onderdruk was, het hulle wapens opgeneem en baklei totdat hulle vryheid gekry het. Die hedendaagse volk sal-,kan-,wil nie sover gaan nie. Ek inkluis. Verder moet ook in ag geneem word dat ons mag deur wetgewing ontneem word. Ja, mens kan jou eie besigheid begin en ‘n sukses maak -ek praat uit ondervinding. Maar wees gewaarsku, want sodra jou besigheid begin groei word jy wetlik verplig om sogenaamde regstellende personeel aan te stel, en dan aan die BEE riglyne te voldoen. Dis moeilik genoeg om ‘n oorlaaide donkie ‘n steil bult op te lei, om die donkie dan te kniehalter en onnodig te slaan maak dit fietlik onmootlik om tot bo uit te kom.
Oktober 6, 2008 at 2:00 nm |
Amen, broer!
Oktober 10, 2008 at 10:16 vm |
Ek stem 100% saam!!!
Oktober 13, 2008 at 9:00 vm |
[...] Eben [...]