Wiskunde het ook verander

Oktober 15, 2008

* Wiskunde 1980

‘n Boer verkoop ‘n bakkievrag vol brandhout vir R100. Sy produksie-koste is 4/5 van die prys.

Wat is sy profyt?

 

* Wiskunde 1985:

‘n Boer verkoop ‘n bakkievrag vol brandhout vir R100. Sy uitgawes is 4/5 van die bedrag, of R80. 

Wat is sy profyt?

 

* Wiskunde 1990

‘n Boer verkoop ‘n bakkievrag vol brandhout vir R100. Sy uitgawes is R80.

Het hy ‘n profyt gemaak? 

 

* Wiskunde 1995

‘n Boer verkoop ‘n bakkievrag vol brandhout vir R100. Sy uitgawes is  R80 en sy profyt is R20.

Opdrag: Onderstreep die syfer 20.

 

* Wiskunde 2006

‘n Boer kap ‘n pragtige woud af sodat hy ‘n profyt van R20 kan maak.  Voordat hy dit egter kan verkoop, word hy geskiet en sy bakkie gekaap. Die kaper verkoop die hout vir R50 en die boer se bakkie vir R800 en maak dus ‘n wins van slegs R850. 

Opdrag: Verduidelik hoekom dit Apartheid se skuld is.