Wiskunde het ook verander

* Wiskunde 1980

‘n Boer verkoop ‘n bakkievrag vol brandhout vir R100. Sy produksie-koste is 4/5 van die prys.

Wat is sy profyt?

 

* Wiskunde 1985:

‘n Boer verkoop ‘n bakkievrag vol brandhout vir R100. Sy uitgawes is 4/5 van die bedrag, of R80. 

Wat is sy profyt?

 

* Wiskunde 1990

‘n Boer verkoop ‘n bakkievrag vol brandhout vir R100. Sy uitgawes is R80.

Het hy ‘n profyt gemaak? 

 

* Wiskunde 1995

‘n Boer verkoop ‘n bakkievrag vol brandhout vir R100. Sy uitgawes is  R80 en sy profyt is R20.

Opdrag: Onderstreep die syfer 20.

 

* Wiskunde 2006

‘n Boer kap ‘n pragtige woud af sodat hy ‘n profyt van R20 kan maak.  Voordat hy dit egter kan verkoop, word hy geskiet en sy bakkie gekaap. Die kaper verkoop die hout vir R50 en die boer se bakkie vir R800 en maak dus ‘n wins van slegs R850. 

Opdrag: Verduidelik hoekom dit Apartheid se skuld is. 

8 Responses to “Wiskunde het ook verander”

  1. Koekie Says:

    :lol: Baie snaaks!!

    Jy moenie praat van wiskunde nie. Het gistraand we my alie afgesukkel met gr.5 wisk. Moes my man se Oom in Pta bel om te help. Eish :oops:

  2. boendoe Says:

    Whahahaha! :lol: Jy praat die waarheid, Eben!

  3. Dellie Says:

    Dis apartheid se skuld omdat dit die Swartwoud was… ? :mrgreen:

  4. meermin Says:

    Het nie ‘n optelmasjientjie in my brein nie, ekke kan nie optel, aftrek, maal of deel nie!

    Het wisk met ‘n onderskeiding gedruip!!!!!!!!!!!!!!

  5. Roer Says:

    Omdat die comrades so se^ en klaar.

  6. RF Says:

    Moenie lag vir die ding nie! Dis waarmee ons rerig in skole moet opgeskeep sit. Ons kry nou departimentele werksopdragte. Die goed se naam is GTA`s. Hulle vra die domste vrae! En dan moet ons eksamen skryf hieroor! P.S: Ek`s 15

  7. Eendjie Says:

    :grin: :grin: Goeie een!

  8. Tersia Says:

    Ha ha ha, die kinders kry regtig snaakse vrae!! Jy moet van die hoerskool seuns se antwoorde sien! Hulle kan skerp wees!

Leave a Reply