Vandag is ’n groot dag in my seun Steyn se lewe. Hy is ‘n volle 14jr oud. Dit voel soos gister toe hy gebore is om 17h15 in Brits. Intussen het daar soveel water in die see geloop en tog het hy net vreugde en liefde in onse lewe gebring. Nooit het ons dit nodig om hom met die ‘dood’ te dreig nie. Hy is gehoorsaam en absoluut sy ouers se lewe.
Steyn, baie geluk my ou groot Boesman. Ek weet, jy weet, dat ons jou baie lief het. Jy het soveel om te bied vir hulle daar buite. Ek weet, dit is hulle verlies as hulle paaie nie met joune kruis in jou lewenspad.
Dankie vir jou sin vir humor, soos oom Dewetta altyd se ‘Gaan groot Steyn of gaan dood’ en het jy nie reeds ‘groot gegaan’ in jou lewe. Jou liefde vir die natuur en jou mede mens, jou omgee vir almal om jou. As dit jou beurt is om te bid in die aande hoe jy altyd met elke gebed die Here vra om vir hulle daar buite, op straat, ’n bord kos te voorsien. Wys jou die karakter wat reeds gevorm is.
Geniet jou dag my liefling …….




Bygedra deur Eben 