Ek het die ontvang en glo baie het dit ook gelees. Dit bly vir my skreeu snaaks!! (Thanks Eric!)
Ja, rerig, ek is moeg. Vir 20 jaar al blameer ek dit al op ouderdom, vuil bloed, te min vitamines, lugbesoedeling, sinusitis, oorgewig, dieëte, stink armholtes, geel was in my ore, die osoonlaag wat ‘n gat in het, babbalaas, te veel seks, te min seks, aambeie , my skoonma, belasting, my baas en nog ‘n dosyn ander dinge wat my breins laat kook en my naar maak.
Maar nou het ek dit uitgewerk waar die bottelnek is:
Ek is so moeg omdat ek so hard werk.
Luister net ‘n bietjie hierna. Die bevolking van hierdie land is 55 miljoen mense. Van hierdie lot is 25 miljoen suurstof diewe wat klaar afgetree het en by hul huise sit en niks doen nie. Dit Los net 30 miljoen oor om al die werk te doen. Maar dis nog niks nie !!
Onthou nou dat 19 miljoen nog op skool sit (of besig is om dit af te brand). Dit laat ‘n skamele 11 miljoen oor om al die werk te doen. Hiervan is 2 miljoen sonder werk, – party is boemelaars en party net te lui om ‘n werk te soek. Dan is daar nog 4 miljoen wat vir die staatsdiens “werk”. Kan jy glo dat daar so ‘n groot klomp slegte suurstofdiewe is? In elk geval, dit Los net 5 miljoen arme siele oor om al die werk te doen.
Dan is daar nog 1 miljoen wat iewers in die buiteland rond ploeter (om hul self te “vind” of besig om vir die gereg weg te hol). In elk geval, dit Los 4 miljoen oor om al die werk te doen. Maar van die lot is daar nog 3 miljoen wat vir die munisipaliteite “werk”, wat ons nou net 1 miljoen oorlaat, om alles te doen.
Maar dis ook nog niks nie, want nou is daar nog 620,000 siek, lam en vol-strooi-blikskottels wat in die hospitale rondsit.. Die ergste is die 379,998 kriminele wat in tronke sit en niks doen nie.
As jy kan Somme doen, sal jy agterkom dat dit net twee arme siele oorlaat om al die werk te doen.
Ek en jy !!!
En jy is besig om lekker te sit en lag terwyl jy die gemors sit en lees !
Dan is dit MOS geen wonder dat ek so moeg is nie man !!!
Bygedra deur Eben 