hoe kuier jy op ‘n Vrydagaand?

Oktober 24, 2008

Dis so dat ons so 30-35km van die naaste dorp woon. Vir vermaak naweke is dit nie ‘n goeie idee om dorp toe te ry, en dan weer terug met al die gevare om ons. Huidig is ons baie gelukkig om in so omgewing te woon waar misdaad tot die uiterste beperk is. Die kinders speel buite tot laat, loop swembad toe en swem tot wie weet watter tyd en dan die rond ry op hul 4 wielmotorfietse sonder beperking.

Nou hier op die plaas het ons ’soort van n klub’ waar ons almal Vrydae aande bymekaar kom en net sommer sit en kuier. Ek weet sommige mense sal noem ‘not te hel’, almal gesels werk, maar dis nie so! As hulle jou vang gesels of iets noem van die werk, dan is dit straf dop tyd. En glo my dis nie lekkerrrrr nie!! :lol:

Net om te wys ons maak die grappies, kan dit so iets wees!!

   

Dan is dit eers ‘n kop krap oor al die strawe wat voorle :lol:

 

Daarna is ons almal vol grappies en laggies !! (ne Dewetta?)

Ons sorg ook vir die kinders. Magies vol …. dan moet hulle slapies!!