Ek was BLOU en jy??

Oktober 27, 2008

Daar word toe besluit om by die kennis/vriend te loop rugby kyk. Die oorspronklike plan A was Komatipoort toe na my ou groot maat Dewetta, maar weens omstandighede en die feit dat vrou in Nelspruit vandag moes wees was dit nie moontlik. Maar nie te min, ons is na die vriende toe en Donderdag besluit ek mos, alles moet blou.

Ek skakel ons plaaslike slagter en vra ek verlang my stukkie wors en steak nie minders as blou!! So gese, so gedoen en alle sblou. Op pad terug koop ek sommer blou kleursel en tot die doopsousie word verkleur asook my wiskey water :lol: Natuurlik tot groot vermaak. Hier is so paar foto’s van al die grappies en laggies!!

    

Die moeilikheid het hier gebeur …

    

Agggg wat, volgende jaar maak ons weer grappies!!


Jok jy ook soms vir ‘n grappie?

Oktober 27, 2008

Kyk ek het die vermoee om soms ‘baie baie nonsens’ te praat. Soms as ek sien die betrokke persoon hang aan my lippe, wel dan las ek eers stertjies aan, tot groot vermaak later.

Kyk diere en ek is soos julle seker weet wat hier gereeld kuier, is groot maats. (ne Roertjie?) Nou destyds toe ek in Mozambique gewoon het, en naweke huis toe kom, kry ek die versoek om vir Steyn ‘n BLOU Loverbird te probeer kry en saam bring. Ten einde het ek een in die hande en met ‘n ‘gesukkel’ is dit ook oor die grens sonder ‘n passpoort. (Dit klink nou baie vir my weer of ek en Boendoe familie mag wees :) )

Goed die loverbird is in die hokkie en dit gaan te mooi met hom, tot so maar dae gelede. Vrou noem een middag dat die voeltjie swaar asem haal, en dis dieselfde simtome as die vorige een wat dood is. Dadelik dink ek, nou wat de donner nou … hoe nou en wanneer!! Wat moet ek maak met die voel 35km uit Tzaneen? Huh … vertel jy my!! Goed die voel is toe nie dood en vrou neem die voel na die plaaslike veesarts en R38 later het die voeltjie glo asma weens al die brande in die omgewing!! My flokkie!! :mrgreen:

Nou vertel ek dit storie wat die waarheid is vir die een dame by die werk, en sien letterlik hoe sy haarself inlewe in die voeltjie se plek. Toe vertelle ek sommer ook, ” … ja Zinelle jy sal my nie glo, toe gee die Dr vir ons so kleinnnnnn asma-pompie vir die voeltjie as hy sou swaar asem haal, dan moet ons hom bietjie luggies gee. regtig dis te oulik hoe hy reageer op die behandeling!!” Dis ‘n ge-oeee en ge-aaaaa van blydskap. So twee dae later gaan stap ons, en Zinelle vra ewe vir vrou hoe dit met die voeltjie gaan en is Bulletjie (soos intussen gedoop) se vordering!!

Vrou se antwoord was net ” … my donner Zinelle het jy hom regtig geglo met die asma pompie??”

Hier is Bulletjie en hy is pure Voel nog !! :mrgreen:

 

O jaaa het ek genoem dat Bulletjie net een voetjie het??