Perd is blind

November 24, 2008

Die Engelsman wat nie Afrikaans verstaan nie, gaan koop ‘n perd by ‘n boer wat nie juis Engels kan praat nie.
“I want a good-looking horse” se die Engelsman terwyl hulle na die perdestalle stap.
Die boer wys na die eerste een: “This one looks good”.
“No. that one over there looks much better to me,” se die Engelsman.

Die boer se: “That one does not look so good. This one looks better.”
“No, that one looks better”, hou die Engelsman vol.
Hy koop die een waarvan hy hou. Twee dae later is hy woedend terug.
“The horse you sold me is blind.”
En die boer antwoord selfversekerd: “But I told you that one does not look so good.”


Sondig jy ook?

November 17, 2008

Non aan Priester:  
Vader ek het gesondig, ek was die hele nag by ‘n man
 
Priester:  
Eet 7 suurlemoene
 
Non:  
Sal dit my reinig?
 
Priester:  
Nee maar dit sal die smile van jou gesig afhaal!


Olifant en Rooibokkies

November 12, 2008

‘n Mede kolega wat saam my werk, Flip Kotze, is nou letterlik mal oor die wildtuin (KNP). Nou as Flip kans kry, is dit eers na ‘die kinders’  naby Hectorspruit dan kom hy terug via Malelane hek.

Nou jy vang hom ook nie sonder met ‘n kamara. Die is altyd aan die sy, net vir daardie oomblik wanneer almal aan die ’slaap’ is, verewig hy dit op ‘n foto. Nou kom hy een-oggend vroeg by my in die kantoor en vertel hoe droog is Hectorspruit area en die pad terug via Malelane hek. En dis toe dat hy die volgende vir my wys.

Die rooibokkies was oppad water toe. Olifant was eerste daar en wat toe gebeur het ek nog nooit van gehoor wat van gesien. Die olifant slurp water op, en spuit die bokkies nat teen die hitte.

picture-1961 picture-195 picture-194 picture-193

Dis darem pragtig hoe die natuur vir homself sorg?


F-jou duiwel!!

November 5, 2008

“Klas, wietie bytjies en die blommetjies gemaak?
Dan sê die klas so in ‘n koor: “Dissie Here… loooooeef Hom!”
“En klas, wietie grassies en die wolkies en die reën gemaak?”
“Dissie Here… looooooeef Hom!”

So gaan dit aan tot die juffrou later vra:
“…en klas, wietie sonde, die dorings, ennie vuilgoed en al daarie   lielike dinge waarvan  die wereld ons leer, gemaak?”
En die klassie antwoord: “Dissie duuuuuiwel… vôôôôKK hom!!”


Geluk Marilee

November 4, 2008

04 November 2007.

Hoe vinnig stap die tyd nie, en verlede jaar die tyd kon ek nie wag om op Komatipoort te kom waar ons my vrou se verjaarsdag gevier het. My ou groot maat Dewetta en sy mooi jong vrou Amelia het saam uitgespring om dit onvergeetlik te maak.

Maar nou is dit 04 November2008 

 

Marilee, baie baie geluk net die herdenking van jou geboortedag. My en Steyn se wens is dat jy ‘n wonderlike jaar sal he, asook al die mooi wense wat jy ontvang vandag, dit waar sal word. Mag Onse Here jou ook seen met goeie gesondheid en geluk


Hoe goed is jou vertaling?

November 3, 2008

Verlede jaar het ek en my swaer en my skoonseun per vliegtuig na Windhoek gereis om veral die dierelewe van Namibie te besigtig.
Last year, me and my heavy and my cleanson traveled by flying harness to Windcorner specially to belook the animal-living in Namibia

In die Noorde het ons toe volop springbokke, steenbokke, blesbokke, kameelperde en ook meerkatte gesien.
In the North we then saw full-up jumping goats, brick buck, bald buck, Camel horses and also more cats.

Een keer was ons senuwees egter skoon op hol.
One time genuine our sinews were clean on hollow.

Ons het agtergekom dat ‘n luiperd besig was om ons te bekruip.
We aftercame that a lazy-horse was becreeping us.

In ‘n oomblik was ons slaggereed met ons dubbelloop haelgewere.
In an uncle-tin we were slaughter ready with our double walk hail guns.

Toe die luiperd agter die bos roer, skiet ons almal gelyk.
When the lazy-horse mixed behind the bush, we all shot equal.

Na alles verby was, was ons hare baie deurmekaar. Ons het dit toe netjies gemaak, in die bakkie geklim en huis toe gery.
After all was past, our hairs were very through each other. We then made it into small nets, we climbed in the dish, and rode home.

Langs die pad het ons ‘n papwiel gekry.
Along the road we got a porridge wheel.

So het ons lang, opwindende dag geeindig.
So did our long, wound-up day end